Share

Rupert-stal verloor ’n bietjie fut

Die aandele in die ou Rembrandt-groep – kom ons noem dit nou die Rupert-stal – het gewoonlik met gemak beter gevaar as die top-40-indeks. Dit is ook waarom die groter groep dikwels die status gehad het as SA se beste koop-en-hou-aandeel. Dit lyk of die pryse van verskeie van die ontbondelde aandele egter tans ’n bietjie vashaak. Danksy ’n veel beter verspreiding neem Satrix40 dalk die status as die beste koop-en-hou-belegging oor.

British American Tobacco (BAT) het sedert sy ontbondeling uit Remgro en Richemont laat in 2008 maar taamlik treurig vertoon gemeet aan kapitaalwins. Tog is hy met ’n dividendopbrengs van byna 5% per jaar in Britse pond steeds ’n veel beter belegging as Britse staatseffekte of ’n pond-deposito iewers op ’n eiland – vir al die Suid-Afrikaners wat tog so graag iewers wegkruip.

Tot dusver vanjaar – dit is nog minder as vier maande – het die aandeelprys met 3,8% gestyg, terwyl ’n stewige dividend van 935c per aandeel of 3,1% reeds verklaar is en vroeg in Mei betaal sal word. Die totale opbrengs van 6,9% vir aandeelhouers oor net minder as vier maande is beslis beter as wat die geldmark kon bied.

Elders in die Rupert-stal is dit net Rainbow Chicken wat aandeelhouers vanjaar nog hoegenaamd beloon het. Die aandeelprys van die hoenderplaas het vanjaar al met 5% gestyg en ’n beskeie dividend van 1,6% stoot die opbrengs op tot 6,6%.

Remgro het vanjaar nog net ’n baie skaam dividend van 101c per aandeel verklaar. Die aandeelprys sukkel op die oomblik hier op so R110, ’n bietjie laer as die jaar se wegspringprys van R114. Die geldmark was beter.

Richemont het al by verskeie geleenthede verklaar dat dit op die oomblik met hom heelwat beter gaan as in die donker dae ná die finansiële krisis van 2008. Die Japanse mark is egter groot vir die produsent van luukse goedere; hy maak tot 14% van sy wins in die land. Die vooruitsigte vir Japan lyk steeds nie goed nie. Richemont se aandeelprys is tans maar baie na aan dieselfde as ’n jaar gelede en nog geen dividend is vanjaar betaal nie.

Reinet se grootste bate is steeds sy belegging in BAT. Maar anders as ’n gewone beheermaatskappy verkies Reinet dit om die dividend wat hy van BAT ontvang, nie aan sy eie aandeelhouers oor te dra nie. Dan is daar ook nog die 10% bestuursgelde wat betaalbaar is aan Rupert-batebestuurders op die toename in die waarde van Reinet. Die twee aspekte en die gebrek aan enige waagmoedige nuwe beleggings begin aan aandeelhouers krap.

Die huidige onderprestasie van aandele in die voormalige Rembrandt-maatskappye is egter nie soveel dat beleggers heeltemal moet wegloop en ander weiveld gaan soek nie. Satrix 40 se aandeelprys het tot dusver vanjaar ook maar met ’n beskeie 3% gestyg en binnekort word ’n dividend van net meer as 0,5% betaal. Niks wonderlik nie, maar steeds beter as geld op deposito.

De Klerk besit aandele in BAT, Richemont en Remgro. 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.17
-0.1%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.44
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
939.20
-1.2%
Palladium
1,024.50
-0.5%
Gold
2,373.49
-0.2%
Silver
28.26
+0.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,905
-0.4%
All Share
72,964
-0.4%
Resource 10
62,848
-0.7%
Industrial 25
98,162
-0.3%
Financial 15
15,429
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders