Share

Op die ashoop

Aangesien ek ’n nogal heel lekker wins uit die nou gedenoteerde Enviroserv gemaak het, volg ek die bewegings van my Interwaste[JSE:IWE]-aandele nog altyd met morbiede belangstelling.

As die enigste ware toegangspunt tot die potensieel winsgewende afvalbestuursbedryf behoort dit die moeite werd te wees om iets daarop te waag. Maar al wat die afgelope meer as ’n jaar gebeur het, is dat my belegging van R1 000 bestendig gekrimp het.

Die aandeel, wat drie jaar gelede 100c gekos het, verhandel nou teen 40c. Daar is nie veel om oor opgewonde te raak nie. Die handelsresultate vir 2010 is ook van wisselende waarde, en die bestuur noem dit selfs “teleurstellend”.

Kortom, die resultate is ietwat morsig en daar is heelwat wanbetalings en bedrae wat te hoog aangegee is. Interwaste het self gesê dat die finansiële beheer nie voldoende was nie en hy het sy span versterk. Die maatskappy tas sedert sy notering in die donker rond en die beleggers wat nog oor is, hoop waarskynlik dat 2011 sonder drama sal afloop.

Wat is dan die interessante inskrywings? Met ’n inkomste van R442 miljoen en bruto wins van R152 miljoen is dit ’n onderneming met ’n vet marge. Boonop kan die sake toeneem. Tweedens kan ’n mens met die tasbare netto batewaarde op 57c/aandeel die aandeel teen afslag koop. Die netto batewaarde is 71c/aandeel nadat sommige eiendomswaardes verlaag is.

Die kontant- en kontantvloeiposisie verbeter, maar as ’n mens ’n inkomste van R440 miljoen verdien en die winssyfer ordentlik is, behoort jy ietwat meer as R9 miljoen in die bank te hê.

Voeg daarby R47 miljoen se rentedraende laste terwyl rentekoerse waarskynlik sal styg en R18,9 miljoen se uitgestelde belasting, en ’n mens begin begryp wat gebeur wanneer jou notering verkeerd loop.

Hy kan versigtig gekoop word, maar die bestuur sal sake moet vasvat.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders