Share

Op die afdraande pad

 Dis ’n maatskappy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. Accéntuate[JSE:ACE] is ’n kleinkapitalisasiemaatskappy op die AltX, maar bestaan al geruime tyd. Die onderliggende onderneming sou in ander omstandighede heeltemal goed kon vaar. Maar nie nou nie; daar is te veel wat besig is om skeef te loop. Beleggers moet verkoop en koes.

Die eerste teken van probleme is as ’n dividend oorgeslaan word. Die redes is verstaanbaar, maar hy het nog nie ’n dividend betaal sedert die halfjaar tot einde Desember 2009 nie.

Sy kontant is minder, sy bankoortrekking is groter en daar is ’n klandisiewaardeverswakking van R33,9 miljoen. En ongelukkig is dit nog nie die einde nie. Accéntuate is op die verkeerde plek omdat sy vernaamste ondernemings betrokke is by die vervaardiging en verspreiding van infrastruktuurvoorraad en instandhoudingsprodukte, waaronder vloerbedekking, glas, aluminium en chemiese skoonmaakmiddels. Dis die verkeerde tyd omdat hy die halfjaar tot einde 2010 bestempel as die ergste in die konstruksiesektor die afgelope 40 jaar. En hy is aan die einde van die konstruksiesiklus, wat beteken dat hy nog baie meer pyn kan verwag.

Dan is daar die regering, dikwels ’n groot kliënt vir konstruksiemaatskappye, veral vir infrastruktuurontwikkeling. Accéntuate sê hy word geknou deur die regering se swak investering in infrastruktuur. Dit word vererger deur die “gebrek aan tydige betaling vir voltooide projekte”.

Die vorige bestuur kry ook blaam vir Accéntuate se probleme. Dan is daar die geding teen die verskaffers van een van Accéntuate se ondernemings, Centurion Glass and Aluminium. Hulle sê hulle dagvaar die verskaffers vir die skending van sekere waarborge toe die verkryging in 2007 plaasgevind het. R10,4 miljoen word geëis.

Dit sou bemoedigend wees as ’n mens kon beweer hy is op die herstelpad, maar dis nie die geval nie. Moontlik kom dit nog. Op die oomblik loop te veel dinge skeef. Teen 64c per aandeel is die prys reeds onder die netto batewaarde van 133c per aandeel én die tasbare batewaarde van 75c per aandeel. Die diskontogaping kan nóg groter word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.13
+0.3%
Rand - Pound
23.79
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.39
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
921.60
-1.0%
Palladium
1,031.00
+1.5%
Gold
2,322.04
-0.2%
Silver
27.20
+0.1%
Brent-ruolie
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders