Share

Los die aandele, kry fisieke goud

NOG klaagliedere word in die goudsektor gehoor ná nog 'n vlaag van slegte kwartaalresultate van die goudmaatskappye.

Wayne McCurry, adjunk- besturende direkteur van die fondsbestuursmaatskappy Momentum, sê: "Binne vier jaar het die wins erg gedaal, al het die goudprys gestyg. Mens dink onvermydelik dat dit 'n bedryfsagteruitgang is."

In 2003 was die randprys van goud sowat R3 300/ons, of R105 600/kg, maar nou is dit R5 500/ons. Daarteenoor is die wins van goudprodusente na raming 70% laer.

"As goudmaatskappye kapitaalbesteding as produksiekoste gehanteer en dit nie geamortiseer het nie, sou niemand geld gemaak het nie," sê McCurrie.

Die enigste scenario waarin die goudbedryf kan verbeter, is as die randwaarde van goud in die volgende drie jaar met 10% tot 15% per jaar styg.

"Ek neem aan goudaandele sal dan baie goedkoop wees," sê McCurrie.

Teen dié agtergrond is die vraag hoe beleggers 'n slag kan slaan terwyl die goudprys loop. Met die goudprys tans op $814/ons en volgens kenners op pad na $850/ons aanstaande jaar, is die kans beter as ooit tevore om goudblootstelling te kry. Maar met dié dat die goudmaatskappye so 'n swak opbrengs lewer en relatief duur is, is die vraag hoe dit gedoen kan word.

NewGold, SA se goudgesteunde beursverhandelde fonds, is een manier. Maar beleggers is steeds aan 'n beleggingsinstrument blootgestel, sê Hilton Davies, voormalige fondsbestuurder by Allan Gray en nou besturende direkteur van SA Bullion Fund Management (SA Bullion). Daar is ook sowat 6% ter sprake ten opsigte van die bestuur van die koste van 'n aandeel.

Die alternatief is om 'n Krugerrand te koop, wat beleggers pas wat goud as 'n geldeenheid of kontant beskou, nie as papierrykdom nie. Maar weer kan die koste om dit te koop en te verkoop, hoog wees. Davies sê: "Jy kan 10% meer as die prys van goud betaal om 'n Krugerrand te koop en nog 10% onder die prys om dit te verkoop."

As alternatief het SA Bullion Resources 'n skema bekend gestel waarin beleggers fisieke goud sonder die hoë transaksiekoste kan koop. Die gelde bedra 4,5% per jaar en sluit die koste in om die goud te bewaar, versekering en ander belangrike wigte en teenwigte, soos 'n oudit van SA Bullion se sake deur Deloitte en Ernst & Young, en 'n verslag aan die SA Reserwebank.

Dit klink wonderlik, maar daar is nadele, wat Davies geredelik erken: "Ek wil werklik nie die beursverhandelde goudfonds sy aansien ontneem nie. Maar een probleem is dat beleggers nie hul goud- wat by Rand Refinery in Johannesburg gehou word - kan "besoek" nie. Dis vanweë sekuriteitsmaatstawwe by die affineerdery, wat daagliks groot hoeveelhede goud vir SA en internasionale kliënte verskeep. (Beleggers kan egter hul fisieke goud vat as hulle besluit om hulle aan die skema te onttrek.)

SA Bullion is ook nie vir bangbroeke nie. Die minimum belegging is 30 onse, wat teen die huidige goudprys sowat R170 000 is. Davies sê kleiner bedrae sal nie vir SA Bullion sakesin maak nie. Maar dit kan beslis ook die aantal private kliënte beperk wat in die produk kan belê.

Daarby lyk dit of die SA owerheid SA Bullion met 'n ystervuis regeer. Omdat goud as kontant beskou word, beperk die SA Reserwebank die omset wat SA Bullion toegelaat word. Dis tans R650 miljoen, en nie meer as R20 miljoen per maand nie. Dit verander jaarliks in stappe sodat SA Bullion oor drie jaar 'n omset van tot R3,5 miljard toegelaat sal word, maar Davies erken daar is frustrasie oor die reguleringsomgewing.

Suid-Afrikaners word steeds nie toegelaat om onbewerkte goud te besit nie - goud wat nie tot 'n juweliersware-item of 'n Krugerrand verwerk is nie - hoofsaaklik uit vrees dat die verslapping van die wet die verskynsel van goudmisdrywe in SA goudmyne sal bevorder.

Volgens die voorgestelde wetsontwerp op edelmetale sal private individue egter "gemunte goud" kan besit - 'n goudstaaf met Rand Refinery se stempel op. Maar sodra dit gemunt is, kan beleggers vind dat hulle skielik 14% BTW sal moet betaal.

Dis nie net sleg nie. Beleggers wat die minimum beleggingsdrempel kan bekostig wat SA Bullion bied, sal tans beduidende randver-skansing opmerk.

"Ek sê nie die rand sal tot R13 verswak soos in 2000 gebeur het nie, maar ek is daarvan bewus dat so 'n moontlikheid bestaan," sê Davies.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders