Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

Beleggers wat die spoor van Christo Wiese, legende in die kleinhandel- en beleggingswêreld, gevolg het, het deur die jare die vrugte daarvan gepluk. Wiese se geskiedenis, vanaf Pepkor tot Shoprite en vele ander tussenin, getuig van indrukwekkende winsgewendheid. (Hy het egter klaarblyklik die spoor byster geraak toe hy hom by Shoprite in 'n nulkoste-opsie met beperkte speling met 'n plafon van R87 per aandeel op 2 miljoen van sy 82 miljoen aandele tot Februarie 2013 vasgesluit het (Finweek 29 April).)

Dit maak dus sin om Wiese se aandeelverhandelinge dop te hou. Sy onlangse verhandelingsbedrywighede by die ingenieurswaremaatskappy Invicta, waarvan hy voorsitter en groot aandeelhouer is, laat die vermoede ontstaan dat Wiese iets in die mou voer. Sedert begin Desember het Wiese sowat R4 miljoen se aandele en enkelaandeeltermynkontrakte in Invicta teen die vlak van sowat 2 450c per aandeel gekoop.

Invicta is tans in 'n geslote tydperk terwyl hy sy finansiële resultate vir die jaar tot einde Maart voorberei. Sy wins van R139,6 miljoen vir die tussentermyn tot September was 9% laer as in die vorige vergelykbare tydperk. Dit vergelyk egter gunstig met ander kapitaaltoerustingverskaffers wat groot kapitaalinspuitings en lenings weens taai markomstandighede nodig gehad het. Byna 'n derde van die 165c per aandeel wat Invicta verdien het, is as dividende uitbetaal. Die dividenduitkering behoort met gemak herhaal te kan word aangesien die mark merkbaar herstel het.

Daar is beslis groot verwagtinge oor die voljaarresultate en vir die toekoms. Teen die huidige prys van 2 889c verhandel Invicta teen 'n taamlik bedeesde prys-verdienste-veelvoud van 6,96 en 'n ruim dividendopbrengskoers van 4,64%.

Ontleders van McGregor BFA beveel die aandeel as 'n goeie koop aan.