Share

Jou ou doring!

Dat die verdeling van Liberty International[JSE:LBT] nie ’n fout was nie, blyk duidelik uit Capital & Counties[JSE:CPL] (Capco) se eerste jaarverslag as ’n afsonderlike eiendomsmaatskappy.

’n Aantal SA beleggers het uit Capco padgegee ná Liberty International se ontknoping in Mei 2010 in ’n Londense en ’n winkelsentrum-onderneming. Die stap het valutabeheerimplikasies ingehou en daar was groot onsekerheid oor hoe die verdeling uiteindelik sou werk. Die gevolg was dat SA aandeelhouding in Capco van 46% tot 30% afgeneem het (dit sluit Donald Gordon, stigter van Liberty International, se belang van 9% in). SA beleggers was in dié stadium duidelik ten gunste van die meer gevestigde en baie groter kleinhandelonderneming van £6,7 miljard, nou bekend as Capital Shopping Centres.

Die ouens wat hul Capco-aandele verkoop het, kan hulle nou seker skop omdat hulle die skouspelagtige kapitaalgroei van die afgelope tien maande misgeloop het. Die aandeelprys is 60% hoër as sy laagtepunt in Junie 2010.

Die jaarverslag meld die indrukwekkende vordering wat die bestuur reeds gemaak het met waardeskepping in sy portefeulje van £1,4 miljard se eiendomme in sentraal-Londen. Dit bestaan uit die ikoniese Covent Garden in die Wes-Einde, Earls Court en Olympia, wat drie uitstalruimtes en een van die grootste onontwikkelde stukke grond in sentraal-Londen insluit, asook verskeie kantoor- en kleinhandeleiendomme in die omgewing van Regent Street, Piccadilly en Park Crescent.

Die herontwikkeling van Covent Garden – wat 46% van Capco se bates uitmaak – van ’n afgeleefde sentrum vir rugsakstappers tot ’n byderwetse eet-koop-en-kuierplek, is besonder bemoedigend. ’n Aantal nuwe huurkontrakte is in die tweede helfte van 2010 onderteken, met huurgeld gemiddeld 12% hoër as in die vorige jaar. Dit sluit in Ralph Lauren se eerste “rugby-winkel”, Apple se grootste winkel ter wêreld, ’n nuwe winkel vir die modeketting Burberry, Kurt Geiger se Europese vlagskipwinkel en Lucy in Disguise, die popsanger Lily Allen se eerste kleinhandelonderneming.

Die bestuur se strategie om duurder winkels en ryker klante na Covent Garden te lok, dra beslis vrugte. Die gemiddelde besteding per besoek het oor die afgelope drie jaar van £40 tot £100 gestyg. Verlede maand het die bestuur nog ’n slag geslaan deur ’n huurkontrak met die New Yorkse restaurant Balthazar te sluit vir sy eerste Britse onderneming. Huurtransaksies met die Franse patisserie Laduree en die juwelierswinkel Links of London is ook vanjaar onderteken.

Ian Hawksworth, uitvoerende hoof van Capco, sê party van die nuwe huurders sal nou drie keer meer as voorheen betaal vir hul winkelruimte. Dit is ’n goeie aanduiding van hoe Covent Garden se gewildheid toegeneem het.

Hawksworth sê Capco het oorspronklik gereken dit sal drie jaar neem om ’n geraamde huurgeldwaarde van £40 miljoen per jaar by Covent Garden te bereik. “Maar minder as ’n jaar ná die ontknoping staan ons reeds op £37,5 miljoen.”

En dit lyk of daar nog baie stygpotensiaal is wat huurgeld betref. Hawksworth verwag inkomstegroei van 20% tot 25% by Covent Garden vir minstens die volgende drie jaar.

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.25
-0.4%
Rand - Pound
23.89
-0.3%
Rand - Euro
20.46
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
949.10
-0.1%
Palladium
1,025.50
-0.4%
Gold
2,383.03
+0.2%
Silver
28.29
+0.2%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
0.0%
All Share
73,271
0.0%
Resource 10
63,297
0.0%
Industrial 25
98,419
0.0%
Financial 15
15,480
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders