Share

Jan en Jannie se dinge

Die Stellenbosse beleggingsgroep PSG [JSE:PSG] het nou wel sy belang in KWV Holdings (deur sy landbousakefiliaal Zeder Investments [JSE:ZED]) prysgegee, maar dit beteken nie dat hy koers verloor het nie.

Direkteursverhandelinge vandeesweek toon dat Jan Mouton meer as R3 miljoen bestee het om sowat 40 000 Capevin Investments-aandele (wat nogal moeilik is om te bekom) namens die PSG [JSE:PSG]- aanpasbare fonds op te raap.

Jan is die seun van PSG [JSE:PSG] se stigter en aanvoerder, Jannie Mouton. Hy is middel 2009 in Capevin se direksie aangestel en bestuur die PSG [JSE:PSG]- aanpasbare fonds, wat nogal ’n kultusgevolg onder effektetrustbeleggers het.

Capevin is ’n beheermaatskappy met ’n aansienlike onregstreekse belang in die genoteerde drankreus Distell Group [JSE:DST]. Capevin het nie sy eie bedrywighede nie en ontvang bloot die ruim dividend-sopies van Distell Group [JSE:DST]. Omdat hy ’n beheermaatskappy is, verhandel Capevin dikwels teen ’n aansienlike diskonto op sy onderliggende beleggings – wat dalk verklaar hoekom Mouton aandele namens die fonds koop.

Dis ook nie die eerste keer dat hy dit doen nie. In September en Oktober 2010 het die fonds byna R6 miljoen bestee aan Capevin-aandele, teen pryse van 8 200c-500c.

Dis dalk tyd dat iemand ’n sommetjie maak om te kyk presies hoe groot die groter PSG [JSE:PSG] se belang in Capevin is.

Terwyl Mouton jr. aandele in Capevin aanskaf, het Mouton sr. ’n nogal groot kans gewaag op Steinhoff International. Mouton het meer as R7 miljoen se Steinhoff-aandele gekoop. Absa se gewese baas, Steve Booysen (wat verlede week aandele gekoop het), het nog R450 000 se aandele by sy Steinhoff-belang gevoeg.

Ander interessante direkteursaankope van aandele wat, soos Capevin, taamlik illikied is, sluit in Desmond Sacco se R3,85 miljoen vir 20 000 aandele in die onderskatte onedelmetaal- en -mineraalspesialis Assore en Christopher Seabrook, wat aandele in die erg onderskatte beleggingstrust Sabvest [JSE:SBV] (kyk Beurswenke) opgeraap het.

Die Binnekring-bulletin se tabel kan weer eens bydra tot die debat oor die moontlikheid dat eiendomme vanjaar weer die bes presterende bateklas sal wees. Kyk ’n bietjie na die kopies van direkteure van Growthpoint, Capital en Fortress B se koppeleenhede.

Dié verhandelings kan op spesifieke geleenthede berus, maar tot dusver vanjaar was daar heelwat direkteursverhandelinge in ’n verskeidenheid van eiendomsaandele.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders