Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
Wat so lekker is van die tabel van direkteure se transaksies, is dat dit op enige wyse vertolk kan word. Altyd.
Gee ons die stigterdirekteure van Famous Brands die voordeel van die twyfel wanneer hulle aandele bly verkoop teen pryse wat steeds na aan die beste vlakke is waarteen die aandeel nog verhandel het? Of lei ons af dat dié franchisegroep vlakke nader waarna die mark eufemisties as “sonder groei” verwys?
Neem ons hoopvolle besinning oor sinvolle stuiweraandele die wyk wanneer ons sien ’n direkteur van SacOil gooi geld in die oop mark rond? Kyk ons sinies toe terwyl ons kamma ’n houding aanneem dat ons – met apologie aan Pete Townshend – “won’t get fooled again”?
Vir ’n vertolking wat vandeesweek ’n groot uitdaging inhou, is daar die transaksies van Willie van Aardt en Ina Wilken, direkteure van Finbond, wat aandele gekoop het deur die maatskappy met die eienaardige naam Kings Reign Investments.
Nie baie beleggers is juis vaandeldraers vir Finbond nie wat verplig was om sy vinnig krimpende verbandtussengangersake met gewone ou mikroleningbedrywighede aan te vul.
Hoewel die aandeelprys nie daarop dui dat enigeen Finbond as die nuwe Capitec beskou nie, het die twee van Kings Reign uiters vasbeslote gelyk om alle beskikbare aandele op te raap. Só vasbeslote was hulle dat hulle 6 700 aandele teen 13c stuk gekoop het in ’n transaksie ter waarde van R871. Dit is nie die mees ekonomiese manier om aandele bymekaar te maak nie – nie in die lig daarvan dat ’n klein hoeveelheid ’n groot bedrag aan basiese koste, makelaarsgeld, Strate-vereffeningskoste, die heffing vir die beskerming van beleggers en BTW aantrek nie.
Van Aardt maak basies aandele bymekaar sedert Finbond se notering in 2007 – aanvanklik teen ’n baie hoër prys as 13c.
Daar is sekerlik iets te sê vir iemand wat die heel pad ondertoe lojaal bly aan ’n aandeel. Moontlik por dit ’n paar beleggers aan om Finbond se glanspublikasies goed te bekyk en hopelik eienskappe te ontdek wat die twyfelaars in die mark miskyk.
Teen hierdie tyd is Kings Reign verreweg die grootste aandeelhouer in Finbond. Pleks daarvan om op die oop mark rond te sukkel, wonder Finweek hoekom Van Aardt en Wilken nie eenvoudig die hand vol institusionele aandeelhouers met ’n aanbod nader, dit na minderheidsaandeelhouers uitbrei en van Finbond ’n private maatskappy maak nie.