Share

Hedderwick verkoop aandele

In die afgelope ses weke het Kevin Hedderwick, uitvoerende hoof van Famous Brands, byna R11 miljoen se aandele in die maatskappy verkoop. Dit laat vrae ontstaan oor die groep se hoë verdiensteveelvoud – 18 – in die moeiliker handelstoestande.

Nie net is sy klante nog finansieel in die knyp nie, maar hy het ook toenemend te kampe met mededinging van internasionale ondernemings wat hul sake in SA wil uitbrei. Yum Brands oorweeg dit om Pizza Hut in 2012 opnuut bekend te stel om met Debonairs mee te ding en wil sy KFC-afsetpunte teen 2020 verdubbel. Vroeër vandeesmaand is berig dat Burger King sy oog op SA het as ’n groeigeleentheid.

“Ons verwelkom mededinging. Ons het nie net oorleef nie, maar ook gefloreer sedert McDonald’s sowat 15 jaar gelede op die toneel gekom en gedreig het om die meeste plaaslike mededingers te laat sink,” sê Hedderwick. “Ek dink hy is ambisieus, want die toetreeversperrings in SA in die mark vir vinnige diens is aan verskeie fronte hoog. Hy sal baie geld moet hê as hy wil meeding.”

Hedderwick, wat in 2010 ’n salaris van R4,5 miljoen ontvang het, sê daar is geen verband tussen die verkoop van sy aandele – in 27 individuele transaksies teen ’n gemiddelde prys van R42,14 tussen 30 Mei en 15 Junie – en die dreigende mededinging nie. Die transaksies was nietemin net enkele weke nadat Famous gesê het hy verwag dat handelstoestande in die huidige boekjaar strammer sal word. Die verbruikersomgewing is moeiliker en huishoudings het te kampe met ’n rits stygings in geadministreerde pryse, onder meer van elektrisiteit, erfbelasting en vervoer.

Hy besit steeds ’n miljoen Famous-aandele en het opsies wat oor die volgende drie jaar vestig. Net verlede week het hy 150 000 opsies teen R43,40 in ontvangs geneem waarvan die waarde op R6,51 miljoen gestel word. Op lang termyn bly sy toekoms dus met dié van die maatskappy verweef.

Hedderwick het aan Finweek gesê die huidige vlaag van verkope is verby en is deel van die hersamestelling van sy beleggingsportefeulje.

“Die tydsberekening was werklik hopeloos, maar ’n alternatiewe beleggingsgeleentheid het hom heeltemal uit die bloute en op kort kennisgewing voorgedoen. Ek was nie lus om duur skuld te maak om die geleentheid te benut nie,” sê Hedderwick. Hy wil nie meer inligting gee oor wat die beleggingsgeleentheid behels nie.

Skerpsinnige beleggers sou opgelet het dat Hedderwick nie die enigste was wat van sy aandele in die maatskappy verkoop het nie. Theo Halamandaris, adjunkvoorsitter, was ook ’n aktiewe verkoper. Hy het sedert November 2010 meer as 400 000 aandele vir sowat R17 miljoen verkoop. Ondanks ’n paar groterige verkoopstransaksies bly die stigterfamilie groot aandeelhouers. In Mei 2010 het die hoofdirekteure, onder hulle familielede, 41% van die maatskappy besit; 12 maande later het dit tot sowat 40% ingekrimp.

Hedderwick maak die gedagte dat die aandeel moontlik ’n korttermyn-hoogtepunt bereik het, vinnig af: “Ek het ’n siening, wat die mark met my deel, dat ons aandeelprys vir die onmiddellike toekoms billike waarde verteenwoordig, maar bly vas oortuig daarvan dat die Famous Brands-onderneming – aandeelprys en markkapitalisasie – steeds sterk opwaartse potensiaal bied.”

Shawn Stockigt, ’n portefeuljebestuurder van Stanlib en al lank ’n bewonderaar van Famous Brands, gee toe dat die aandeel duur lyk. “Op dié vlakke sou ek my blootstelling effens verklein en nie alles verkoop nie, aangesien daar in Brittanje en met die nuwe Brewers Union-onderneming wat hulle tans in SA bekend stel, goeie groeigeleenthede vir hulle is. Daar is geen fout te vind met hoe hulle die onderneming bedryf nie, maar Spur is goedkoper.” 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.90
+0.2%
Rand - Pound
23.85
+0.2%
Rand - Euro
20.38
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders