Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
Beleggers – veral kleinbeleggers wat maklik op loop gaan met iets – is seker teen dié tyd ietwat lugtig vir “die volgende een”.
Wat ek met “die volgende een” bedoel, is die soms gevaarlike oortuiging dat ’n sekere jong onderneming in die voetspore van een van die JSE se legendariese noterings gaan volg.
Oor die jare het lesers seker al gehoor dat Billboard die volgende Adcorp gaan wees, Decillion die volgende Coronation, Fashion Africa die volgende Pep, Exxoteq die volgende Energy Africa.
’n Paar “volgendes” – hoewel ’n duidelike minderheid – het natuurlik wel sukses behaal. Dink maar aan Capitec (die volgende Abil), GoldOne (die volgende Harmony) en Litha (die volgende Aspen).
Ek wil nie die etiket van “volgende” om die Oos-Kaapse boumateriaalkleinhandelaar Hardware Warehouse hang nie, maar enige redelike persoon wat sy resultate lees, sal aan ’n sekere boumateriaallegende dink.
Maar kom ons vergeet van etikette. Hardware is ’n AltX-maatskappy wat dikwels misgekyk word omdat die mark hom blind staar teen die marklegende Cashbuild.
Hardware is nog baie ver van Cashbuild af. Hy is klein en geografies beperk, maar sy tussentydse resultate tot einde Desember toon ’n wins uit bedrywighede van R5,6 miljoen en ’n omset van R219 miljoen.
Sy verdienste – wat belastingkrediet van R2,6 miljoen insluit – was 8,52c. Nog belangriker was egter die kontant uit bedrywighede van R12 miljoen. Sy netto kontant was ’n gerusstellende R7 miljoen (of 9c per aandeel), ondanks probleme met die loodgietersafdeling (wat hy sedertdien verkoop het).
Die mening is dat Hardware ’n baie moeilike 30 maande agter die rug het en dat die voordele van versigtige uitbreiding buite die Oos-Kaapse mark (na KwaZulu-Natal en Mpumalanga) in die volgende boekjaar merkbaar sal wees.