Share

Dis voorlopig al

Aangesien Purple Capital [JSE:PPE] een van die aandele was wat ek vir Finweek se aandelekompetisie uitgesoek het, het dit my aangenaam verras om te sien hoe die aandeel in die eerste kwartaal van 2011 gestyg het. Dit het die jaar op 26c begin en tot 45c gestyg, wat dit een van die min groen aandele in my portefeulje gemaak het.

Hoewel die maatskappy al die regte geluide oor groeivooruitsigte maak, daarin geslaag het om ’n nuwe strategiese belegger te trek en in die natuurlike voordele van ’n verbeterde ekonomie sal kan deel, is die tussentydse syfers vir die tydperk tot 28 Februarie 2011 taamlik gemeng.

Inkomste het van R32 miljoen tot R23 miljoen afgeneem en waar die maatskappy verlede jaar op bedryfsvlak positiewe kontantvloei gehad het, is dit nou ’n negatiewe syfer. Die oorkoepelende syfer vir kontant in die bank is hoër, maar dit is danksy geld wat ingesamel is eerder as weens bedryfsprestasie.

’n Belangrike inskrywing is die prestasie van Global Trader, ’n filiaal op die gebied van handel in afgeleide instrumente. Verdienste het van R8 miljoen in die vorige jaar tot R1,8 miljoen vir die ooreenstemmende tydperk afgeneem. Handelsinkomste het met R9 miljoen tot R19 miljoen gedaal.

Dit is bemoedigend dat die maatskappy se bates onder bestuur met 16% toegeneem het, maar nog werk moet gedoen word om dit verder te laat groei.

Die onlangse onbestendigheid van die aandelemark is waarskynlik goed vir handelsvolumes, maar onthou Purple moet in die komende jaar nog ’n klompie beduidende beleggings doen. Onder meer moet sy Powerbet / Voltbet-produk in ’n mate opgegradeer word om sy bestaande produkreeks sowel as uitbreiding in die res van Afrika te akkommodeer.

As daar eers skaal is en volumes wat deur die kliënte gegenereer word, kan die onderneming kontant oplewer.

Wat Purple se aandeelhouers in gedagte moet hou, is dat geld geïnvesteer sal moet word om daardie kliënte te verower. Dit sal nie maklik wees nie. Ons meen teen 40c beteken dit “hou”.

** Die skrywer besit aandele in Purple Capital [JSE:PPE]
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders