Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
Aveng was lank ’n defensiewe aandeel vir beleggers wat blootstelling aan die konstruksiebedryf wil hê (ja, glo dit as jy wil, daar was ’n tyd toe beleggers blootstelling aan dié sektor wou hê). Hy is op geografiese en bedryfsvlak gediversifiseer, maar probleme by sommige van sy Australiese projekte en die sterk rand en Australiese dollar gaan sy verdienste vir sy boekjaar tot einde Junie na verwagting met tot 40% laat tuimel. Lesers wat die lotgevalle van die konstruksiemaatskappye dophou, sal nie deur dié daling geskok word nie – daar was al erger ineenstortings in dié daalfase.
Sy verdienste word ook geknou deur die skikking vir R129 miljoen met die mededingingskommissie, sê Aveng in ’n handelsverslag. Dié skikking is egter vir die ou Steeledale Manufacturing-saak, nie die huidige ondersoek na samespanning deur die kommissie nie. Laasgenoemde skikking sal heel waarskynlik eers oor ’n paar jaar gerealiseer word, en teen dié tyd sal aktiwiteit hopelik al toegeneem het. Sake lyk sleg vir die sektor, maar anders as sommige van sy mededingers was dit nog nie vir Aveng nodig om onderpresterende bates te verkoop of ’n regteuitgifte te oorweeg nie.
Dit sal interessant wees om te sien hoeveel van sy kontantsaldo gedurende die jaar bestee is. Baie konstruksiemaatskappye bestee baie kontant om die masjiene aan die beweeg te hou en die tenders wat ingedien is, is riskante sake wat beleggers moet dophou. Sy bestelboek het gedurende die jaar met 3% gegroei, maar wat ons wil sien, is koue, harde kontant. En gou ook.
Die aandeelprys is nou op 3 586c, teenoor die hoogtepunt van 7 292c tydens die konstruksiebloeitydperk in 2007-’08.
Wag ’n paar maande totdat internasionale bedrywighede regtig toeneem.