Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

DieLOERbroer

Marc Hasenfuss

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Kook met gas

Loerbroer kon sy oë nie glo toe hy ’n berig oor Brait en Premier Foods lees nie. Ene Tjaart Kruger word as ’n senior uitvoerende amptenaar van Premier Foods aangegee.

Sekerlik tog nie die Tjaart Kruger wat onlangs te kenne gegee het hy sal as uitvoerende hoof van die gasonderneming Afrox bedank wat skielik gas verloor het nie?

’n Bietjie speurwerk bevestig dis inderdaad dié Tjaart Kruger, wat nou uitvoerende hoof van Premier se bedryfsmaatskappy sal wees “met verantwoordelikheid vir bak en maalwerk asook organiese groei”.

Ons weet Kruger was by Tiger Brands voordat hy by Afrox aangestel is met die opdrag om die onderneming te reorganiseer en te moderniseer ten einde “die werklikhede van sake doen in vandag se uitdagende ekonomiese omgewing te weerspieël”.

Afrox-aandeelhouers, wat sekerlik gewoond is aan ’n bestendige vertoning deur hul geliefde maatskappy, vind die werklikheid van Kruger se aanstelling sekerlik ietwat erg.

Hopelik sal Brait – die groot aandeelhouer by Premier – vind dat Kruger ’n tier in sy tenk het.

Verbasende keuse

Loerbroer hou Sens dop vir nuus oor die jaarverslag van RE:CM & Calibre (RACP), die voorkeuraandeel-gebaseerde beleggingsgroep.

Nou het Loerbroer heel toevallig – toe hy ’n moontlike persoonlike belegging bestudeer – op RACP afgekom in ’n aandeelhouerregister vir ’n maatskappy wat nie normaalweg by dié institusionele belegger sou pas nie.

Ons goeie vriende by McGregor BFA het ’n gerieflike instrument om aandeelhouding te ondersoek. Loerbroer was nogal verbaas om te sien dat McGregor BFA se instrument toon dat RACP einde Junie klein posisies in Amecor, Conduit Capital, Infrasors en Silverbridge gehad het.

Dis beswaarlik aandele vir weduwees en wese, maar elke aandeel is nie sonder intrige nie. Maak tog gou met die jaarverslag!

Vis vir Walmart

FINWEEK, altyd versigtig vir spekulasie, het Grindrod reeds genoem as ’n moontlike mededingende vryer vir die vrugteuitvoer-en-logistiekmaatskappy Capespan (waar PSG se Zeder vinnig ’n oorheersende posisie begin kry).

Wel, Loerbroer merk op dat Grindrod beoog om sy vrugte-, groente- en visuitvoerder Grindrod PCA vir R50 miljoen aan Lonrho Africa te verkoop. Lonrho sê hy het besluit om Grindrod PCA te koop omdat hy ’n toenemende vraag bespeur van internasionale kleinhandelskettings in Amerika, Europa en die Verre-Ooste na varsprodukte uit Suider-Afrika.

Grindrod PCA doen die meeste van sy sake per vliegtuig, en Loerbroer wonder of Lonrho met sy voorliefde vir verkrygings al na Capespan se winsgewende logistiekafdeling gekyk het. Maar dis waarskynlik al te laat – hoewel enigiets moontlik is by Capespan as PSG (en ’n geheimsinnige bieër) betrokke is.

En Lonrho sal seker versigtig wees vir die oop see, nadat hy voorheen sy vingers verbrand het met ’n kortstondige belegging in SA Independent Liners in 2007.

Red my

Die kwessie van die maatskappywet se term ondernemingsredding is nog nuut vir die mark, maar Loerbroer merk op dat twee genoteerde maatskappye – die junior myngroep Miranda en die skuldbelaaide gholflandgoedontwikkelaar Pinnacle Point – reeds die onderwerp van sulke hofaansoeke is.

Die Pinnacle Point-aansoek – wat aanhangig gemaak is deur die bekende Kaapse sakeman Sybrand van der Spuy onder Cape Point Vineyards – moes al lankal gebeur het, maar aandeelhouers in Miranda is dalk verbaas dat ’n gewese uitvoerende hoof (en beweerde krediteur), Ron Nel, ’n aansoek om reddingshulp ingedien het.

Loerbroer wonder – noudat so baie kleinkapitalisasiemaatskap-py broos lyk – of redding van ondernemings nie ’n meer algemene verskynsel op die JSE gaan word nie. Dis onduidelik of dit vir aandeelhouers goed of sleg sal wees – maar soos in die geval van Pinnacle Point, kan sulke aansoeke ’n broodnodige gevoel van werklikheid na bedrieglike situasies bring. 

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

Sasha

"In the short term this is true, Greece will dominate the headlines on a day to day basis, until their next elections when there would be some clarity to answer the question, "What next for Greece?" Amazingly everyone except the politicians seem to be lining themselves up for worst case scenario, b... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...