Share

Deel in dié lopies

Twee interessante hulpbronaandele: Die eerste is Sasol, wat aan die begin van nog 'n opwaartse been is, al is hy in 'n groot sywaartse beweging. Die ander grafiek is die goudaandeel Harmony, wat tans 'n belangrike korttermyn-steunvlak toets. Albei aandele het oor die afgelope drie weke teruggesak en is oorverkoop. Gevolglik moet handelaars albei aandele koop vir nuwe korttermyn-lopies.

SASOL - Hoër teiken

Tendense: Kort termyn opwaarts ondanks huidige terugsakking. Mediumtermyn opwaarts. Lang termyn sywaarts.

Strategie: Handelaars koop met 'n sluiting bo lyn 3.

* Sasol het 'n omgekeerde kop en skouers gevorm (soos aangedui) en het laat in Maart tot bo die neklyn (lyn 1) uitgebreek. Die prys het onlangs versterk tot naby lyn 2 (weerstand) en sak nou tydelik terug.

* Die korttermyn- stogastiese ossillator (aan die bokant) is weer oorverkoop, wat 'n positiewe situasie is.

* Handelaars koop met 'n sluiting bo lyn 3. (Lyn 3 is Vrydag 30 April op R297,80 en daal dan teen 'n hoek van R1,10 per handelsdag.)

* Hoewel daar 'n teoretiese teiken van R323 is (gegrond op die hoogte van die omgekeerde kop en skouers opwaarts geprojekteer), neem deels wins by R315,50 en die res by lyn 2 (R317) omdat lyn 2 so 'n goed gevestigde weerstandslyn is.

* Plaas jou keerverlies as 'n sluiting onder R293 (eers nadat die deurbraak tot bo lyn 3 plaasgevind het, voordat jy koop).

HARMONY - oorverkoop

Tendense: Kort termyn sywaarts. Mediumtermyn tegnies afwaarts.

Strategie: Verhandel voorlopig die grense tussen lyn 1 en 2.

* Oor die afgelope twee maande het Harmony in 'n sywaartse kanaal (lyne 1 en 2) verhandel. By die skryf hiervan het hy lyn 1 (R68,50) weer getoets en tekens getoon dat hy van daar af sou styg.

* Die korttermyn- stogastiese ossillator (aan die bokant) toon 'n positiewe afwyking van sy oorverkoopgebied. Dis tipies 'n vroeë waarskuwing van 'n komende lopie.

* Handelaars koop so na moontlik aan lyn 1 (R68,50). Neem dan wins naby lyn 2 (R74-R74,50). As dit afwaarts omswaai van lyn 2, verkoop dan kort vir 'n daling terug tot by lyn 1.

* In die een of ander stadium sal daar egter 'n deurbraak uit die sywaartse kanaal wees. As die deurbraak na bo is, d.i. as dit bo R74,70 sluit, koop dan weer vir 'n lopie tot R81,80. 'n Sluiting onder lyn 1, d.i. onder R68,50, sal egter 'n teken wees vir 'n daling tot R62,30. Die kans vir 'n opwaartse deurbraak is beter.

* Wanneer jy in kanaal 1-2 verhandel, plaas jou keerverlies as 'n sluiting buite die kanaal, d.i. 'n sluiting onder lyn 1 om te koop en 'n sluiting bo R74,70 om te verkoop.

* Vir nog aanbevelings en grafieke van aandele, aandeelindekse en kommoditeite deur die skrywer, besoek www.themarket.co.za.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.79
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
919.40
-1.2%
Palladium
1,025.00
+0.9%
Gold
2,321.87
-0.2%
Silver
27.31
+0.5%
Brent-ruolie
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders