Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
Die eerste ding wat ek aan joernaliste gesê het toe ons ons beurswenke uitbrei na internasionale aandele, was dat hulle nie Apple-aandele moet aanbeveel net omdat hulle ’n iPhone of iPad het nie. En nou bevind ek my in ’n vreemde tweestryd. Ek wil die afdeling laat wegspring met ’n wenk oor Coca-Cola, terwyl ek ’n reputasie het dat ek dit met Spiced Gold meng. As antwoord op kritiek sal ek my op redaksionele prerogatief beroep.
Coca-Cola se kwartaalresultate was effens beter as wat ontleders verwag het. Dit het Byron Lotter van die batebestuursmaatskappy Vestact laat opmerk dat veral die groei wat hy in China kon aanteken, indrukwekkend was. Die volumes het met 21% toegeneem en Coca-Cola verwag nog sterk groei in daardie streek, sê Lotter. Dit is omdat die produk nie wyd beskikbaar is soos wat dit behoort te wees nie. Dit is volgens Lotter iets waaraan Coca-Cola werk en sal verbruik selfs sterker opstoot.
Vir plaaslike beleggers kan die verdiensteveelvoud van 17 en ’n verwagte p/v van sowat 15 ’n bietjie hoog klink, maar in die lig van die vooruitgang wat die maatskappy tans maak, kan dit beslis as ’n groeiaandeel geklassifiseer word.
Batebestuurders in SA voeg die aandeel sedert begin vanjaar by hul portefeuljes. Dit sluit in Absa se internasionale fonds en Coronation se wêreld- bestuurde fonds (in rand gedenomineer).
“Ons beskou internasionale aandele tans as verreweg die aantreklikste bateklas en die fonds se aandeleblootstelling van 73% weerspieël dit,” sê Gavin Joubert, ’n portefeuljebestuurder van Coronation, in ’n onlangse verslag aan kliënte. Hy wys ook daarop dat plaaslike beleggers internasionale maatskappye van goeie gehalte teen baie aantreklike pryse in die hande kan kry.
Die konsensusprys wat ontleders vir die volgende 12 maande vir Coca-Cola voorspel, is tot $78 opgestoot.