Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Breë bemagtiging met aandele

Sikonathi Mantshantsha

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
DIE DIREKTEURE van maatskappye wat op die JSE genoteer is, het dit vandeesweek kalm gevat en transaksies van net R35 miljoen beklink. Eintlik nie eens soveel nie, want R10,5 miljoen daarvan was opsies wat uitgeoefen is toe die vestigende aandele verkoop is.

By die selfoonoperateur MTN was direkteure met Santie Botha aan die voorpunt verantwoordelik vir transaksies van R8 miljoen. Hulle het opsies in ontvangs geneem wat in 2006 ingevolge die maatskappy se aansporingsprogramme toegeken is, en die aandele onmiddellik weer verkoop. Botha en haar kollegas het hul aandele verkoop ’n dag nadat die maatskappy gunstige resultate vir die ses maande tot Junie uitgereik het en op dieselfde dag as wat die maatskappy se aandeelhouers MTN se jongste SEB-transaksie goedgekeur het.

Die transaksie, waarvan die waarde op R8,1 miljard gestel word, bied aandele gelykstaande met 4% van die maatskappy se uitgereikte aandele aan die voorheen benadeelde publiek teen ’n aanvanklike kontantuitleg van 2 000c per MTN-aandeel. Dit vergelyk uiters goed met die markwaarde van R122,90 by die skryf hiervan (ofskoon die begunstigdes ses jaar moet wag voordat hulle hul aandele kan verkoop).

Met sy swart eienaarskap reeds “baie hoog” op 29%, vermy MTN met sy jongste bemagtigingspoging weer die nare gewoonte om net enkele swart mense te verryk (soms geheel en al deur diefstal en korrupsie), deurdat hy die publiek nooi om net R2 000 vir hul aandele te betaal en dit duidelik te stel dat voorkeur aan die laagste waardes gegee sal word wanneer aandele toegewys word. Dié wat MTN se doen en late die afgelope 16 jaar dopgehou het, sou niks anders verwag het nie.

Onder die topvyf op die JSE wat markkapitalisasie betref, het MTN twee swart mans aan die stuur wat nog nooit ’n staatstender gewen het om in die sakewêreld vooruit te kom nie (wat nie sê dat hul politieke statuur hulle nie gehelp het nie). Vanweë sy geskiedenis van staatsbesit (deur Telkom) was Vodacom, MTN se grootste mededinger, die selfoonverskaffer van voorkeur vir staatsdepartemente en byna alle staatsbeheerde maatskappye. Vakbonde het net gedreig om uit protes na ander selfoonverskaffers oor te skakel toe Vodacom in 2009 op sy eie sy weg na die mark gebaan het. Maar Phuthuma Nhleko en Cyril Ramaphosa, onderskeidelik uitvoerende hoof en voorsitter, en hul spanne het stilweg voortgegaan om ’n multinasionale koninkryk op te bou met die maatskappy se wortels stewig in sy tuismark en bemagtigingsherkoms veranker.

Die voorheen benadeelde aandeelhouers skakel ook op die regte tyd in wat betref die maatskappy se vooruitsigte vir verdienste en dividende (nadat sy skuld van ’n geraamde R5 miljard afbetaal is).

“MTN beoog om sy totale jaarlikse dividenduitkering te verhoog tot 40% van die aangepaste wesensverdienste per aandeel vir die volle jaar,” het die maatskappy met die bekendmaking van die tussentydse dividend van 151c per aandeel gesê. Dit het met die besef gepaardgegaan dat die geleenthede om op groot skaal uit te brei, moontlik uitgeput is, veral met dié dat selfoonoperateurs hul weg deur ingewikkelde staatsbelange moet baan wanneer hulle oorgrenstransaksies beding. Hoewel die groter dividenduitkering die maatskappy se groeivooruitsigte beperk, sal dit die terugbetaling van sy skuld van R5 miljard verhaas en vir die SEB-begunstigdes opbrengste lewer. 

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...