Share

Blue beslis besig om te herstel

Nadat ons ’n ruk lank nie in dié rubriek aan kleinkapitalisasie-aandele aandag gegee het nie, bekyk ons die grafieke van twee kleinkapitalisasie-maatskappye op die JSE wat positief lyk. Die eerste een is die (voorheen beleërde) finansiële maatskappy Blue Financial Services (kode: BFS). Sy aandeelprys is besig om te herstel nadat dit ineengestort het. Die ander is Zeder (ZED), ook in die finansiële sektor. Hy presteer bestendig en het ’n hoër prysteiken.

BLUE – uitbreking

Tendense: Opwaarts op mediumtermyn. Sywaarts op lang termyn, maar verbeter vinnig.

Strategie: Koop met ’n terugsakking.

* Nadat hy in 2008 van ’n hoogpunt van R7,00 ineengestort het, het Blue verlede jaar tot minder as 10c geval. Intussen styg hy bestendig en het onlangs bo lyn 1, die “neklyn” van ’n groot, omgekeerde kop-en-skouerspatroon uitgebreek.

* Die weeklikse stogastiese ossillator (aan die bokant) word oorkoop, maar hy moet met terugsakkings gekoop word.

* Koop met ’n terugsakking na die bestek van 37c-33c. (Hy het by die skryf hiervan teen 50c verhandel.) Mens kan ’n bietjie op die huidige vlakke koop om betrokke te raak, maar koop die grootste deel van die posisie as of wanneer hy terugsak.

* Sy minimum stygteiken is R1,34 – dit is die hoogte van die omgekeerde kop-en-skouerspatroon opwaarts geprojekteer. Dis ’n medium- of langtermynteiken.

* Die aanvanklike keerverlies is ’n weeksluiting (dit is op ’n Vrydag) onder 26c. Let daarop dat as die prys 75c bereik, wins gedeeltelik vasgesluit moet word om jou oorkoepelende risiko te beperk.

ZEDER – Hoër teiken

Tendense: Sywaarts op mediumtermyn. Opwaarts op lang termyn.

Strategie: Koop.

* Zeder presteer sedert 2009 goed en bestendig, en sy aandeelprys het sedertdien verdubbel. Hy mik na sy algehele hoogtepunt (lyn 3) op R3,00. (Hy het by die skryf hiervan teen R2,50 verhandel.)

* Hy het ’n simmetriese driehoek (lyn 1 en 2) gevorm. Hy het onlangs bo lyn 2 uitgebreek, maar het intussen na binne die driehoek terugbeweeg. Tog lyk die pryspatroon steeds positief.

* Die daaglikse stogastiese ossillator (aan die bokant) beweeg na sy oorverkoopgebied terug, wat gewoonlik beteken dat ’n lopie binnekort sal plaasvind. Enige terugsakking sal daarom waarskynlik tydelik wees.

* Koop op die huidige vlakke (R2,50) met die oog op kort of mediumtermyn. As hy nader aan lyn 1 (R2,42) terugsak, is dit soveel te beter (vir aankope).

* Hy dui tegnies op ’n teiken van R3,08 – dit is die hoogte van die driehoek opwaarts geprojekteer. Maar omdat daar heelwat weerstand by lyn 3 (R3,00) is, neem daar wins.

* Die keerverlies is ’n sluiting onder R2,39.

* Vir nog aanbevelings en grafieke van aandele, aandeelindekse en kommoditeite deur die skrywer, besoek www.themarket.co.za.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.94
-0.1%
Rand - Pound
23.92
-0.0%
Rand - Euro
20.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders