Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Thuthuka 2010 | Verhoog die standaard by skole

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
DAAR is steeds te veel leerlinge wat nie die wiskunde- en Engels-punte op skoolvlak behaal wat aan hulle toegang tot universiteit sal gee nie en wat met syfer- en geletterdheidsvaardighede sukkel wat hul sukses sou kon waarborg, sê Ajen Sita, voorsitter van die Thuthuka-onderwysopheffingsfonds en oudithoof van Ernst & Young.

"Ons het geleer dat ons deur vennootskappe met universiteite en maatskappye 'n volhoubare finansiering- en werkskeppingsmodel kan skep wat studente in geoktrooieerde rekeningkunde byna werk waarborg. Daarom beplan ons ook om met universiteite en skole saam te werk sodat die skole voederskole vir die universiteite kan word," sê hy.

Dit maak dit vir universiteite moontlik om nouer by skole, hul onderwysers en leerlinge betrokke te raak om loopbane in handel en rekeningkunde te bevorder en deure vir geskikte leerlinge te open.

"As ons dié stroom kan opbou en op skoolvlak in kinders kan investeer, kan ons sorg dat mense wat beter presteer om toegang tot die universiteite aansoek doen; hulle sal 'n groter kans hê om aanvaar te word en deur die stelsel te vorder," sê Sita.

Nes met die ander Thuthuka-projekte en -inisiatiewe is die regering se steun nodig en daar word reeds met hom daaroor gepraat. Thuthuka se sukses daarmee om mense gekwalifiseer te kry en 'n invloed op die beroep te hê, kan hom baie help om ook 'n skoolprogram aan die gang te kry, reken Sita.

Groot vordering word reeds deur die Thuthuka-ontwikkelingskampe vir wiskunde en wetenskap gemaak om die probleem van bevoegdheid in dié vakke op skoolvlak aan te pak, sê Sita.

Op die kampe, wat hoofsaaklik in die Oos-Kaap gehou word, kry leerlinge aanvullende onderrig deur professionele mense. Terselfdertyd kry die onderwysers bykomende steun om hulle met verdere ontwikkeling by te staan, wat weer die volhoubaarheid van die stelsel verseker.

"Ons kies gewoonlik 'n groep skole en vervoer die leerlinge per bus na 'n sentrale punt waar die onderrig gebied word. Ons probeer minstens drie kampe per jaar vir skole in die omgewing hou en probeer vanselfsprekend om nie met die skoolprogram in te meng nie, en daarom vind die kampe gewoonlik naweke of in skoolvakansies plaas."

Sita sê omdat die wiskunde-en-wetenskapkampe so goed bygewoon word, is hulle baie kragtig. Afgesien daarvan dat die kampe die aansien en belangstelling in die beroep op skoolvlak verhoog, het hulle al duisende benadeelde leerlinge gehelp om hul wiskunde- en Engels-vaardighede beduidend te verbeter. Baie van hulle vorder tot universiteit, goed toegerus om geoktrooieerde rekenmeesters (GR'e) te word en verder tot die transformasie van die beroep by te dra.

Opheffingsfonds

Die fonds, wat in 2002 deur die SAIGR gestig en ten volle deur hom besit word, streef daarna om die pogings om die groei van en transformasie in die beroep te bevorder, strategies te rig en aan te dryf. Die transformasieproses kan net geskied as alle belanghebbendes - firmas, hoëronderwysinstellings, studente, leerlinge en die SAIGR - saamwerk.

Thuthuka is 'n Zoeloe-woord wat beteken om te ontwikkel, wat op die aksiegegronde benadering dui waarmee transformasie aangedryf word.

Die Thuthuka-inisiatief het van 'n projek in een provinsie tot meer as 16 projekte oor SA heen ontwikkel (as die nege wiskunde-en-wetenskapontwikkelingskampe van die departement van wetenskap en tegnologie en Thuthuka as afsonderlike projekte getel word).

"'n Beduidende aantal potensiële kandidate word bereik, en die resultate van die programme is 'n aanduiding van die invloed daarvan. Thuthuka sien struikelblokke raak en stel programme in wat doeltreffend daaraan aandag gee. Dit is noodsaaklik dat die projekte groei, en van die fonds se oogmerke is om groter invloed uit te oefen, volhoubare finansiering te verkry en landwyd uit te brei," sê Sita.

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...