Share

Rede bly (weer) in die slag

accreditation
Vanjaar se loononderhandelings tussen die regering en sy 1,6 miljoen werknemers sal ’n kritieke toets wees vir werknemers se vermoë om die ekonomie bo hul politieke voordeel te stel.

Die kabinet is baie bewus van die snel groeiende loonrekening van die openbare sektor. Dit het die afgelope vyf jaar tot R300 miljard verdubbel en as dit nie beperk word nie, sal dit uiteindelik die plan kelder om ware ekonomiese ontwikkeling te versnel. Pravin Gordhan, minister van finansies, het herhaaldelik gewaarsku dat die regering nie genoeg belasting invorder om aan die looneise van heelwat meer as inflasie te voldoen én regeringdienste vol te hou en uit te brei nie.

Staatsdiensvakbonde het nie juis notisie geneem nie. Hulle eis vanjaar verhogings van tussen 8% en 18%, asook beter behuising- en mediesefondsskemas. Dit volg op wat Brian Kantor, hoofekonoom van Investec Wealth and Investment, ’n paar jaar van “uiters vrygewige” loonverhogings noem vir ’n groep wat werk het en aan die middelklas behoort eerder as arm en werkloos is.

In 2009 het staatsamptenare 15% meer geld gevra en verhogings van tussen 10% en 13% gekry. Die vakbonde wou in 2010 12% en ’n behuisingsubsidie van R1 000 hê. Die regering het hulle ’n verhoging van 7,5% en ’n behuisingstoelae van R800 gegee.

Navorsing van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon dat regeringswerknemers nou gemiddeld 44% meer as hul eweknieë in die private sektor verdien. Net meer as ’n dekade gelede het staatsamptenare gemiddeld 12% meer gekry.

Maar dis nie net regeringsalarisse wat styg nie. Die SAIRV-studie toon dat een uit elke agt SA werkers (13% van die arbeidsmag, of 1,61 miljoen uit 12,8 miljoen) nou vir die regering werk.

Die nasionale tesourie se oorsigdokumente oor die begrotings van plaaslike regerings ontbloot die feit dat vakaturekoerse ondanks dié uitbreiding en groter koste van elke werknemer in baie gevalle ook gestyg het. Dit is veral op terreine wat hoogs geskoolde of professionele mense vereis. Die gevolg is dat die regering die uitwerking van beleid probeer omswaai, wat sy arbeidsmag vergroot en die koste daarvan verdubbel sonder om die soort geskoolde werkers te lok en/of te behou wat noodsaaklik is om aan die staat se oogmerke vir finansiële bestuur en dienslewering te voldoen.

Munisipale owerhede is ’n goeie voorbeeld. Syfers van Statistieke SA toon dat personeelsalarisse nou die grootste deel (byna 30%) van die bedryfsuitgawes van plaaslike regerings verteenwoordig. Die SA Municipal Workers’ Union (Samwu) wil vanjaar ’n verhoging deur die bank van 18% hê, maar Karen Heese, ’n ekonoom van Municipal IQ, sê al behoort regeringsalarisrekeninge nie meer as 30% van die bedryfsbegroting uit te maak nie, die belangrikste nie is hoe groot die rekening is nie, maar die waarde (produktiwiteit en vaardigheid) wat belastingbetalers kry uit die salarisse wat hulle finansier.

Die ekonomiese gevolge van ’n uitgebreide staatsdiens wat vaardigheidsgebreke het, is ooglopend. Maar dis by die politiek van die situasie waar ekonomiese redenasie ontspoor. Dis waar dienste en die waarlik armes en werkloses daaronder begin ly.

“Die gevaar bestaan altyd dat belastingbetalers uitgebuit word deur mense wat vir die regering werk. Dit gebeur op die oomblik oor die wêreld heen,” sê Kantor. Hy erken dat die staatsdiens invloed het omdat dit uit ’n sleutelgroep ANC-ondersteuners bestaan.

Sowat 46% (890 000) van Cosatu se lede werk vir die staat. Die verlammende staatsdiensstaking in 2010 het beklemtoon hoeveel vertroue dié groep Cosatu-geaffilieerde vakbondlede in hul strydbaarheid het. Hulle verteenwoordig basies ’n omvangryke groep in wie se goeie boekies ambisieuse politici moet bly, veral noudat daar minder as 18 maande voor die ANC se 2012-verkiesingskonferensie oor is.

Desondanks sê Kantor dat die huidige internasionale en plaaslike ekonomiese dilemma dit noodsaak dat ANC-leiers en -ondersteuners in die vakbonde loonverhogings met ’n verantwoordelike benadering tot die SA ekonomie beding. Hulle moet al die moontlike doen om die gaping te sluit tussen dié wat die voordele van formele indiensneming het (lees vakbondlede), en die waarlik armes wat dit nie het nie. Dis nog onseker watter soort rede die botoon sal voer.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders