Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Rede bly (weer) in die slag

Troye Lund

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Vanjaar se loononderhandelings tussen die regering en sy 1,6 miljoen werknemers sal ’n kritieke toets wees vir werknemers se vermoë om die ekonomie bo hul politieke voordeel te stel.

Die kabinet is baie bewus van die snel groeiende loonrekening van die openbare sektor. Dit het die afgelope vyf jaar tot R300 miljard verdubbel en as dit nie beperk word nie, sal dit uiteindelik die plan kelder om ware ekonomiese ontwikkeling te versnel. Pravin Gordhan, minister van finansies, het herhaaldelik gewaarsku dat die regering nie genoeg belasting invorder om aan die looneise van heelwat meer as inflasie te voldoen én regeringdienste vol te hou en uit te brei nie.

Staatsdiensvakbonde het nie juis notisie geneem nie. Hulle eis vanjaar verhogings van tussen 8% en 18%, asook beter behuising- en mediesefondsskemas. Dit volg op wat Brian Kantor, hoofekonoom van Investec Wealth and Investment, ’n paar jaar van “uiters vrygewige” loonverhogings noem vir ’n groep wat werk het en aan die middelklas behoort eerder as arm en werkloos is.

In 2009 het staatsamptenare 15% meer geld gevra en verhogings van tussen 10% en 13% gekry. Die vakbonde wou in 2010 12% en ’n behuisingsubsidie van R1 000 hê. Die regering het hulle ’n verhoging van 7,5% en ’n behuisingstoelae van R800 gegee.

Navorsing van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon dat regeringswerknemers nou gemiddeld 44% meer as hul eweknieë in die private sektor verdien. Net meer as ’n dekade gelede het staatsamptenare gemiddeld 12% meer gekry.

Maar dis nie net regeringsalarisse wat styg nie. Die SAIRV-studie toon dat een uit elke agt SA werkers (13% van die arbeidsmag, of 1,61 miljoen uit 12,8 miljoen) nou vir die regering werk.

Die nasionale tesourie se oorsigdokumente oor die begrotings van plaaslike regerings ontbloot die feit dat vakaturekoerse ondanks dié uitbreiding en groter koste van elke werknemer in baie gevalle ook gestyg het. Dit is veral op terreine wat hoogs geskoolde of professionele mense vereis. Die gevolg is dat die regering die uitwerking van beleid probeer omswaai, wat sy arbeidsmag vergroot en die koste daarvan verdubbel sonder om die soort geskoolde werkers te lok en/of te behou wat noodsaaklik is om aan die staat se oogmerke vir finansiële bestuur en dienslewering te voldoen.

Munisipale owerhede is ’n goeie voorbeeld. Syfers van Statistieke SA toon dat personeelsalarisse nou die grootste deel (byna 30%) van die bedryfsuitgawes van plaaslike regerings verteenwoordig. Die SA Municipal Workers’ Union (Samwu) wil vanjaar ’n verhoging deur die bank van 18% hê, maar Karen Heese, ’n ekonoom van Municipal IQ, sê al behoort regeringsalarisrekeninge nie meer as 30% van die bedryfsbegroting uit te maak nie, die belangrikste nie is hoe groot die rekening is nie, maar die waarde (produktiwiteit en vaardigheid) wat belastingbetalers kry uit die salarisse wat hulle finansier.

Die ekonomiese gevolge van ’n uitgebreide staatsdiens wat vaardigheidsgebreke het, is ooglopend. Maar dis by die politiek van die situasie waar ekonomiese redenasie ontspoor. Dis waar dienste en die waarlik armes en werkloses daaronder begin ly.

“Die gevaar bestaan altyd dat belastingbetalers uitgebuit word deur mense wat vir die regering werk. Dit gebeur op die oomblik oor die wêreld heen,” sê Kantor. Hy erken dat die staatsdiens invloed het omdat dit uit ’n sleutelgroep ANC-ondersteuners bestaan.

Sowat 46% (890 000) van Cosatu se lede werk vir die staat. Die verlammende staatsdiensstaking in 2010 het beklemtoon hoeveel vertroue dié groep Cosatu-geaffilieerde vakbondlede in hul strydbaarheid het. Hulle verteenwoordig basies ’n omvangryke groep in wie se goeie boekies ambisieuse politici moet bly, veral noudat daar minder as 18 maande voor die ANC se 2012-verkiesingskonferensie oor is.

Desondanks sê Kantor dat die huidige internasionale en plaaslike ekonomiese dilemma dit noodsaak dat ANC-leiers en -ondersteuners in die vakbonde loonverhogings met ’n verantwoordelike benadering tot die SA ekonomie beding. Hulle moet al die moontlike doen om die gaping te sluit tussen dié wat die voordele van formele indiensneming het (lees vakbondlede), en die waarlik armes wat dit nie het nie. Dis nog onseker watter soort rede die botoon sal voer.

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

SageGroup

By Saul Symanowitz: Divisional Director, BEE 123 by Pastel   SMEs and BEE Whilst there is no universal definition for what constitutes an SME (Small and Micro Enterprise),for BEE  purposes most SMEs would be classified as EMEs (businesses with a turnover of below R5 mil pa) or QSEs (busin... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...