Share

Rande uit rampe

Die skade wat die natuurrampe in Japan aangerig het, is na raming in die omgewing van $250 miljard, die duurste wat die wêreld nog getref het. Sulke rampe laat ’n merk op finansiële markte en skep gewoonlik ook ’n paar geleenthede vir die wakker handelaar. Ongelukkig is dit nie altyd dieselfde nie, en daarom moet jy elke keer van nuuts af leer en dit hopelik nie die volgende keer vergeet nie.

In die eerste twee dae ná die rampe in Japan het die Nikkei 225, sy omvattendste aandele-indeks, met onderskeidelik 6% en 10% gedaal. Die totale verlies van waarde net op Tokio se aandelemark was meer as $300 miljard. In daardie twee dae is meer welvaart vernietig as in die natuurrampe. Die skerp daling in Tokio het natuurlik ook na ander aandelemarkte uitgekring en die totale vernietiging van welvaart net op aandelemarkte het duisende miljarde dollars beloop.

My “persoonlike makelaar” se onmiddellike reaksie ná die natuurrampe was: Koop koper, staal, sement en alle ander kommoditeite wat gebruik sal word om die skade te herstel. Sy fokus was op ’n aandeel soos Anglo American, waarvan die prys in elk geval in die voorafgaande paar dae met sowat 15% van R396 tot R340 gedaal het. Anglo het ook ’n besonderse groot beta, wat beteken dat die aandeelprys geneig is om relatief meer te styg en te daal as die gemiddeld van die aandelemark. Dit is in elk geval ’n goeie keuse, maar ek dink sy fokus is verkeerd.

Die fisieke skade van die natuurrampe is $250 miljard, maar ek sou eerder fokus op die finansiële skade, die daling in aandeelpryse, waarvan die herstel baie vinniger kan wees – en sonder om sement, staal, stene en veral koper te gebruik.

Die baie skerp daling in Richemont se aandeelprys saam met die natuurrampe het vir my ’n beter geleentheid gebied. Japan is ’n uitsoekmark vir Richemont en tot 13% van sy inkomste en wins kom van dié land. Die blootstelling van die ander produsente van luukse goedere aan die mark is selfs groter. Kortliks: Richemont se blootstelling aan die herstel van die fisieke skade in Japan is beslis minder as dié van Anglo, maar Richemont het groter direkte blootstelling aan die welvaart wat vernietig is met die daling van aandeelpryse.

Die aandeelprys van Richemont het in elk geval onlangs ook skerp teruggesak van 4 200c af en was net ná die aardbewing op die JSE beskikbaar teen 3 600c. Die daling, en dus die herstelgeleentheid, is ongeveer dieselfde as dié van Anglo. Dit is net dat ek verkies om my weddenskap te plaas op die aandelemarkte om weer welvaart te skep eerder as die lang proses van die bou van nuwe huise en brûe – die Anglo-roete.

Die prys van goud het net mooi niks gedoen nie – dit het selfs gedaal ná die aardbewing. Dit hou ’n nuwe les in, of bevestig dalk ’n ou les. Die prys van goud styg nie ná natuurrampe nie, maar beslis ná mensgemaakte rampe, soos 9/11, en veral die ineenstorting van die wêreld se finansiële markte, soos met die subprima-krisis.

Die prys van koper, die aanwyser met ’n doktorsgraad in die ekonomie, vertel ook nog glad nie dat daar ’n nuwe ekono-miese oplewing aan die kom is danksy die opbou van die skade in Japan nie. Dit lyk hoogstens of die daling in die koperprys dalk tydelik gestuit is. Hierin is dalk ook nog ’n groot les te leer. Vrywillige, groot infrastruktuurbesteding soos wat daar die afgelope paar jaar in veral Amerika was, kan help om ’n ekonomie weer aan die gang te kry. Besteding om natuurskade te herstel, is nie daar om die ekonomie te stimuleer nie.

Volgens ’n onlangse opname onder ekonome in Amerika is die huidige onstabiliteit en styging in die prys van ruolie die grootste gevaar vir die ietwat senuagtige groei in die wêreldekonomie.

En ja, die olieprys is baie meer gekoppel aan die poging van die Westerse lande om van Moeammar Ghaddafi, die leier van Libië, ontslae te raak, as aan ’n natuurramp in Japan.

Wat ook al in die Midde-Ooste gebeur, ervare handelaars is dit eens dat dit ’n veel groter gevaar inhou vir die olieprys, die wêreld se ekonomie en daarom ook aandeelpryse as die spinasieblare in Japan wat nou tekens van bestraling toon. Rig jul beleggingsbesluite hiervolgens.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders