Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Op pad na Wes-Afrika

Brendan Ryan

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Kumba Iron Ore is die jongste myngroep wat hom aansluit by die stormloop na nuwe ysterertsprojekte in Wes-Afrika – ’n streek wat ’n Australiese myningenieur as “die volgende Pilbara” bestempel.

Pilbara is die streek in die noordweste van Wes-Australië waar die hulpbronswaargewigte Rio Tinto en BHP Billiton groot ysterertsbedrywighede het.

Chris Griffith, uitvoerende hoof van Kumba, het die ontwikkeling aangekondig by die onlangse voorlegging van die groep se resultate vir die ses maande tot einde Junie. (Sy wesensverdienste het met 40% gestyg tot R9,1 miljard en ’n rekord- tussentydse dividend van R21,70 per aandeel is verklaar vir ’n totale uitbetaling van R7 miljard.)

Griffith sê Kumba se strategie het ontwikkel uit sy posisie as ’n groeimaatskappy wat op SA fokus tot een wat op Afrika fokus, en hy beoog om ’n “tweede mynbouvoetspoor” in Afrika te vestig.

Hy het gesê die plan is om teen 2020 ongeveer 20 miljoen ton in Wes-Afrika te produseer en dat Kumba in die “vroeë stadium” is van geleenthede ondersoek.

Hy wou geen besonderhede verstrek nie, maar Kumba sal waarskynlik ’n vennoot probeer kry vir enige projek wat hy besluit om te ontwikkel.

Moontlike vennote is die moedermaatskappy Anglo American Corporation, wat die Minas Rio-ysterertsprojek in Brasilië ontwikkel, of Kumba se bemagtigingsvennoot Exxaro Resources.

Twee jaar gelede het Exxaro sy voorneme verklaar om na ystererts te diversifiseer en hy het pas misluk met ’n oorname-aanbod vir die Australiese junior ysterertsgroep Territory Resources.

Griffith ontken dat die besluit om na Wes-Afrika te beweeg, iets te doen het met logistieke beperkings in SA op die Sishen-Saldanha-spoorlyn.

Die spoorlyn word tans uitgebrei tot ’n totale kapasiteit van 60 miljoen ton per jaar, maar daar word al sedert minstens 2009 gesprekke gevoer tussen Transnet Freight Rail (TFR) en die ystererts- en mangaanprodusente oor uitbreiding bo dié vlak.

In April 2010 het Griffith gesê ’n “nuwe gees van samewerking” is met TFR bereik in die onderhandelings oor uitbreiding en die Australiese konsultant Aurecon is aangestel om ’n vars studie te doen.

Verlede week het hy opgemerk dat die gesamentlike studie van Transnet en die bedryf nou in die voor-uitvoerbaarheidsfase is en dat ’n uitvoerbaarheidstudie in 2012 voltooi sal word.

Algemeen gesproke blyk dit dat die ystererts- en mangaanprodusente die SishenSaldanha-lyn wil uitbrei vir hul gesamentlike gebruik, maar dit blyk dat TFR – onder politieke druk – mangaanuitvoer deur Coega in die Oos-Kaap wil kanaliseer.

Griffiths sê “Kumba sal voortgaan om sy produksie in SA uit te brei tot die beplande teiken van 70 miljoen ton per jaar teen 2019 en werk positief met Transnet saam.”

Wanneer Kumba wel na Wes-Afrika beweeg, sal hy meeding met die wêreld se drie grootste ysterertsprodusente – Rio Tinto, BHP Billiton en Vale – asook die swaargewig-nuweling Xstrata, ’n aantal Australiese en Kanadese genoteerde juniors en vier groot Chinese mynbougroepe.

Een van die Australiese juniors is Cape Lambert Resources. Dit is sy uitvoerende hoof, Tony Sage, wat die vergelyking met Australië se Pilbara-streek getref het. Hy bestempel Wes-Afrika ook as ’n “slagveld” van die Chinese en die groot Westerse hulpbronreuse. Die rede is dat as die Chinese gevestigde produsente in Wes-Afrika word, hulle die invoer van ystererts uit Australië en Brasilië sal verminder.

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

SageGroup

By Saul Symanowitz: Divisional Director, BEE 123 by Pastel   SMEs and BEE Whilst there is no universal definition for what constitutes an SME (Small and Micro Enterprise),for BEE  purposes most SMEs would be classified as EMEs (businesses with a turnover of below R5 mil pa) or QSEs (busin... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...