Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Muis wil olifant oorneem

Vic de Klerk

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
Die voorgenome oorname deur Bo-natla Property Holdings van al die eiendomsbeleggings waarvan Sharemax tans die promotor is, is teen ’n waarde van R4 985 miljoen sekerlik een van die kostelikste voorstelle in die finansiële geskiedenis van SA.

Om mee te begin, is die genoteerde Bo-natla se markwaarde sowat R45 miljoen. Sy aandele verhandel tans teen sowat 9c stuk. Dit het vroeër vanjaar teen 12c elk verhandel. Die waarde van die eiendomme en die verskillende leningsrekenings – dit is Jan Publiek se beleggings in onder meer Zambezi en The Villa – word bereken op R4,99 miljard vir die doel van die transaksie.

Dit is 100 keer meer as die huidige markwaarde van Bonatla.

Die beteken in effek ’n verandering in beheer, asook die sakemodel van Bonatla. Hiervoor sal nuwe goedkeuring van die JSE nodig wees, want dit beteken in werklikheid bloot dat die eiendomme waarvan Sharemax die promotor is, nou saam genoteer word.

John Burke en sy span by die JSE gaan waarskynlik ’n hele paar dae, dalk weke of selfs maande, nodig hê om die voorgenome oorname te ontrafel. Op die oomblik bied Bonatla nog geen advies aan sy aandeelhouers oor wat die implikasies van só ’n omgekeerde oorname gaan wees nie.

Vir beleggers in die Sharemax-aanbiedinge is hierdie transaksies op die oog af baie slegte nuus. Tot dusver spog Sharemax en sy adviseurs wat die produkte aan die publiek bied, dat hulle nog nooit ’n rentebetaling misgeloop het nie. Ons het geen bewys om anders te glo nie.

Maar in die baie onwaarskynlike geval dat die JSE wel só ’n omgekeerde oorname goedkeur, sal een van die toekomstige vereistes baie korrekte en deursigtige finansiële verslagdoening wees deur een van die JSE se geakkrediteerde ouditeure. ACT Audit Solutions, ouditeur van al die maat-skappye wat geraak word, is nie een van die geakkrediteerde ouditeure nie. Die vereiste van behoorlike verslagdoening sal dit uiters moeilik maak om rente te betaal as daar nie ’n werklike onderliggende kontantvloei-inkomste is nie.

Omgekeerd probeer ons sê dat deursigtige finansiële state, soos wat vir notering vereis word, dalk die betaling van rente so ietwat kan bemoeilik, veral deur Sharemax se kapitaalprojekte, soos die droom van ’n gholflandgoed by The Bay.

Tweedens moet beleggers, veral dié wat tans die stadige bouwerk by die reusewinkelsentrum The Villa dophou, onthou dat die blote notering van ’n portefeulje eiendomme nie enige nuwe kontantvloei skep om byvoorbeeld die projek te voltooi nie.

Om nuwe kontant te bekom, moet selfs die grotes, soos Anglo American en BHP Billiton, ’n regte-uitgifte van nuwe aandele aan bestaande aandeelhouers doen en die noteringsvereistes van die JSE is ook dat ’n onderskrywer – dit is iemand wat die sukses van die regteuitgifte waarborg – nodig is. ’n Onderskrywer is byvoorbeeld ’n bank, en hy kyk gewoonlik met ’n baie sterk vergrootglas na finansiële state voordat hy bereid is om ’n onderskrywing te waarborg.

Kortom, wat ons hier probeer sê, is dat die blote notering van aandele nie ’n waarborg is dat nuwe geld beskikbaar is nie. Gaan kyk maar gerus na die sorge van die eiendomsontwikkelaar Pinnacle Point Group, wat op die AltX genoteer is, om nuwe kapitaal te bekom.

Laastens moet bestaande beleggers in byvoorbeeld Zambezi en The Villa nie nou opgewonde raak dat hulle in die nuwe bedeling, as dit wel sou kom, hul aandele sal kan verkoop nie.

Onthou, ’n notering beteken nog nie likiditeit nie. Trouens, die huidige aandele van Bonatla verhandel omtrent glad nie.

Om gestalte te gee aan die voorgenome oorname van al die Sharemax-aanbiedinge sal Bonatla volgens ons berekeninge teen sy huidige aandeelprys van 8c tot 9c meer as 50 miljard nuwe aandele moet uitreik. Dit sal moontlik van hom die genoteerde maatskappy op die JSE met die meeste uitgereikte aandele maak.

My berekening, noem dit maar skatting, van die huidige kontantvloei van die betrokke Sharemax-aanbiedinge en die behoefte aan nuwe kapitaal om The Villa te voltooi, is dat ’n nuut genoteerde Bonatla minstens die eerste paar jaar negatiewe kontantvloei sal hê. Daar sal dus geen sprake wees van ’n dividend nie. Dit beteken dat daar in die eerste paar jaar waarskynlik baie nuwe aandeelhouers sal wees wat gretig is om hul aandele te verkoop. Hulle het immers in die oorspronklike Sharemax-produkte belê weens die beloftes van goeie rente en meer onlangs selfs ’n dividendinkomste. Die aandeelprys van die nuwe genoteerde Bonatla sal daarom waarskynlik lank onder druk bly.

Aan die bestaande beleggers in die Sharemax-produkte: Moenie ooropgewonde raak oor die sogenaamde notering nie.

Finweek vermoed die JSE gaan eers lank daarna kyk. ‘n Notering alleen bring nie nuwe geld nie. Ek sou nie ’n weddenskap waag oor of dit wel goedgekeur gaan word nie. ‘n Noterig beteken ook nie noodwendig dat jy nou jou belegging te geld kan maak nie. Gelukkig het ek geen invloed op die noteringsproses by die JSE nie, maar ek hou van weddenskappe selfs met my swak gholf. Volgens my is die kans dat die JSE die oorname deur Bonatla van die R5 miljard se Sharemax-eiendomme gaan goedkeur asimptoties nul. 

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...