Loading...
See More

Immorele investering

Apr 14 2011 00:00 Bruce Whitfield

Company Data

IMPALA PLATINUM HOLDINGS LIMITED [JSE:IMP]

Last traded 84.35
Change -0.38
% Change 0.00
Cumulative volume 2102372
Market cap 53.33bn

Last Updated: 02/10/2014 at 04:27. Prices are delayed by 15 minutes. Source: McGregor BFA

Wil jy graag sake doen in Zimbabwe? Wil jy jou weg deur die politieke moeras baan deur partyamptenare ’n bietjie “aanmoediging” te gee om die vestiging van jou onderneming makliker te maak? Wel, moenie – nie as jy ’n langtermyn-toekoms in Zimbabwe wil hê nie, maan die MDC. Die amptelike opposisieparty wil teen einde vanjaar of vroeg in 2012, wanneer verkiesings gehou word, sy lank gekoesterde ideaal verwesenlik om van pres. Robert Mugabe ontslae te raak.

Dié waarskuwing is onlangs op ’n fondsbestuurderskonferensie in Kaapstad gerig deur die verbande MDC-politikus Roy Bennett: “Wanneer die oordeelsdag kom, sal ek nie ’n vinger verroer om hulle van die gevolge van hul dade te red nie. Inteendeel. En ek is vol vertroue dat ek ’n magtige gevolg agter my sal hê. As dié maatskappye wind saai, sal hulle ’n storm maai.”

Die vernaamste skuldige is volgens Bennett Old Mutual. Hy het deur sy SA beleggingsafdeling Omigsa en sy Zimbabwiese filiaal talle belange in dié land. Hy bestuur die pensioenfondse van sowat 500 000 mense in die land. Daaronder tel ’n voor-onafhanklikheidsbelang van 18% in Zimpapers – uitgewer van die Zanu-PF-gesinde koerante Daily Herald en Bulawayo Chronicle. Hy het ook ’n onregstreekse belang van 1,5% in ’n maatskappy met die naam Mbada Diamonds in die Marange-diamantveld deur sy belang in New Reclamation Group. Bennett sê Old Mutual is deur sy assosiasie aandadig aan handel in bloeddiamante. Hy sê Zanu-PF-magte is steeds bedrywig in sy Chimanimani-kiesafdeling en word gefinansier deur die opbrengs van die Marange-diamantveld.

Die feit dat Bennett meer uitgesproke raak oor die omstrede investering en sy beskuldigings in die openbaar maak, lei tot herbesinning. Old Mutual swyg oor presies wat die interne debat behels, maar vermoedelik heroorweeg hy minstens die Reclamation-belegging. Hy wil nie kommentaar lewer nie op wat hy ’n “sensitiewe aangeleentheid” noem.

Old Mutual het voorheen gesê diamante uit dié streek word deur die Kimberley-proses beheer – ’n inisiatief van die diamantbedryf wat daarop gemik is om te verseker dat bloeddiamante nie op die mark beland nie. Die mynbedrywighede is goedgekeur deur Tendai Biti, die MDC- minister van finansies in die regering van nasionale eenheid. Die ouditfirma KPMG het gesertifiseer dat daar vir alle diamante uit Mbada “ooreenkomstig alle wetlike ooreenkomste” betaal word.

Maar Bennett se bewerings veroorsaak steeds verleentheid. Dis dalk nog ernstiger vir Old Mutual terwyl hy die potensiële politieke oorgang in die land oorweeg: Wat van die langtermyn-toekoms van sy sake daar? Dit sal ironies wees as hy die inploffing van die Zimbabwiese ekonomie oor die afgelope dekade deurgeworstel het, maar hom dan buite in die koue bevind wanneer verandering wel plaasvind.

“Groot mynhuise moet herbesin. Sommige van dié instellings moet hul onaanvaarbare medepligtigheid aan Mugabe se afpersing in die oë kyk. Daar is geen ver-skoning vir Impala Platinum[JSE:IMP] – in ’n poging om Zanu-PF en Mugabe te paai – om weer vir die staat mynregte in Zimplats (’n filiaal wat hy reeds besit en beheer) aan te bied nie ... daar is geen verskoning vir Anglo Platinum om ’n groot deel van sy grond net voor die verkiesings in 2008 af te staan nie – grond wat gou weer deur ’n wanhopige en platsak Zanu-PF teen ’n wins van $100 miljoen verkoop is.”

Dis onwaarskynlik dat Bennett sy veldtog sal afskaal.
impala platinum  |  old mutual  |  bloed-diamante
NEXT ON FIN24X

Rede bly (weer) in die slag

2011-08-04 00:00

 
 
 
 

Company Snapshot

We're talking about:

Money Clinic

Money Clinic
Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...
Loading...