Share

Die helfte vernietig

DIE ALTX, die JSE se platform vir beginner- en klein maatskappye, het uit die staanspoor die klem op kwaliteit eerder as kwantiteit geplaas.

Nadat albei vorige inisiatiewe om kleiner aandele te noteer - die waagkapitaal- en die ontwikkelingskapitaalmark - uitgerafel het, kon die JSE dit nie juis bekostig om 'n junior beurs in te stel wat nie die soort straf kan verduur wat in 'n daalmark uitgedeel word nie.

Terwyl die Altx ongetwyfeld 'n veel sterker platform is as wat die waagkapitaal- of die ontwikkelingskapitaalmark ooit was, was die idee om net hoëgehalte-maatskappye te lok, altyd 'n ideaal wat soms deur korporatiewe terugslae geknou sou word.

In die laaste maande was daar 'n klompie negatiewe ontwikkelings onder die meer vooraanstaande noterings op die Altx maar eintlik net een amptelike noodlottige geval (Country Foods).

Om verskeie redes het groot Altx-noterings gewankel, onder meer Blue Financial Services, African Dawn, Pinnacle Point, Alliance Mining en Queensgate (laasgenoemde twee is te midde van likwidasiegedinge opgeskort).

Blue en Afdawn was vroeg in 2008 nog twee van die grootste noterings op die Altx met 'n markkapitalisasie van onderskeidelik R2,6 miljard en R1 miljard. Vandag het die maatskappye 'n markwaarde van onderskeidelik R206 miljoen en R40 miljoen.

Dan is daar 'n vlaag van voormalige voorlopers - waaronder gewilde deelnemers soos Vunani, WG Wearne, SA French en Dialogue - wat drastiese reddingspogings moes aanpak om aan 'n gevaarlike daling te ontkom.

Inderdaad is minstens 30% van die noterings op die Altx onder druk - met broos balansstate, bedryfsverliese en onoortuigende kontantvloei. Dit sou naïef wees om te glo dat daar nie vanjaar nóg pynlike ontwikkelings onder Altx-noterings sal voorkom nie.

Basies het die sentiment teenoor Altx-noterings van "verwonderd en wonderlik" in "bitter en bewerig" verander.

Die statistieke vertel 'n nogal ontstellende verhaal. Die Altx het in Mei 2008 'n gesamentlike markkapitalisasie van meer as R26 miljard gehad. Vandag het die mark 'n waarde van altesame minder as R11 miljard - dit is as die waarde van opgeskorte aandele ingesluit word.

As dit nie vir die onlangse notering van Paladin Capital (met 'n markkapitalisasie van R13 miljard) was nie, sou die Altx minder as R10 miljard werd gewees het.

Die feit dat die Altx se markkapitalisasie binne twee jaar ('n tydperk waarin die algemene mark op heelwat van die verlore terrein ingehaal het wat tydens die internasionale finansiële krisis verloor is) meer as gehalveer het, is onheilspellend.

Anders gestel, is die Altx se gesamentlike markkapitalisasie omtrent gelykstaande met die markkapitalisasie van die bemagtigingbeleggingsmaatskappy Hosken Consolidated Investments (HCI). Mens kan sinies aanneem dat HCI, wat uit verskeie beleggings bestaan, waarskynlik meer institusionele belangstelling as die Altx kry.

Syfers kan natuurlik misleidend wees. Niemand ontken dat die meeste Altx-noterings waarde verloor het nie, maar mens kan gerus daarop let dat die Altx ook 'n aantal belowende maatskappye deur "bevordering" na die JSE se hoofbeurs verloor het.

Dit is onder meer Wescoal, Esor, Pan African, Infrasors, Maxor en Sanyati. Dié "gewaarborgde" noterings sou sowat R4,5 miljard by die Altx se markwaarde gevoeg het. Gelukkig het net een denotering (Celcom) van die Altx voorgekom - 'n tendens wat hopelik nie in dié moeilike stadium sal posvat nie (maar wat te oordeel na relatiewe waardasies tog 'n kwessie kan wees).

In die afwesigheid van nuwe noterings wonder mens of die veel kleiner Altx kan vasbyt totdat die sentiment weer ten gunste van maatskappye met 'n kleiner markkapitalisasie verander. Dit is 'n moeilike vraag. Maar ten minste is daar duidelike aanduidings dat die JSE die Altx met oorgawe steun.

Omdat die Altx tans onder algemene negatiewe sentiment gebuk gaan, lok belowende aandele, waaronder CIC Holdings, OneLogix, Erbacon, 1Time, Chemspec, Myriad, ISA Holdings en Buildworks, eenvoudig nie die belangstelling van markbepalers nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.52
+1.2%
Rand - Euro
20.13
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.5%
Platinum
922.80
-0.3%
Palladium
961.00
-3.0%
Gold
2,339.29
+0.3%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders