Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Die Capitec-effek

Bruce Whitfield

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Die ongesekureerde lenings met groot marges van SA leners het oor die afgelope jaar beduidend toegeneem – dít nadat hulle middel- en hoërinkomsteverdieners met krediet oorstroom het voordat die nasionale kredietwet in Junie 2007 van krag geword het.

Die nasionale kredietreguleerder (NKR) is nou besorg daaroor dat uitleenpraktyke diegene wat dit die minste kan bekostig, in ’n duur skuldstrik sal laat beland.

Vir aandeelhouers is die probleem hoe doeltreffend leners die risiko van dié uitleenboeke sal kan bestuur in hul oënskynlike obsessie om die mark te teiken wat die afgelope dekade so doeltreffend deur die klein Capitec benut is. Hy het die afgelope jare spesifieke kundigheid in die ontwikkeling van die opkomende mark ontwikkel.

Lenings aan lae-inkomsteverdieners het sedert einde 2007 meer as verdubbel. Banke op soek na nuwe kliënte gebruik ongesekureerde lenings met ’n groter marge, hetsy deur kredietkaarte of deur hul groeiende kontantleningsake. Hul doel is om opbrengste te vergroot in ’n omge-wing van andersins stagnante omsetgroei en toenemende kostedruk.

In Desember 2007 het ongesekureerde lenings net 7% van die R102 miljard nuwe krediet uitgemaak wat in die laaste kwartaal van 2007 toegestaan is. Verbande het toe sowat 50% van die totale waarde van krediet uitgemaak. Sedertdien het die banke stappe gedoen teen verbandtussengangers wat hul marges laat krimp en huisleningsake aggressiewer gemaak het in ’n poging om hul sukkelende verbandafdelings winsgewend te maak. Maar ’n kombinasie van hoër huispryse, minder gunstige huisleningkoerse en ’n hardnekkig hoë verhouding van huishoudelike skuld tot besteebare inkomste van ongeveer 77% beteken sy gewone kliënte is eenvoudig nie in staat om te leen nie. Verbande maak nou net 30% van die le-ningboek uit. Groei kom van elders.

Die NKR se syfers vir die kwartaal tot einde Maart toon dat verbruikers net R80 miljard geleen het – ’n tamaai 20% minder as begin 2008. Wat egter sorgwekkend is, is die ongesekureerde gedeelte van die boek – sowat R16 miljard – wat twee keer so groot soos drie jaar gelede is. Dit maak nou 20% van die totale krediet-verlening op ’n kwartaalgrondslag uit.

“Banke beweeg baie duidelik weg van verbande na ongesekureerde lenings. Die pryse daar is gunstiger vir hulle en dit vergroot hul opbrengs op ekwiteit,” sê David Danilowitz, ’n ontleder van Nedbank Ca-pital. “Kopers moet weer gemaklik raak in die eiendomsmark voordat verbandboeke groei – intussen moet banke winsgewend sake skryf.”

Dis gewis winsgewend, mits dit behoorlik bestuur word. Voordat die kredietwet van krag geword het, het mikroleners gewoonlik bedrae van tot R10 000 vir hoogstens 36 maande geleen. Nou het nie net die bedrae gegroei nie, maar ook is betaaltermyne langer. Dis nie ongewoon nie dat tot R150 000 oor ’n tydperk van 72 maande uitgeleen word. Ingevolge die wet kan die leners teen huidige rentekoerse hoogstens 32% per jaar vra (volgens die formule: repo x 2,2 + 20%) om hulle vir die risiko te vergoed wat hulle loop deur ongesekureerde lenings toe te staan.

“Baie van dié geld gaan na verbruiksbesteding eerder as waardeskeppende beleggings in huise of verbeteringe aan eiendom,” sê Rajeen Devpruth, statistiekbestuurder van die NKR. Dit lei tot vrae oor kliënte se vermoë om die geld terug te betaal en die uitwerking wat dit oor tyd op slegte skuld sal hê, veral as die huidige groeifase voortduur.

Volgens navorsing deur die NKR, soos in bygaande grafieke gesien kan word, is lae-inkomsteverdieners baie afhankliker van korttermyn- ongesekureerde lenings met hoë koste as welgestelde leners. Die kredietwet bepaal die bedrag van R15 000 as onderskeid tussen lae- en hoë-inkomsteverdieners.

Die jongste beskikbare BA 900-data van die Reserwebank toon dat die totale le-nings van die land se groot banke teen net 2% per jaar groei. Kleinhandellenings is egter sterk, veral ongesekureerde lenings, wat tot dusver vanjaar met nie minder nie as 32% toegeneem het. Verbandgroei stagneer op ongeveer 3%.

Van die vier groot banke is Absa die konserwatiefste wat kleinhandellenings betref, met net 1% groei teenoor die gemiddelde van 6%. Absa is besonder versigtig met sy verbandboek, wat gekrimp het, teenoor die 4% groei van die ander drie groot banke. Absa se groei in persoonlike lenings het ook van 17% in April tot 11% in Mei afgeneem.

Daarteenoor het FirstRand se persoonlike lenings met 21% opgeskiet danksy die invoering van sy EasyPlan-taknetwerk, ’n regstreekse reaksie op Capitec. Kaartgroei is gedemp op 3% en verbande het met 5% toegeneem. Standard Bank is die aggressiefste op verbandgebied en het sy boek met 6% en persoonlike lenings met 15% uitgebrei. Sy batefinansierings-afdeling sukkel teen Nedbank se Motor Finance Corporation en die oorheersende rolspeler, WesBank. Namate korporatiewe SA se kontantposisie verbeter te midde van ’n afskaling in besteding dwarsdeur die bedryf en meer afhanklik raak van die verbandmark vir groot lenings, is lenings op korporatiewe gebied taamlik stagnant met gemiddelde groei van net 1%.

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

SageGroup

By Saul Symanowitz: Divisional Director, BEE 123 by Pastel   SMEs and BEE Whilst there is no universal definition for what constitutes an SME (Small and Micro Enterprise),for BEE  purposes most SMEs would be classified as EMEs (businesses with a turnover of below R5 mil pa) or QSEs (busin... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...