Share

Baie sentrums sukkel

Ontwikkelaars en eiendomseienaars se oordadige investering in winkelsentrums die afgelope paar jaar begin lelik boemerang. Dit laat ’n spoor van onsuksesvolle sentrums met leegstandkoerse van meer as 25% agter.

Die meeste van dié sentrums is in die algemeen minder as 40 000 m2 groot. Hoewel sommige slagoffers is van die afname in verbruiksbesteding, reken bedryfsleiers baie is eenvoudig nie behoorlik deurdink nie.

George Skinner, erepresident van die SA raad van winkelsentrums (SACSC), het vroeër vandeesmaand gekla oor die terugkeer van wat hy “cowboys” noem – onverantwoordelike ontwikkelaars wat ’n “bloeiende sweer” van ondeurdagte winkelsentrums geskep het.

Die jongste data van die eiendomsnavorsingsmaatskappy Urban Studies beklemtoon die vinnige tempo waarin sentrums die afgelope jare opgerig is. Trouens, die afgelope vier jaar was een van die aktiefste ontwikkelingstydperke in SA se geskiedenis – 43 winkelsentrums van 30 000 m2 en groter is sedert 2007 gebou. Daarteenoor is net 30 sentrums van dié grootte in 1999-2007 opgerig.

Dirk Prinsloo, besturende direkteur van Urban Studies, sê dat die vinnige toename in kleinhandelvloerruimte sedert 2007 gevolg het ná die ongewoon sterk ekonomiese groei in 2006-’07. Dit is ook ’n weerspieëling van groter verstedeliking en ’n sterk toename in middel- en hoërinkomstegesinne.

Te oordeel na die jongste konstruksiedata van Statistieke SA tree ontwikkelaars, eiendomseienaars en kleinhandelaars oorhaastig op.

Bouplanne wat goedgekeur is vir nuwe sentrums in die drie maande tot einde Januarie was ’n geweldige 135% meer (in vierkante meter kleinhandelruimte) as ’n jaar tevore, en sowat 261 000 m2 nuwe vloerruimte is goedgekeur.

Intussen word al hoe meer sukkelende winkelsentrums opgeveil. Net vandeesmaand is meer as tien kleinhandelsentrums opgeveil deur Auction Alliance, SA se grootste afslaersmaatskappy.

Die Lonehill- en die Bel Air-sentrum in die noordweste van groter Johannesburg kom vandeesweek onder die hamer. Die eienaars van albei het berug geword vir die bou van winkelsentrums sonder raadstoestemming. Die omstrede Theodosiou-broers, wat onder die naam Universal Property Professionals handel gedryf het, is in 2010 gelikwideer weens uitstaande skuld van meer as R1 miljard by Absa.

Dit sal interessant wees om te sien hoe groot die belangstelling in dié twee sentrums is en watter pryse behaal word. Hulle het ’n gesamentlike waarde van nagenoeg R700 miljoen. Rael Levitt, uitvoerende hoof van Auction Alliance, sê: “Ons sê al geruime tyd goeie eiendom is regtig goed en swak eiendom is regtig swak, en dié tweevlakmark word vanjaar groter.” Levitt sê daarom is dit werklik uitdagend om eiendomme wat van banke en likwidateurs gekry word om op te veil, te verkoop.

Keillen Ndlovu, hoof van eiendomsfondse van Stanlib, sê sommige klein sentrums word selfs hergebore. Sable Square, byvoorbeeld, is ongeveer vyf jaar gelede naby Century City in Kaapstad gebou volgens ’n “goedkoper-handelsname-konsep”. Ndlovu sê die eienaar, die genoteerde Redefine Properties, het Sable Square onlangs in ’n China Town omgeskep.

Ndlovu sê daar is verskeie winkelsentrums in Gauteng met stygende leegstandkoerse en dalende besoekertalle wat kan baat vind by soortgelyke herontwikkeling.

WorldWear in Fairland, Johannesburg, en die Stoneridge Lifestyle-sentrum in Greenstone onderpresteer ook. Daar word na ’n meer tradisionele winkelsentrumopset oorgeskakel met Pick n Pay [JSE:PIK] en ’n apteek wat ruimte huur.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.26
-0.3%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.53
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
920.90
-1.1%
Palladium
1,000.50
-1.5%
Gold
2,296.45
-1.3%
Silver
26.76
-1.5%
Brent-ruolie
87.00
-0.3%
Top 40
67,650
+0.2%
All Share
73,598
+0.1%
Resource 10
58,698
-3.7%
Industrial 25
102,583
+1.5%
Financial 15
15,831
+1.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders