Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Wêreld-wenners byderhand

Vic de Klerk

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
Maatskappye in die JSE se top-40-indeks verdien ruweg twee derdes van hul jaarlikse wins buite SA. Dit is die moeite werd om na dié verstommende syfer te verwys in die lig daarvan dat ons groot kalante in die afgelope paar weke ’n taamlike beroering veroorsaak het met verskeie korporatiewe maneuvers (werklik en geag), wat die aansien van hul aandele op die internasionale aandelemarkte verhoog het.

BHP Billiton het sommer so ongevraag ’n kontant-aanbod van byna $40 miljard vir Potash Corp gemaak. Gemeet aan markkapitalisasie is dit die wêreld se grootste produsent van grondstowwe vir die kunsmisbedryf.

Old Mutual is aan die onderhandel met HSBC, glo die grootste bank ter wêreld wat Nedbank vir $7 miljard wil oorneem.

Uit Australië is daar verskeie gerugte dat SABMiller die gunsteling is om die sukkelende Foster’s-bierbrouerye daar te bekom. ’n Prys van £7 miljard word genoem.

Die kommentators op CNN Money was ’n week of wat gelede nogal heel opgewonde oor die beduidende oplewing in korporatiewe aktiwiteit (samesmeltings en oornames), want dis gewoonlik goed vir aandeelpryse. En al drie die name wat hulle genoem het, is sommer gerieflik hier op die JSE vir plaaslike beleggers beskikbaar. Dit is weer eens ’n bewys dat dit nie nodig is om ver te gaan wei om die voordele van verspreiding en internasionale blootstelling vir jou portefeulje te kry nie.

Die miljarde wat nou deur ons grootstes rondgegooi word – $40, $10 en $7 – is vir menige plaaslike belegger nog vreemd. Dit is immers meer as wat ons land se bruto binnelandse produk ’n paar jaar gelede was. Die groot syfers beaam maar net weer dat daar tussen die top-40, en daarom ook die genoteerde Satrix-40-indeks, ’n hele paar spelers is wat hul plek in die internasionale mark vol staan. Daar is ook ’n paar baie mooi opkomendes.

Drikus Combrink, portefeuljebestuurder van PSG Konsult in Pretoria-Oos, het so ’n bietjie gaan krap in die top-40 en tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie uitsoekgroep reeds meer as twee derdes van hul wins buite SA verdien. Die heel grootstes op die lysie – en vir gerief sluit ons British American Tobacco (BAT) hierby in – verdien sowat 80% van hul voorspoed in die grote wêreld daar buite. Hul name is dikwels tussen die topvyf, byvoorbeeld BHP Billiton, wat reeds die grootste mynmaat-skappy ter wêreld is, en SABMiller, wat op pad is om die grootste bierbrouer te word, terwyl hy reeds die grootste botteleerder van Coca-Cola is. MTN is die kommunikasieleier in Afrika en die Midde-Ooste, en so stilweg beklee die unieke bateportefeulje van Naspers (moedermaatskappy van Finweek) ook ’n plek tussen die wêreldleiers.

Hierdie ondernemings is groot, regtig groot, gemeet aan dít waaraan ons in SA, veral in die dae van ekonomiese isolasie, gewoond was. Met ’n inkomste van tussen 50% en 100% van hul totaal afkomstig van hul bedrywighede buite SA, is hierdie maatskappye ook ver verhewe bo die gekerm van klein outjies soos Julius Malema en die huidige duidelik onbeholpe regering in SA. Dreigemente van nasionalisering – natuurlik net van die plaaslike bates – raak irrelevant. Veral BAT en Richemont se aandeelhouers hoef hulle nie veel daaraan te steur nie.

Dit is egter nie net plaaslike beleggers wat na die suksesse moet kyk nie. Berkshire Hathaway en sy beleggingsbaas, Warren Buffett, kry weekliks meer gunstige publisiteit as dié op ons kortlys, BHP Billiton, BAT, SABMiller en Naspers, om maar net ’n paar te noem. Tog toon die tabel, wat opgestel is met die hulp van Google, dat die aandeelpryse van al hierdie nuwe wêreldspelers oor die afgelope vyf jaar beduidend beter gevaar het as dié van Berkshire. Die uitsoekerige en onpartydige Amerikaanse belegger, as daar so iets is, vaar dalk baie beter oor die volgende dekade met ’n portefeulje van Naspers, SABMiller en BHP Billiton as Buffett se ouerige spoorlyn in Amerika, veral as die wêreld-ekonomie aanhou kantel in die guns van die opkomende lande, waarvan selfs Afrika dalk deel kan wees. Die aandele van die drie maatskappye kan maklik deur Amerikaners op hul eie markte, ver weg van Malema, gekoop word.

Dit is ook lekker om deur die name van sommige van die uitsoekgroepie se leiers te lees. Die boytjie van Brits, die uiters gewilde Meyer Kahn, is steeds voorsitter van SABMiller, terwyl die groep se uitvoerende hoof, Graham Mackay, ewe bekend is in SA. Marius Kloppers, die bedrywige jong man aan die stuur by BHP Billiton, is ook ’n boorling van SA. Dis net jammer Jan du Plessis het ná tien jaar besluit om die voorsitterstoel van BAT vir dié van Rio Tinto te verruil. Laasgenoemde is, net soos BHP Billiton en ook Foster’s, wat nou in die visier van SABMiller is, “skynbaar” Australiese ondernemings.

Die internasionale suksesse van ons groot honde skep natuurlik ’n wonderlike geleentheid vir plaaslike beleggers, groot en klein, wat hul vlerke so ’n bietjie wil sprei. Baie knap maatskappybestuurders doen dit vir jou. Vermy die slaggat om met jou toegelate R4 miljoen wat jy die land mag uitneem, self op die internasionale markte te wil gaan speel. Die wêreld se beste batebestuurders kry dit nie eens reg om gereeld die wêreld- of selfs streeksindekse van aandele te klop nie. Die sogenaamde fonds van fondse van internasionale fondse – soms is daar tot vyf vlakke waarin jy jou geld kan belê – is selde volhoubaar beter as die gemiddelde, die indekse, self.

Maak die lewe maklik. Kyk na die bygaande tabelle. Kyk hoeveel verdien jou gunsteling in die buiteland. Kyk veral na die nuwelinge soos Shoprite, om nie eens te praat van die wêreld se bestes, soos BHP Billiton en SABMiller, nie. Jy kan hierdie aandele op jou voorstoep koop. Op jou voorstoep ontvang jy die dividende, en eendag gaan die eksekuteur van jou boedel die bates maklik beredder. En onthou, hierdie bates is reeds verhewe bo die nukke en grille van die dag-tot-dag-regering in SA.

BELEGGING | Droomportefeulje vir aftrede

Verskans liewer teen laer rentekoerse.

“Ons het die plaas verkoop vir netto R10 miljoen. Behalwe vir die geld het ons niks – net die klaar betaalde huisie by Hermanus en twee goeie karre, waarvan die een natuurlik ’n 4x4 is. Sorg asseblief vir ons,” skryf Hannes, my goeie vriend van Vaalwater. Hy en Lettie is albei net so oor die 65 en blakend gesond.

Die gewone advies aan Hannes sal natuurlik wees: diversifiseer. Dit beteken 30% in die buiteland, maak seker dat inflasie nie jou geld opvreet nie en hou minstens een jaar se lopende uitgawes in kontant in die geldmark. Dit is lekker om oor die skouer na die verlede te kan kyk, maar al drie dié norme sou jou die afgelope dekade armer gemaak het.

Allereers besef ek dat die daling in rentekoerse – noem dit opbrengskoerse, as jy wil – die portefeuljes, nee lewenstandaard, van pensioenarisse die afgelope dekade baie meer skade berokken het as inflasie. Tog is batebestuurders steeds behep met verskansing teen inflasie en min “verskans teen laer rentekoerse”.

Kom ek verduidelik. ’n Dekade gelede het iemand met ’n veilige vaste deposito van R5 miljoen by ’n bank waarop jaarliks 12% rente verdien is, nogal breëbors in die straat rondgeloop. Die jaarlikse inkomste van R600 000 het immers van hom ’n ryk man gemaak. Nou is die rentekoers op vaste deposito’s net 7% per jaar – dit is omtrent net in SA nog so hoog – en dit gaan nog daal.

Die rentetjek het dus gekrimp van R600 000 tot R350 000 per jaar. En dit is nie inflasie se skuld nie. Ja, dit is tog inflasie se skuld. Dié het mos gaan daal van 10% tot minder as 4%, en daarom is die rente nou soveel laer. Omgekeerde advies as dié van die geleerdes: Hannes, ons moet jou teen dalende inflasie en dalende rentekoerse beskerm.

Die tweede stukkie gemorsadvies – jammer dat ek dit so by die naam noem – is dat beleggers moet diversifiseer en 30% van hul bates in die buiteland moet hou. Dit is sommer ou apartheidsadvies, en ek verkneukel my in daardie mense wat ná tien jaar nou druipstert geld terugbring. Natuurlik moet daar diversifikasie wees, maar die doelwit moet wees om 30% van jou inkomste buite SA te verdien.

Meer as 60% van die inkomste van die top-40-aandele wat op die JSE genoteer is, word in die buiteland verdien. As jy bloot net in die top-40 belê, het jy reeds meer buitelandse blootstelling as wat die grootste – of is dit verkrampste? – batebestuurder aanbeveel.

Ook die absurde aanbeveling dat ‘n jaar van lopende uitgawes in kontant op die geldmark belê word, pas nie in my beplanning nie. As jy bang is vir skielike uitgawes, hou bloot die verband op die aftreehuis in stand met ’n klein uitstaande balans van R1 000 of wat en as daar binne die volgende 20 minute geld nodig is, trek jy net teen die fleksieverband. Einde van dié tirade.

Rente-inkomste

Hannes en Lettie kan gesamentlik met gemak R270 000 se rente-inkomste per jaar belastingvry hanteer. Die hele eerste toedeling van die R10 miljoen is R3 miljoen in kleinhandelstaatseffekte met ’n looptyd van vyf jaar teen ’n rentekoers van 9% per jaar. Hannes se belegging is sowat R1,7 mil- joen en Lettie s’n R1,3 miljoen. Dit werk eenvoudig soos volg: Rente ten bedrae van R32 000 per jaar is belastingvry vir elke belastingbetaler bo 65 jaar. Verder is die belastingdrempel R84 200. As jy minder as dit verdien, betaal jy nie belasting nie. As jy ouer as 65 jaar is, kan jy ook alle mediese uitgawes van jou belasbare inkomste aftrek. Die hooflid van die gesin se mediese fonds kry gewoonlik die voordeel. Hannes, jy kan met gemak jaarliks ’n rente-inkomste van R32 000 verdien, plus R84 200, plus – kom ons skat – mediese uitgawes, wat ook jou bydrae tot die mediese fonds insluit, van sê R30 000 per jaar. Dit is ’n totaal van R146 000 per jaar sonder om enige belasting te betaal. Hiervoor kan jy veilig R1,6 miljoen in kleinhandelstaatseffekte belê en jaarliks R144 000 se rente verdien.

Lettie, wat al die jare self ’n belastingbetaler was, kan rente van R32 000 plus R84 200, oftewel R116 200, verdien, ook sonder om enige belasting te betaal. Die rente op R1,4 miljoen se kleinhandelstaats-effekte is R126 000 per jaar. Lettie sal ook nie hierop belasting hoef te betaal nie.

Dit bring ons by die lekker deel, die oorblywende R7 miljoen. Die tabel van hoe ek die R7 miljoen sou belê, vertel sy eie storie. Ons fokus op aandele wat ’n goeie dividend verklaar, met British American Tobacco heel boaan. Terloops, BAT verdien byna sy volle inkomste buite SA. Die R1 miljoen in BHP Billiton verdien nie nou veel aan dividende nie, maar dit is die verskansing, die toegangskaartjie, na die nuwe wêreld se ekonomiese voorspoed.

Al hoe meer verbruikers wêreldwyd besef dat Charles Glass steeds puik bier brou, daarom waag ons R1 miljoen op SABMiller. Standard Bank en sy Chinese vriend, ICBC, gaan beleggers in die toekoms nog baie vreugde bring. Daardie pragtige dividend van Lewis wat op pad is na 8% per jaar, is baie beter as selfs tabakboerdery.

Nasionalisering | Politici se gegrom oor myne nie nuut nie

Die myne verdien byna al hul inkomste in die buiteland. Anglo Platinum, die land se grootste platinumprodusent, verkoop net ’n fraksie van sy produksie in SA. Vir doeleindes van portefeuljediversifikasie het ons egter besluit om die direkte myne uit te sluit. Die reserwes is immers nog in SA en daar kan altyd bogpraatjies oor nasionalisering wees. Ons noem dit bogpraatjies omdat dit veel makliker is om daaroor te praat as om die myne werklik te nasionaliseer en te bestuur en leeg te pomp van vrot en suur water soos wat by Grootvlei nodig is.

In SA is die storie van nasionalisering al baie jare oud. Paul Kruger het niks gehou van die “uitlanders” nie, maar nooit regtig gedreig om die myne te nasionaliseer nie. Hy het eerder die eksklusiewe reg om dinamiet in te voer en aan die myne te verskaf aan een van sy familielede toegeken.

Die jong dr. Nic Diederichs, later minister van finansies en nog later staatspresident van SA, het die moont-likheid genoem toe hy die NP se verkiesingsmanifes in 1947 opgestel het vir die verkiesing wat hulle toe in 1948 gewen het. Die Vryheidshandves, wat in 1956 deur die Congress of the People by Kliptown en later deur die ANC aanvaar is, beveel spesifiek die nasionalisering van die goudmyne en ander monopolistiese ondernemings aan. Toe die ANC in 1994 aan bewind gekom het, was die goudmyne al egter so uitgewerk dat daar nie meer veel aandag daaraan gegee is nie.

Dit is niks nuuts vir ’n regering van die land om te dreig en te raas en blaas oor myne nie. Vroeg in die 1970’s was die NP-regering baie kwaad vir die liberale element in die land en die destydse minister van mynwese, dr. Carel de Wet, het gedreig om die goudmyne van Harry Oppenheimer se Anglo American, wat ook destyds die aartsliberale Helen Suzman se politieke ambisies gefinansier het, te nasionaliseer.

Selfs Pik Botha, in ’n stadium die langsdienende minister van buitelandse sake ter wêreld, het per geleentheid gedreig dat SA sy minerale aan die wêreldmark sal onttrek as die VN aanhou torring aan die apartheidsbeleid.

Goud-, en nou seker die platinummyne, is beslis ’n goeie verskansing teen ’n skielike daling in die waarde van die rand. Dit lyk nie op die oomblik baie waarskynlik nie. Goud, doodgewone staafgoud, was egter oor die afgelope 10 jaar met ’n styging van 363%, of 16,5% per jaar, ’n baie goeie belegging. As jy steeds van goud hou, koop Absa se NewGold en los die goudmyne uit waaroor opkomende politici so graag dreig.

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...