Related Articles
Top Stories
Feb 13 2012 12:15
Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.
Feb 13 2012 10:43
Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.
Feb 13 2012 07:58
Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.
BELEGGERS RAAK VIES wanneer 'n effektetrust vir nuwe sake sluit, of heeltemal ophou om invloei in te neem. Dikwels is dit 'n fonds wat goed gepresteer het en sodoende nuwe beleggers se aandag getrek het.
Maar dit is in die meeste gevalle juis hoekom effektetrusts sluit - die sterk groei en toename in bates onder bestuur kan 'n punt bereik waar die fonds eenvoudig te groot word om sy prestasie optimaal vol te hou.
"Hoewel mens aanvanklik sou aanneem dat 'n toename in bates positief is vir 'n bestuurder, want hoe meer bates hulle onder bestuur het hoe groter die inkomste uit gelde wat hulle verdien, wat verdere groei en sukses kan bevorder," sê Mark Lindhiem, beleggingshoof van die multibestuurder Investment Solutions. "Daar is egter 'n bepaalde lewensvatbare grootte vir bates onder bestuur, waarna 'n bestuurder sal sukkel om soveel beter te presteer as wat hulle voorheen kon doen."
Lindhiem sê daar is twee hoofredes daarvoor. Die bates onder bestuur kan groot genoeg word om te verhinder dat die bestuurder geleenthede in bepaalde sektore van die mark kan benut. "'n Goeie voorbeeld is kleinkapitalisasieaandele. Dié sektor bestaan uit kleiner maatskappye wat dikwels aan bestuurders goeie beleggingsgeleenthede bied omdat daar in hierdie minder likiede sektor van die mark meer dikwels maatskappye is wat nie reg aangeslaan is nie."
'n Tweede rede is dat 'n portefeuljebestuurder wat 'n baie groot portefeulje bestuur, dit baie moeiliker kan vind om aandele vinnig te koop of verkoop wanneer die geleentheid hom voordoen.
Hy sê 'n fonds kan ook sluit wanneer sy bates onder bestuur skerp gestyg het en hy bykomende vermoë moet opbou in die vorm van personeelvoorsiening en administrasie om die bykomende lading te hanteer, maar dat dié soort sluiting gewoonlik tydelik van aard is.
Lindhiem sê dit is belangrik dat die kliënte wat in 'n fonds belê het wat sluit, moet verseker hul fonds word regverdig behandel en op dieselfde wyse as vir al die ander kliënte van die betrokke bestuurder. "Hoewel party van die hoog aangeskrewe bestuurders op die een of ander tyd fondse gesluit het, is die keuse in die SA mark in die algemeen wyd genoeg, want party van die nuwe bestuurders wat die afgelope klompie jare na vore getree het, wys dat hulle hul sout werd is."
'n Hoog aangeskrewe batebestuurder wat fondse gesluit het, is Allan Gray. Maar vroeër vanjaar het hy 'n nuwe fonds bekend gestel, Allan Gray-Orbis se wêreld- optimale fonds van fondse. Die fonds word deur Ian Liddle bestuur en sy mikpunt is kapitaalappresiasie in 'n laerisiko- internasionale portefeulje vir beleggers wat in rand wil belê eerder as om hul toegelate valutabedrag te gebruik.
Allan Gray stel dit egter duidelik dat, sedert hy die effektetrustmark in 1998 betree het, sy doelwit is om net 'n eenvoudige reeks fondse aan te bied wat beleggers maklik kan verstaan. Terwyl party van die groot batebestuurders meer as 30 fondse bied, het Allan Gray net nege effektetrusts.
Eiendom bly 'n waardevolle bateklas
NIE DAT 'n maand se prestasie op enigiets meer dui as 'n moontlike nuwe tendens in 'n sektor nie, maar eiendomseffektetrusts is in die Morningstar-ranglys tot einde Februarie weer sterk op die voorgrond. Genoteerde eiendomsfondse het beleggers die afgelope vyf jaar goed behandel.
Die meeste van die groot name is onder die tien toppresteerders vir die maand - Coronation, Old Mutual (of Omigsa), Investment Solutions, Prudential, Investec, Absa, Stanlib en Catalyst. Verder ondertoe, in die 20ste plek, is Sanlam Investment Management se inkomstefonds. Hy vorder vinnig deur die range. Die fonds, met Richard Anderson as bestuurder, is effens anders as sy eweknieë in die sin dat hy taamlik groot buitelandse blootstelling het, in dié geval aan Liberty International.
Fondse wat egter op die ranglys oor drie maande uitstaan, is die twee wat deur Grindrod Asset Management bestuur word. Grindrod se wêreld-eiendomsinkomstefonds is in die eerste plek en sy gediversifiseerde voorkeuraandelefonds negende.
Wat die twee fondse aantreklik maak, is dat albei aan 'n aandeleportefeulje laekorrelasiediversiteit bied. "Omdat hulle op 'n enkele bateklas toegespits is, kan elkeen as 'n bousteen gebruik word in die proses om 'n kliënt se portefeulje op te bou," sê Ian Anderson, beleggingshoof.
"Suid-Afrikaners was nooit goeie spaarders nie en die situasie is vandag nog dieselfde. Dit beteken dikwels dat wanneer daar in 'n kliënt se inkomstebehoeftes voorsien is, veral wanneer die persoon afgetree het en 'n aansienlike maandelikse inkomste benodig om van te leef, bly daar baie min kapitaal oor om in bateklasse te belê wat 'n skans teen inflasie sal vorm."
Anderson verkwalik "markwaarnemers" wat sê SA beleggers belê nie genoeg geld in aandelefondse nie. "Die werklikheid is dat die meeste mense dit nie kan 'bekostig' om in aandele te belê nie, want die dividendopbrengs is eenvoudig te klein."
Hy sê die voorkeuraandelefonds konsentreer daarop om 'n belastingdoeltreffende inkomste te voorsien met lae risiko vir die kapitaal. Die wêreld-eiendomsfonds belê in internasionale genoteerde eiendomsekuriteite en bied aan beleggers blootstelling aan buitelandse geldeenhede; maandelikse inkomsteverdelings is ook op 'n hoë vlak. n