Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Kwartaallikse effektetrust-resultate 2010 | Opbrengste steeds goed

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
EFFEKTETRUSTS behandel beleggers goed. Die finansiële markte was onstuimig, maar vir die drie maande tot einde Februarie (aangesien dié 'n kwartaallikse publikasie is) was die gemiddelde opbrengs van die meer as 900 plaaslike effektetrusts byvoorbeeld 2,06%. Maal dit met vier, en dit is nie 'n slegte jaarlikse opbrengs nie, sou opbrengste die pas kan volhou. Ons gebruik die syfers en rangordes van Morningstar.

Opbrengste oor dié driemaandetydperk was egter baie uiteenlopend. Die beste was Grindrod se wêreld-eiendomsinkomstefonds se 14,4% (sien onderhoud met die bestuurder op die laaste bladsy), terwyl Stanlib se goud-en-edelmetaalfonds 9,1% verloor het. Dit is egter net drie maande en beteken nie veel nie - goudaandele gaan soos 'n wilde hings tekere en genoteerde eiendom is weer in die mode.

As effektetrustopbrengste egter so kan voortgaan, sal die fondse inflasie klop. En vir beleggers is dit eintlik waaroor alles gaan. Die huidige opbrengste oor drie maande is hoër as wat op lang termyn van Sanlam Investment Management (SIM) verwag word. "Ons verwag op lang termyn reële opbrengste (ná inflasie) van 7%," sê Candice Paine, hoof van kleinhandelbelegging van SIM. Sy sê SIM se huidige siening is dat die plaaslike aandelemark by billike waarde is. "Die ekonomie ondersteun die lopie wat ons beleef het, en die mark kyk vooruit."

Vyf jaar al is Old Mutual se myn-en-hulpbronnefonds heel boaan die ranglys. Duidelik doen Anwaar Wagner, fondsbestuurder, dinge reg. Hy balanseer die portefeulje van groot mynbou-aandele met 'n klompie kleiner maatskappye. Sy fonds, met 'n opbrengs van 210,8% oor die vyfjaartydperk, is ver voor Nedgroup Investments se mynbou-en-hulpbronnefonds, met 180,0% in die tweede plek.

Die rangorde van die toptien is min of meer dieselfde, met enkele fondse wat 'n plek op af beweeg het.

Ná die twee voorste mynboufondse kom Coronation se top-20-fonds - binnelandse aandele, groot maatskappye - met Absa se uitsoekaandelefonds, steeds die voorste algemene aandelefonds, in die sewende plek.

Die rangordes oor drie jaar is interessant, want dit toon hoe goed kontant in daardie onstuimige tye gevaar het. Geldmarkfondse maak sowat die helfte van die fondse onder die top-25 uit. Met dié dat rentekoerse steeds laer neig, is kontant weer ongewild, wat geldmarkfondse van die meer onlangse ranglyste laat verdwyn het.

Hoewel geldmarkfondse in SA van hul eweknieë in Brittanje verskil, is daar in 'n onlangse uitgawe van The Economist kommer uitgespreek oor geldmarkfondse daar wat regulering benodig en deel is van die "skadu"-bankstelsel wat vinnig besig is om die gewone banke te vervang - dit wil sê dié banke in Brittanje wat nog oorleef.

Die ranglys oor een jaar word nog deur mynbou-en-hulpbronnefondse oorheers, maar finansiële fondse maak 'n welkome herverskyning. Nedgroup Investments se finansiële fonds is in die tweede plek met 'n opbrengs van 69,8% vir die jaar en RAB se finansiëledienstefonds vierde. Dit is grootliks omdat SA banke herstel het ná die wêreldwye ineenstorting van banke se aandeelpryse.

Batebestuurders probeer in party gevalle koste verlaag, maar dit bly vir beleggers 'n omstrede saak. Regstreekse beleggings in aandele, veral met die getal webtuistes wat op die internet beskikbaar is, is steeds goedkoper as effektetrusts. Verder is daar ook nou die laekoste-kleinhandeleffekte wat by die nasionale tesourie vir beleggers beskikbaar is.

Maar Paine sê effektetrustkoste, wat baie verskil afhangend van die soort fonds en bateklas, moet vergelykenderwys bekyk word. "Private kliënte wat 'n aandelemakelaar gebruik, sal 1% tot 1,5% plus makelaarskoste betaal. Die prys van effektetrusts sluit die administrasie-, trustee- en ouditeursgelde plus portefeuljebestuursgelde in. Daar behoort nie 'n stryd daaroor te wees nie; die bestuurder is die vaardigheid waarvoor jy betaal."

Dit is 'n geldige punt en baie kliënte wat skrikkerig is vir groot aandeleblootstelling, beweeg nou in die rigting van batetoewysing- en mikpuntopbrengsfondse. As die bestuurder die mark of die gestelde norm kan klop, is dit die koste werd. n

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...