Related Articles
Top Stories
Feb 13 2012 12:15
Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.
Feb 13 2012 10:43
Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.
Feb 13 2012 07:58
Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.
Ons sê altyd jy moenie die topfondse najaag nie, en dit bly waar. Maar die jaarlikse Morningstar/FM-toekennings gee 'n goeie aanduiding, want al is die klem op opbrengste oor 'n jaar, moet die wenfondse ook oor drie jaar 'n stewige prestasiegeskiedenis van risiko-aangepaste opbrengste hê. Die wenfondse - onderhoude met sommige se bestuurders volg hierna - is soos volg:
Aggressief gebalanseerd - Coronation se mark-plus-fonds
Versigtig gebalanseerd - Cadiz se absolute-opbrengsfonds
Aanpasbaar gebalanseerd - Investec-geleentheidsfonds
Matig gebalanseerd - Dotport se stabiele omsigtigheidsfonds van fondse
Asiatiese aandele - Orbis SICAV se Asiatiese aandelefonds (Japan uitgesluit)
Europese groot maatskappye - Ashburton se Europese aandelefonds
Amerikaanse groot maatskappye - Franklin se VS-aandelefonds
Wêreld-aandele - Allan Gray-Orbis se wêreld-aandelevoederfonds
Wêreld-effekte - Old Mutual se wêreld-effektevoederfonds
Verbruikersgoedere en dienste - Stanlib se nywerheidsfonds
Natuurlike hulpbronne - Old Mutual se mynbou-en-hulpbronnefonds
Finansiële dienste - Stanlib se finansiële fonds
Eiendom (onregstreeks SA) - Stanlib se eiendomsinkomstefonds
SA aandele - Nedgroup Investments se waardefonds
SA kleinkapitalisasie-aandele - RAB se klein- en mediumkapitalisasiefonds
Diverse effekte - Metropolitan se inflasiegekoppelde effekte
Wêreldeffekte - Investec GSF se wêreldeffektefonds
Kort effekte - Absa se inkomstevergroter.