Share

KORT KURSUSSE | Vraag na opleiding neem toe

accreditation
IN ’n land met ernstige werkloosheid – selfs onder matrikulante met tersiêre kwalifikasies – besef mense al hoe meer dat dit noodsaaklik is om bemarkbare vaardighede te hê.

Programmatuurontwikkeling is ’n sektor van die arbeidsmark waar dit volgens Unisa se sentrum vir programmatuur-ingenieurswese (Cense) moontlik is om werk te kry. “Selfs al is iemand gelukkig genoeg om ’n werk te hê, kan sy bevorderingsgeleenthede afhang van sy IT-vaardighede en die kwalifikasies wat hy het.”

Die probleem, sê Cense, is dat nie almal dit kan bekostig om voltyds te studeer nie en die meeste studente wil graag minstens die een of ander kwalifikasie taamlik vinnig verwerf sodat hul loopbaan so gou moontlik daarby kan baat vind.

Die sentrum sê dit is noodsaaklik dat die kwalifikasies erken word as komende van ’n instelling met ’n goeie reputasie.

Cense bied verskeie kort studieprogramme aan deur verskillende onderrigmetodes te gebruik. Die eerste is om die tradisionele vorm van afstandsonderrig te gebruik wat Unisa oor dekades heen vervolmaak het. Dit is hoofsaaklik papiergebaseer sodat studente in afgeleë gebiede ook maklik kan deelneem. Die tweede onderrigmetode is om van die internet gebruik te maak, wat weer eens beteken die student kan in die gerief van sy eie woonplek leer.

Hoewel die kort kursusse nie dieselfde toelatingskwalifikasies as Unisa se graadkursusse vereis nie, is ’n graad 12-sertifikaat steeds nodig. Praktiese rekenaarwerk is ook ’n vereiste.

Party van die kort leerprogramme is internet en webontwerp, databasisontwerp, databasisinstelling, ’n inleiding tot Java-programmering, die ontwerp en instelling van telekommunikasienetwerke, inleiding tot inligtingsekuriteit en navorsing in praktiese informatika. n

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.02
+1.0%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
924.30
+1.3%
Palladium
991.50
-1.3%
Gold
2,331.64
+0.7%
Silver
27.35
+0.7%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders