Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

KORT KURSUSSE | Vaardighede ontwikkel

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Kort opleidingsprogramme vind al hoe meer byval in SA en oorsee. Finweek het ’n paar vrae daaroor gestel aan Helen Mcintee, besturende direkteur van IMM Business School, en prof. Raphael Mpofu, komiteevoorsitter vir kort kursusse van Unisa se kollege vir ekonomiese en bestuurswetenskappe (KEBW).

Waarom is daar nou bogemiddelde groei in kort kursusse in SA en in die buiteland?

HM: Tyd is nou ’n wesenselement van mededingingsvoordeel, want spesifieke vaardighede moet aangeleer en vinnig in die werkplek toegepas word. Bevoegdheidsleemtes word dikwels bestuur deur werknemers op kort kursusse te stuur om nuwe vaardighede te leer en hopelik gedrag te verander. Maatskappyhoofde wil gouer ’n opbrengs op hul belegging hê. Die ekonomiese resessie het opleiding nadelig geraak, want begrotings vir bemarking en opleiding is afgeskaal. Maar maatskappye besef dat ’n belegging in opleiding ’n proaktiewe benadering is, want sodoende word bemarkers en personeellede toegerus om nuwe geleenthede aggressief te benut.

RM: Die arbeidsmark is baie mededingend, en om die regte vaardighede te kry, is ’n selfs groter uitdaging. Werkgewers is op soek na werkers wat gou kan aanpas en kan leer. Kort kursusse bied die geleentheid vir vinnige vaardigheidsontwikkeling. Dis tersaaklik en dit neem minder tyd in beslag as formele kwalifikasies, wat gewoonlik drie jaar neem om af te handel.

Wie behoort hierdie kursusse te volg?

HM: Personeellede op alle vlakke moet deurlopend hul vaardighede verbeter en op die hoogte bly van veranderende beleid, gedagterigtings en moderne teorie. Trouens, omdat die sakewêreld so vinnig verander, moet mense ook gereeld nuwe vaardighede en kundigheid bywerk. Diegene wat opleiding behoort te oorweeg, is onder meer mense in ’n hoofstroompos wat met ander afdelings skakel. Bemarking bring meer sake mee, en daarom moet werknemers die bemarkingskwessies verstaan wat onderliggend aan die sukses van die onderneming is.

Ander wat opleiding nodig het, is mense in ’n nuwe werkrol wat bykomende kundigheid moet kry of dit moet verbeter. Ons sakeomgewing verander heeltyd; dis dinamies en daarom moet werkers deurgaans hul kennis opknap.

Bemarking draai om die kliënt. Maatskappye streef daarna om beter as hul mededingers na die behoeftes van hul kliënte om te sien. Markaandeel, kliëntelojaliteit en handelsmerkbou is die aandrywers. Bemarking behels dat ’n mens jou boodskap so oordra dat jou kliënte dit sal aanvaar; ons besef dit speel ’n groot rol in hoe sake ingerig word. Die sukses van die onderneming hang af van die vaardigheid van die bemarkers, hetsy in strategie, navorsing, sleutelrekeningbestuur of internasionale-uitvoerbemarking.

RM: Kursusse dek die spektrum van ekonomie en bestuurswese, rekeningkunde, finansiële bestuur, logistiek ens. Die vernaamste fokus is mense wat hul vaardighede op ’n bepaalde gebied moet verbeter weens nuwe verpligtinge in die werkplek, asook op nuwelinge wat vaardighede in die betrokke sektor moet opbou.

’n Sekondêre teiken is om veelvuldige vaardighede te verwerf, byvoorbeeld personeelspesialiste wat vir begrotingsdoeleindes moet weet hoe finansiële stelsels werk.

Gee ’n paar voorbeelde van gewilde kort kursusse by jul instansie.

HM: IMM Business School streef uitnemendheid in professionele bemarking en bedryfsopleiding na, en ’n wye reeks pasgemaakte interne en kortkursus-ontwikkelingsprogramme word aangebied wat werkers en maatskappye help om op die hoogte te bly van saketendense, bemarking en ontwikkelinge in hul bedryfsveld.

Hoewel die fundamentele elemente van bemarking nooit sal verander nie, het bemarkers ’n verantwoordelikheid om by te bly met die dinamiek van die bedryf, hetsy dit met tegnologie soos e-handel te doen het, met snel veranderende marktendense, bedryfsinligting, emosionele intelligensie, kliënteverhoudingebestuur en wetgewing of dit blootstelling bied aan die onderliggende gedagterigtings, elemente en konsepte van die sakewêreld. Hierdie opleidingsprogramme is nie net op ontwikkeling van die individu gerig nie, maar ook op die algehele beter prestasie van die onderneming.

Programme wat IMM Business School aanbied, is onder meer groen-bemarking (omgewingsbestuur en die voordeel wat die maatskappy daaruit kan put), bemarkingsbeplanning (die finansiële implikasies van bemarkingsplanne), handelsmerkbestuur (die invloed van goeie handelsmerkbewusmaking), verkoopsvaardigheid op alle vlakke, kommunikasievaardigheid (hoe om met kliënte te skakel), onderhandelingsvaardigheid, sleutelrekeningbestuur, uitvoerhandel (strategie en taktiek vir uitvoer) en projekbestuur.

RM: Die kort kursusse by KEBS sluit in programme in bankwese, sakebestuur, finansiële bestuur, rekeningkunde vir skoolbestuur, basiese beginsels vir die ontleding en vertolking van finansiële state, gevorderde kursusse in strategiese bestuur, verhoudingsbestuur, basiese beginsels van projekbestuur, kleinhandelaankoopbestuur, programme om uitnemende kliëntediens te bevorder en mensebronne te evalueer, werknemerwelstand en versnelde toesighouersontwikkeling vir die staatsektor en in plaaslike-regeringsbestuur. n

 

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

SageGroup

By Saul Symanowitz: Divisional Director, BEE 123 by Pastel   SMEs and BEE Whilst there is no universal definition for what constitutes an SME (Small and Micro Enterprise),for BEE  purposes most SMEs would be classified as EMEs (businesses with a turnover of below R5 mil pa) or QSEs (busin... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...