Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
SA se tersiêre instellings het die afgelope sowat tien jaar weens onder meer verlaagde subsidies met toenemende finansiële druk te doen gekry. Hulle is gevolglik deurlopend op soek na nuwe inkomstebronne.
Hoewel veral universiteite vroeër hoofsaaklik op grade en diplomas gekonsentreer het, is die aanbieding van kort kursusse ’n belangrike nuwe vertakking en vandag kom ’n heel skaflike deel van die inkomste van dié instellings – insluitend SA sakeskole – van ’n indrukwekkende aanbod van kort kursusse.
Hetsy sertifikaat of diploma, is tersiêre instellings se opleiding ook deesdae só aanpasbaar saamgestel dat daar in sommige gevalle daarop voortgebou kan word om uiteindelik ’n graad agter jou naam te skryf.
“Kort kursusse is nie noodwendig ’n geldmaakstorie nie,” sê prof. Jackie Young, hoof van Unisa se sentrum vir sakebestuur. “Ons bied dit so bekostigbaar as moontlik aan – ’n ekstra diens aan ons studente – en dit lei dikwels daartoe dat hulle later vir ander kursusse, selfs graadkursusse, inskryf.”
Volgens Young skryf daar tans tussen 30 000 en 40 000 studente per jaar vir sertifikaatkursusse aan dié sentrum in wat kursusse soos sakekommunikasie, finansiële bestuur, inleidende bankwese, versekering, mensehulpbronne en algemene bestuur aanbied. “Hiermee trek ons jong mense wat dalk nog een of twee matriekvakke kort om vir formele graadopleiding te kwalifiseer en aan die ander kant selfs geoktrooieerde rekenmeesters wat hul kennis oor byvoorbeeld projekbestuur of die een of ander onderwerp wil verbreed.”
Young sê kort kursusse raak ook al hoe gewilder omdat dit mense (dikwels nog besluiteloos oor ’n loopbaankeuse) voorberei vir omvangryker studie. “Hulle kan eerstehands ervaar of ’n studierigting hulle geval of nie. As hulle vind dat ’n sekere rigting hulle opgewonde maak, kan hulle later selfs ’n graadkursus in ’n verwante rigting aanpak. As hulle teleurgesteld is of nie daarvan hou nie, is dit nie die einde van die wêreld nie.”
Kursusse duur gemiddeld van ses maande tot een jaar en verskeie daarvan verdien merietepunte wat die deur vir ’n student oopmaak om formele studie aan te pak, hom help om makliker werk te kry of vinniger bevorder te word.
Prof. Elize Ehlers, hoof van die Universiteit van Johannesburg (UJ) se akademie vir inligtingstegnologie, bevestig dat korter, pasgemaakte leerprogramme by die dag gewilder raak. “Die UJ se diploma in inligtingstegnologie, wat gerig is op mense in die IT-bedryf wat geen formele opleiding het nie, is ’n goeie voorbeeld. Die feit dat dit na-uurs oor twee jaar aangebied word, plaas dit binne die bereik van mense wat nie maklik ononderbroke van hul werk kan wegbreek om ’n kwalifikasie te verkry nie.”
Dié kursus is ’n goeie voorbeeld van hoe studente in staat gestel word om dit tussen hul werkverpligtinge in te pas: dit word in agt bloksessies van twee weke elk in Engels aangebied, met daaglikse lesings van drie uur, van 17:30 tot 20:30.
Volgens Ehlers is kursusmodules só saamgestel dat dit prakties en toepaslik is. In die geval van die IT-kursus, byvoorbeeld, sluit dit modules in soos: inleiding tot programontwerp en programmering; databasisse; programmatuur-ingenieurswese; bedryfstelsels; datakommunikasie en netwerke; en projekbestuur. (Studente wat die kursus vroeg in 2011 wil aanpak, het tot einde November vanjaar tyd om aansoek te doen.)
Elke universiteit en elke ander tersiêre instelling het ’n magdom van kort kursusse om van te kies. Wat van ’n kursus in infrastruktuurbeplanning, forensiese ondersoek of grondontleding? n