Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
DIE FINANSIËLE adviseur Bryan Hirsch beweer dat Suid-Afrikaners se skuldverhouding nie so sleg is as wat baie mense dink nie – hulle het besteebare inkomste waarvan hulle nie weet nie.
Deur dié verskuilde reserwes te benut, het talle Suid-Afrikaners hul skuldlas te bowe gekom – maar hulle moes gehelp word.
Hirsch sê Suid-Afrikaners vaar oor die algemeen taamlik sleg as dit by die bestuur van hul geldsake kom, soos finansiële beplanning en ’n maandelikse begroting.
Om dié rede sukkel soveel Suid-Afrikaners om hul skuldverpligtinge na te kom. As hulle ’n behoorlike maandelikse begroting sou optrek en elke uitgawe bedink, sou hulle voldoende kontant vrystel om solvent te raak, sê hy.
Sugendhree Reddy, direkteur van bankprodukte vir Standard Bank, sê die bank het dit besef en wy baie van sy energie daaraan om kliënte (en die algemene publiek) op te voed oor hoe belangrik dit is om te begroot, te bespaar, alle uitgawes te evalueer en metodes te probeer vind om hul inkomste aan te vul, ten einde selfs in moeilike ekonomiese tye finansiële bestendigheid te verseker.
Michael Jordaan, uitvoerende hoof van Eerste Nasionale Bank (ENB), stem saam. Hy sê navorsing dui daarop dat 95% van alle mense nie weet hoeveel hulle aan bankkoste bestee nie – of, wat dit betref, aan enige ander kostes nie. Dit is volgens hom frustrerend vir instellings wat waarde bied, want in SA word vergelykende reklame nie toegelaat nie.
Jordaan se raad is dat, ongeag hoeveel skuld iemand het, die meeste mense hul oormatige skuldlas kan verlig as hulle ’n bestendige maandelikse inkomste het en bereid is om op hul leefstyl te besnoei. “Hoewel ons gewillig is om mense se lenings te herbereken, moet die proses begin deur na hul leefstyl te kyk. Dit moet by ’n maandelikse begroting begin, en daarna moet elke uitgawe bekyk word.”
Dikwels kan ’n mens ’n aansienlike besparing bewerkstellig deur eenvoudig verskillende kwotasies vir iets te verkry, hetsy vir korttermynversekering, bankrekenings, elektrisiteit (vooraf betaalde krag het byvoorbeeld ’n laer tarief as die gewone maandelikse tariewe), of lewensversekering, wat dikwels ’n onnodige uitkeergedeelte bevat. Byna enigiets het ’n goedkoper weergawe, van selfoonpakkette tot DStv-boekette, sê Jordaan.
Dikwels ontdek mense dinge waarop hulle baie kan bespaar sonder om hul leefstyl ernstig in te krimp, maar wat kontantvloei kan vrystel om skuld af te betaal of meer vir hul oudag te spaar. n