Related Articles
Top Stories
May 27 2012 11:21
There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.
May 27 2012 13:09
The oversupply of golf estates has claimed another victim.
May 28 2012 07:53
The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.
DIE NETTO verlies ná belasting vir die kleinhandelbankbedryf verbeter sedert die eerste kwartaal van vanjaar – wat die daling in winsgewendheid beëindig wat in die derde kwartaal van 2007 begin het. Al die groot kleinhandelbanke verklaar egter op die oomblik ’n verlies.
Emilio Pera, hoofdirekteur vir die bankwese en kapitaalmarkte van Ernst & Young, sê daar is “lig aan die einde van die tonnel, al het die bedryf nog nie heeltemal herstel nie”.
Aan die negatiewe kant is die feit dat die kostestyging sedert die derde kwartaal van 2008 die inkomstestyging oorskry, en dís die faktor wat veroorsaak dat die kwessie van afdankings weer in die kleinhandelbanksektor na vore tree.
“Koste is in die lig van nuwe regulasies, soos die nuwe maatskappywet, die wet op verbruikersbeskerming en die nuwe veranderinge aan IFRS-rekeningkunde wat kom, iets waarop die banke sal konsentreer,” sê Pera. Pera sê om koste beduidend te verminder, moet lone aandag kry, want dis die grootste koste. Die aantal werknemers neem sedert die eerste kwartaal van verlede jaar bestendig af, en die natuurlike afname van die aantal werkers is die instrument wat hoofsaaklik gebruik word om dit te bewerkstellig. Die probleem is dat die grootste personeelomset onder junior werknemers voorkom, terwyl die grootste besparing behaal kan word deur die aantal senior bestuurders te verminder.
“Dié senior mense loop in die huidige arbeidsmark eenvoudig nie die gevaar om nie werk te hê nie, en banke is daarom verplig om afdankings te oorweeg,” sê hy.
Pera sê die netto rente-inkomste bly positief nadat ’n daalneiging verlede jaar voorgekom het. Dit dui daarop dat kredietstandaarde in ’n mate verlig is, wat beteken dat banke weer begin uitleen. Dis nou as hulle iemand kan vind om aan te leen.
Sugendhree Reddy, direkteur vir bankprodukte van Standard Bank, sê banke is in ’n mate gekritiseer omdat hulle nie uitleen nie, terwyl baie verbruikers in werklikheid nie kredietgeriewe wil hê nie, selfs al kwalifiseer hulle daarvoor. Sy sê mense wat nie negatief deur die kredietkrisis en die resessie geraak is nie, sê nogtans vir hul bank dat hulle nie meer ’n oortrekkingsgerief of ’n kredietkaart wil hê nie.
Pera sê dié wie se kredietaansoek afgekeur is, moet onthou dat die nasionale kredietwet slegte uitleenpraktyke verbied. “Daarom tree banke reg op as hulle nie aan mense uitleen wat nie veel meer skuld kan aangaan nie.
“Kredietverliese is steeds op ’n hoë vlak, maar begin afneem,” sê hy. n