Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Volg die Foord-kompas

Marc Hasenfuss

Related Articles

 

Top Stories

Cell C move sparks price war

May 27 2012 11:21

There's a price war raging between South Africa's cellphone networks after Cell C lowered the rates of its prepaid calls by more than 34%.

Another golf estate victim

May 27 2012 13:09

The oversupply of golf estates has claimed another victim.

MyCiti buses running at a loss

May 28 2012 07:53

The City of Cape Town has spent R175m running the Myciti bus service since the Soccer World Cup compared to an income of R35m, a report says.

 
Share Share line Print
Lesers sal teen dié tyd besef hoe sterk ek daaroor voel om beleggings te hê in die maatskappye wat deur die Rupert-familie beheer word (al twyfel ek soms ietwat oor Reinet Investments).

Ek hou vol dat Remgro die aandeel is wat elke Suid-Afrikaner moet hê en dat dié aandeel oorweeg moet word voordat beleggers die oormaat effektetrusts (en beursverhandelde fondse) oorweeg wat beskikbaar is. Richemont is suiwer gehalte, en Reinet kan seker die beste beskryf word as ’n opsie wat van Johann Rupert se besluite afhang.

Toe ek onlangs my gesin se portefeulje bekyk, het ek besef dat ons beskeie bedraggies ’n nuwe gunsteling-belegging weerspieël.

Ek het my vrou – wat my beleggingskundigheid (sedert die Monex-voorval) nie verder vertrou as wat sy my gholfstokke kan gooi nie – in 2010 oorreed om ’n groot deel van haar spaargeld in kennisdeposito’s te onttrek. Sy het ietwat huiwerig Foord Compass-skuldbriewe gekoop, maar ná twee ruim uitkerings lyk dit of my reputasie besig is om te herstel.

Die gesamentlike waarde van ons aandele in Remgro, Richemont en Reinet is tans minder as die helfte van die waarde van ons belang in Foord Compass-skuldbriewe.

Ek hou steeds vol dat Remgro ’n uitstekende beginpunt vir ’n nuwelingbelegger is, maar Foord Compass moet ook behoorlik oorweeg word as ’n metodiese wegspringplek vir nuwelingbeleggers in die aandelemark.

Hier is ’n paar redes vir my stelling:

* Hoewel dit nie maklik is om Foord Compass te kategoriseer nie, beskou ek die skuldbrief as ’n kombinasie van ’n verskansingsfonds en ’n aanpasbare fonds. Die fonds kan alle bateklasse gebruik in sy poging om ’n opbrengs van inflasie plus 6% te behaal deur bestendige kapitaalgroei en ’n ordentlike opbrengs.

* Sy prestasiegeskiedenis tot dusver is bestendig. Die portefeulje het in die ses maande tot einde Junie 6,8% opgelewer, wat die hernieubare opbrengs oor ’n jaar op 21,6% te staan bring. Ofskoon die geannualiseerde opbrengs oor vyf jaar (22,6% sedert begin 2002) minder as sy norm is, klop hy die norm van sy ontstaan af met gemak.

* Foord Compass het ’n gedugte breintrust wat deur die hoog aangeskrewe batebestuurder Dave Foord gelei word. Hoewel dit nooit maklik is om aandele te kry wat sterk groei en sinvolle opbrengsgroei bied nie, blyk dit dat Foord heel dikwels goeie keuses doen (die portefeuljesamestelling word eers aan die einde van die boekjaar bekend gemaak).

* Foord Compass het ’n dwingende buitelandse element, wat verder strek as ’n blote verstekbelang in die Foord International Trust-effektetrust. Interessant genoeg is Foord Compass se onlangse prestasie hoofsaaklik deur sy buitelandse komponent gedryf.

* Vir my is die sterkste verkoopspunt van Foord Compass die uitkerings (30c per skuldbrief vir die halfjaar tot einde Junie) – wat belasbaar is (onthou dit). Herbelegging is nie ’n slegte idee nie, en die tussentydse verklaring bied ’n skripopsie. Die uitbetalings bied egter ’n klomp kontant wat ek dikwels gebruik om posisies in belowende kleinkapitalisasiemaatskappye te bou. Dié keer sal ek dit dalk vir Chemspec of Consolidated Infrastructure Group gebruik. My vrou, ’n onderwyseres wat remediërende onderrig gee, kyk nie verder as Curro nie.

Daar is een nadeel. Anders as Remgro en ander groter beleggingstrusts kan Foord Compass ongelukkig nie teen ’n groot diskonto op sy onderliggende bates gekoop word nie. Dis trouens nie ongewoon dat Foord Compass teen ’n premie op sy netto batewaarde verhandel nie.

Teen einde Junie het Foord Compass ’n netto batewaarde (met dividend) van 778c per skuldbrief gehad, en die skuldbrief het verlede week teen tussen 770c en 780c verhandel. Maar die uitstekende prestasiegeskiedenis van kapitaalgroei en betroubare opbrengs regverdig seker ’n premie (en dis nogtans goedkoper as ’n effektetrust).
 

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
It pays to know the cost and what you’re getting in return
May 28 2012 09:33

Investors may not have a clue what they’re paying their money managers or they type of service they’re getting, or, whether they can actually negotiate lower fees. (Reuters)

SageGroup

By Saul Symanowitz: Divisional Director, BEE 123 by Pastel   SMEs and BEE Whilst there is no universal definition for what constitutes an SME (Small and Micro Enterprise),for BEE  purposes most SMEs would be classified as EMEs (businesses with a turnover of below R5 mil pa) or QSEs (busin... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...