DIE ONLANGSE “randsterkte” spruit grotendeels uit internasionale mededinging om ’n swak geldeenheid terwyl ontwikkelde en sogenaamde grensekonomieë, soos SA, die internasionale finansiële krisis probeer regstel en groei met goedkoop uitvoer probeer versnel. Dis hoegenaamd nie negatief vir SA nie, en ons is in werklikheid opgewonde oor die waarde van prima aandele en geleenthede vir aktiewe strategiese belegging – sowel in die buiteland as plaaslik.
Dit is in ’n tyd waarin die meeste beleggers mor en oor die “sterk” rand bekommerd is. Soos ons nog altyd geredeneer het, help ’n sterk rand SA ook om reële groei in ’n omgewing van lae of bestendige rentekoerse te behaal, nie die denkbeeldige opgeblase groei wat uit ’n swak rand spruit nie.
Goed, die rand is op vlakke wat aan dié van 2003 herinner toe baie min beleggers die oplewing in vaste investering in SA verwag het wat eers in 2007 ten einde geloop het – en toe baie min verwag het dat die rand R5,60 teenoor die Amerikaanse dollar sou bereik het, soos laat in 2004 gebeur het. Buitelandse beleggers wat besluit het dat die rand niks anders kan doen as om te verswak nie toe die rand laat in 2001 op R13,8 teenoor die dollar was, kon in 2004 en 2005 nie glo dat hul buitelandse beleggings gehalveer het nie.
Die huidige situasie kan in sekere opsigte daarmee ooreenstem. Ja, geweldige internasionale finansiële risiko’s kom steeds voor, maar goeie geleenthede bestaan wat benut kan word, veral deur dié wat geduldig is.
Die buitelandse beleggers wat die afgelope 15 jaar goed gevaar het, was dié wat in jare met ’n sterk rand belê het, soos in Junie 1997 (R4,50 teenoor die dollar) of tussen 2004 en 2006 (byvoorbeeld R6,50 teenoor die dollar). Ons onthou nog hoe beleggers in 2004 hul buitelandse beleggings gesluit het om geld na SA terug te bring. Trouens, 2004 was ’n tyd toe ’n mens buitelandse beleggings moes vergroot het. Laat dit jou aan vandag se situasie dink?
Afgesien van plaaslike geleenthede, bestaan talle geleenthede in die buiteland om in die volgende jaar of wat in te belê, selfs al verras die rand deur nog verder, tot nader aan R6 teenoor die dollar, te versterk. Daarna sal langertermyn- buitelandse beleggings wat in ’n tyd van goeie waarde en ’n sterk rand gekoop is, goeie, dalk skouspelagtige, vrugte dra wanneer die rand weer verswak – en die ontwikkelde wêreld daarby ’n mate van goeie reële groei behaal.
Op die oomblik is die meeste mense dalk onwillig om in die buiteland te belê. Wel, ja, Europa en Amerika sal nog ’n paar jaar lank sukkel om groei op te lewer, maar onthou dat internasionale beleggings kan verbeter lank voordat dit met groei en die gemoedstemming gebeur.
Sekere moeilike praktiese beperkinge bestaan as ’n mens dit op persoonlike vlak toepas, maar ons reken dat dit die moeite werd sal wees om nou daaraan aandag te gee, en as die rand in die komende maande dalk verder styg, jou portefeulje en aftreeneseier dalk te herbalanseer. Plaaslik moet jou beleggings ’n omgewing van bestendige of laer rentekoerse kan benut, nie die omgewing van stygende inflasie en ’n verswakkende rand van twee of drie jaar gelede nie. Om suksesvol in die buiteland te belê, is ’n langer tydraamwerk gewoonlik nodig.
Walter Aylett, wat die Nedgroup Bravata-fonds bestuur, is entoesiasties oor die geleenthede wat SA se sterker rand vir ’n portefeuljebestuurder inhou. “Ek koop maatskappye goedkoop op enige plek ter wêreld.” Die mandaat van die fonds is ’n wêreldwye een wat dit vir die bestuurder moontlik maak om op enige plek te belê. Hy fokus op die oomblik daarop om goeie waarde in goeie oorsese maatskappye te soek. Tans is 80% van die fonds in die buiteland belê. Die sterk rand gee hom nie net die geleentheid om die buiteland te benut nie, maar hy meen ook dat uitstekende waarde reeds in Brittanje, Europa en Amerika gevind kan word waar produktiwiteit aangemoedig word. Daarteenoor staan onrealistiese plaaslike verwagtinge van jaarlikse salarisverhogings en die gepaardgaande plaaslike inflasiedruk.
Die vertroue sal nog getoets word en terugslae sal voorkom namate internasionale markte veranderinge beleef. Maar die beleggingsomgewing verander van voorkeur aan kapitaalbeskerming na die vind van geleenthede om geld te laat werk. Local (en sommige plekke oorsee) word lekker.
Ons sal dit op 22 en 24 November verder op die Finweek-welvaartsforum in Kaapstad en Johannesburg bespreek. Hou Finweek vir besonderhede dop.