Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Paniek onnodig

Marc Ashton

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
JANNIE MOUTON, uitvoerende hoof en stigter van die beleggingsgroep PSG, spreek beleggers elke jaar op die maatskappy se algemene jaarvergadering toe en doen ’n vinnige berekening wat die mag van ’n saamgestelde belegging in PSG uitlig.

In 2009 het dit gelui: “R100 wat in 1995 in PSG belê is, sou, as die dividende herbelê is, nou sowat R34 000 werd gewees het.” Dit is volgens enige standaard ’n fantastiese opbrengs.

Dit is waar dat ’n paar wonderlike beleggings PSG gehelp het, waaronder sy uiters suksesvolle belegging in Capitec Bank, maar wat die voorbeeld ook toon, is die waarde daarvan om ’n belegging met ’n groot opbrengs op aandeelhouersbelang vir ’n lang tydperk te hou.

Iets wat nog belangriker is wat uit die grafiek van PSG se beleggingsopbrengs blyk, is dat ’n groot deel van sy prestasie eers teen omstreeks 2003 of 2004 behaal is toe Capitec ontbondel is. Dit het agt jaar geduur om die waarde te ontsluit, maar noudat dit ontsluit is, het beleggers tussen November 1995 en Februarie 2008 saamgestelde groei van 60% geniet.

Paul Cluer, besturende direkteur van Foord Unit Trusts, het navorsing oor hul eie fondse gedoen om die waarde van saamgestelde beleggings uit te lig. “As iemand 23 jaar gelede R20 000 in Foord se saambreel-voorsorgfonds belê het, sou dié belegging vandag meer as R6 miljoen werd gewees het. Die fonds se eenheidsprys het in dié tydperk van R1 per eenheid tot net meer as R300 per eenheid vanjaar gestyg. Dit is ’n opbrengs van sowat 30 000%,” sê Cluer.

Hy verwys na Carolyn Bywater, ’n werknemer by Foord wat 20 jaar gelede R8 545 in die fonds belê het. Dié belegging is nou R1 329 238 werd – sonder dat nog geld inbetaal is.

Die vooraanstaande batebestuursmaatskappy Allan Gray bereken dat R10 000 wat op 15 Junie 1974 by hom belê is, op 30 Junie vanjaar meer as R75 miljoen werd sou gewees het.

Terwyl dié syfers dalk as inspirasie vir beleggers sal dien om dit ten minste te oorweeg om hul portefeulje van nader te be- skou, is dit dikwels makliker gesê as gedaan om mens tot langtermyn-beleggings op te verbind.

Twee dinge wat beleggers volgens welvaartbestuurders verkeerd doen, is dat hulle nie op lang termyn uithou nie en hulle onttrek net wanneer hul belegging saamgestelde opbrengste begin oplewer of dat hulle van die een bateklas na die ander spring om ’n korttermynwins te probeer najaag.

Die finansiële krisis het in 2009 ’n kwaai uitwerking op SA huishoudings gehad en baie spaarders is gedwing om van die spaargeld in hul neseier te gebruik om ’n bepaalde lewensgehalte te handhaaf. Dit weerspieël Suid-Afrikaners se korttermyn-benadering tot spaar.

Prem Govender, hoof van die SA spaarinstituut, het aan die begin van nasionale spaarmaand daarop gewys dat hoë vlakke van huishoudelike skuld dikwels gebruik word as ’n rede om nie te spaar nie. Sy reken dat huishoudelike skuld van 80% van die besteebare inkomste en die spaarpersentasie van dieselfde groep mense op -0,4% onvolhoubaar is.

Cluer raai beleggers aan om “vasbeslote te wees om die versoeking te weerstaan om hulle uit paniek te onttrek wanneer markte daal. Dit kan baie gevaarlik wees om die verloop van marksiklusse te probeer bepaal – selfs al voorspel jy die mark se boonste draaipunt reg, sal jy ook die mark se onderste draaipunt reg moet voorspel, anders kan jy die herstel misloop. Dit is baie moeilik om een voorspelling reg te kry; dit is byna onmoontlik om twee ná mekaar reg te kry.”

Die beste raad kom dalk van die beleggingsghoeroe Warren Buffett, wat eenkeer opgemerk het: “Iemand sit vandag in die skaduwee omdat iemand lank gelede ’n boom geplant het.”

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...