Register now for Fin24 Dashboard and get access to portfolios, watchlists, financial comparison tools, and a whole lot more to help you achieve your financial goals.

Data provided by McGregor BFA
All data is delayed
Loading...
Where am I? Home
 
Prices are delayed by 15min.
Join the Fin24.com conversation about JSE-listed stock by using every time you tweet.

Gaan die beer toeslaan?

Lucas de Lange

Related Articles

 

Top Stories

Xstrata shuts furnaces to aid Eskom

Feb 13 2012 12:15

Miner Xstrata says it has brought forward maintenance on two furnaces to assist Eskom to save power.

SA economy adds 80 000 jobs in January

Feb 13 2012 10:43

Although jobs were created, the economy is still 420 000 jobs short of the peak employment level before the 2009 global financial crisis, says Adcorp.

Greece at last approves austerity measures

Feb 13 2012 07:58

Greek lawmakers have approved a new round of drastic austerity measures after a long day of street battles between police and protesters left dozens injured.

 
Share Share line Print
Gaan die beer toeslaan of nie en, indien wel, in watter mate? Dit is die vraag waarmee beleggers wêreldwyd tans worstel namate tegniese faktore bevestig dat ’n interne verswakking besig is om na vore te kom ondanks aanwysers soos die gewilde 200-daagse bewegende gemiddelde, wat nog nie afwaarts omgekeer het nie.

Die interne verswakking op die JSE word weerspieël deur die styg/daallyn* wat reeds in Junie afwaarts omgekeer het, soos uit bygaande grafiek blyk. In hierdie rubriek is dit destyds uitgewys as ’n gevaarteken dat die mark intern kan verswak omdat dit die boodskap uitstuur dat meer aandele daal as wat styg. Die styg/daallyn loop dikwels ’n algemene indeks vooruit en is ’n nuttige hulpmiddel om aan te toon hoe wyd die steun is wat ’n tendens geniet. Sy boodskap tans is dat die steun besig is om te taan.

Dan word die kop-en-skouerformasie wat ontwikkel het by sowel die wêreld se leierindeks, Amerika se Standard & Poor 500, asook die JSE se indeks van alle aandele, ook noukeurig dopgehou. Dit word beskou as van die betroubaarder formasies wat op ’n moontlike ommekeer in ’n tendens dui. Val die indekse deur die sogenaamde neklyn, kan ernstige dalings volg, aangesien so baie markspelers op sulke tegniese seine reageer. Daar is kontrabeleggers (dit wil sê hulle koop ondergewaardeerde of oorverkoopte aandele wanneer ander paniekerig raak) wat geen geheim daarvan maak nie dat hulle tans sit en wag op koopgeleenthede wanneer ’n beermark op die een of ander tyd toeslaan.

Dit is opmerklik dat die S&P 500 verbasend goed hou gegewe die stroom slegte nuus van die laaste tyd. Elke keer wanneer daar verkoopdruk is nadat slegte nuus verskyn het, is dit opvallend dat kopers na vore kom en pryse stut. Hulle verdwyn egter sodra pryse ’n entjie verbeter het.

Soos blyk uit die grafieke van die indeks van relatiewe sterkte van die S&P 500 sowel as die JSE, kan die markte nie as oorverkoop beskou word nie. In albei gevalle lê dit in neutrale gebied.

Word na die individuele sektore gekyk, is daar ook nie veel vreugde nie. Een van die uitsonderings is goud en goudaandele. Dáár heers ’n stewige bulmark, soos onder meer blyk uit die grafiek van die FT-goudindeks in Londen waar ’n verskeidenheid van goudaandele genoteer word. Dié indeks het in April ’n hoogtepunt van 3 568 bereik en staan tans in die omgewing van 3 393. Wat opval, is dat wanneer die waarde daal tot by die 200-daagse bewegende gemiddelde, kopers na vore kom. Die indeks het sedert sy laagtepunt in Oktober 2008 reeds met sowat 194% gestyg.

Een bekende Amerikaanse tegniese ontleder, Jack Steiman, skryf dat dit tydmors is om te probeer verstaan waarom Wall Street so ’n verwarrende prentjie uitstuur. Want as die stroom slegte nuus in gedagte gehou word, dan behoort, uit ’n fundamentele oogpunt gesien, sterk dalings voor te kom. Die enigste manier om sin te probeer maak van wat aangaan, is om die tegniese aanwysers se boodskap te ontsyfer, sê hy.

Dit sluit sekerlik in dat beleggers, gegewe die onsekere omstandighede, van hul swakker aandele tydens markopkikkerings ontslae raak.

* Die styg/daallyn dek die hele mark en bestaan daaruit dat die getal aandele wat gedaal het (weekliks of daagliks) afgetrek word van die getal wat gestyg het. Jy kry nou ’n netto syfer wat bymekaargetel word om ’n kumulatiewe lyn te vorm. Om ’n verwarrende bontspringery te vermy, word ’n bewegende gemiddelde (sê 10 weke) gebruik om die lyn uit te stryk.

 

Company Snapshot

For detailed Unit Trust information, click here.
Facebook still a closed book in China
Feb 08 2012 16:59

Mark Zuckerberg wants to ''friend'' China's massive market but how far is he prepared to go, and against what competition?

NicolaaSmith

What would happen if Greece leaves the European Monetary Union What would happen if Greece leaves the European Monetary Union The Euro would become a foreign currency like the US Dollar in Greece. Very little would actually change. It would be illegal for the Greek monetary authority to overprint a... Read their blog...

Recently updated
Podcasts
The Sishen saga

Legal expert Peter Leon on the increasingly complex legal wrangle over the Sishen Iron Ore mine. Time: 8:17 Listen Here...

Before you list

Is the clarion call of the JSE calling? Listen to Fin24’s expert panel discussion before you list your small business. Time: 17:29

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money

Money Clinic

Money Clinic Do you have a question about your finances? We'll get an expert opinion.
Click here...

Loading...