Share

DIE finweek

TOP NUUS

Maak die wapenwond skoon

Al hoe meer bewyse van ’n korrupte wapentransaksie kom na vore en die druk op die Valke neem toe om die ondersoek te heropen. Die jongste is dat die Britse wapenreus BAE Systems meer as R100 miljoen aan die staatsraadgewer Fana Hlongwane betaal het.

WAT ANDER SÊ

THE TIMES sê pres. Jacob Zuma is dit aan SA verskuldig om die jongste wapen-aantygings te verduidelik – “die mees komplekse, morsige en betwiste saketransaksie van die nuwe SA”. BEELD sê die onwilligheid – of is dit vrees? – van die regering om die wapenskandaal behoorlik te ondersoek, gaan dit nie laat verdwyn nie. Dit is ’n wond wat gaan bly sweer as dit nie behoorlik skoongemaak word nie.

Kritiese stem is stil

Kader Asmal, oudminister wat in 2007 uit die parlement bedank het omdat hy teen die ontbinding van die Skerpioene gekant was, is wyd geloof vir sy volgehoue pogings om onreg te ontbloot. Asmal (76), wat kanker gehad het, is ná ’n hartaanval oorlede.

WAT ANDER SÊ

THE STAR sê Asmal was ’n man met beginsels en was nooit bang om die waarheid te praat nie. SUNDAY TIMES wys op ’n leeftyd van diens en sê hy het vir waarheid geveg, soos sy sterk uitsprake teen die beoogde inligtingswet van getuig. THE CITIZEN beskryf hom as “dapper en energiek” en iemand wat oor baie jare heen ’n verskil gemaak het. THE NEW AGE sê dat hy, in die kader van die tyd, eerlike en geregverdigde kritiek gelewer het.

Besoek was inspirerend

Michelle Obama, Amerikaanse presidentsvrou, se weeklange toer in Suider-Afrika is verby en as uiters suksesvol geloof. Sy het gesê Afrika is ’n baie belangrike vennoot van die ineengeskakelde wêreld om armoede uit te skakel en demokrasie te bevorder.

WAT ANDER SÊ

THE TIMES meen dat Obama se besoek aan SA en Botswana ’n skouspelagtige sukses was. THE NEW AGE sê haar gesprekke met veral jong mense en vroue is onmoontlik om te ignoreer en dat miljoene desperate mense deur haar filosofie van “ja, ons kan” geïnspireer is. THE STAR meen egter dat die Amerikaanse president self hier moet aandoen om eerstehands oor sy land se gekritiseerde beleid te praat.

ANC moet gelei word

Verskeie sakeleiers, insluitend die mynbouleiers Mark Cutifani en Bobby Godsell, het hulle sterk ten gunste van eksterne leiding aan die ANC-regering uitgespreek om die ontsteltenis oor nasionaliserings- en ander gerugte te ontlont. ANC-leierskap was ook in die spervuur.

WAT ANDER SÊ

SUNDAY TIMES maan dat SA se groot maatskappye veels te beskroomd optree wanneer uiters belangrike landsake ter sprake is. Die private sektor moet bevestig dat hy ’n baie beter kans as die regering het om werk te skep en ekonomiese groei te bewerkstellig. RAPPORT en MAIL & GUARDIAN maan dat SA nie langer die ANC se “oorverdowende stilte” oor sake wat beleggers bekommer, kan bekostig nie.

HOE SÊ?

‘Die ANC is nie ’n stokvel nie; hy is ’n politieke party. Ons ontwikkel nie beleid op ons voete nie en neem nie net beleid aan omdat ’n groep baie te sê het oor dinge soos die nasionalisering van myne nie.’– GWEDE MANTASHE, sekretaris-generaal van die ANC.

‘SA se sakesektor moes nie net meer gepraat het oor knelpunte soos werkloosheid, armoede en ongelykheid nie – ons moes meer gedoen het.’ – BOBBY GODSELL, voorsitter van BLSA, ’n vereniging van SA se topmaatskappye, oor groter betrokkenheid by beleidsake.

‘Beursverhandelde fondse (ETF’s) moet beter geadverteer word en mense wat onder meer hul bedenkinge oor die opbrengste van aftree-annuïteite het, moet oor hul voordele ingelig word.’ – MIKE BROWN, besturende direkteur van die aanlynmakelaar EtfSA.

‘Walmart se spesiale aanbiedinge by Massmart-filiale is nie net op die kort termyn gemik nie; dit verander die mark.’ – GRANT PATTISON, uitvoerende hoof van Massmart, oor dié groep se reeks prysverlagings, wat tot tien weke duur teenoor SA kleinhandelaars se gebruik van slegs enkele dae.

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.24
-0.4%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.46
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
950.00
-0.0%
Palladium
1,026.00
-0.3%
Gold
2,382.23
+0.1%
Silver
28.28
+0.2%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
0.0%
All Share
73,271
0.0%
Resource 10
63,297
0.0%
Industrial 25
98,419
0.0%
Financial 15
15,480
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders