Share

DIE finweek

TOP NUUS

Welkom, onwelkome Walmart

Die Amerikaanse kleinhandelreus Walmart, wat 55 handelsname in 15 lande het, se voorgenome transaksie van R16,5 miljard met Massmart is goedgekeur, maar vakbonde brom steeds.

WAT ANDER SÊ

THE STAR sê die besluit om Walmart toe te laat ondanks al die besware, is die regte een. BEELD meen die mededingingstribunaal het bewys hy kan sterk staan teen politieke inmenging. Geen belegger gaan in ’n land belê waar die vakbonde hom voorskryf nie. SUNDAY TIMES maan dat SA gemengde boodskappe uitstuur wanneer mense dreig om eie reguleerders hof toe te sleep. MAIL & GUARDIAN sê as die presidensie se leiding reg was, kon die saak lankal afgehandel gewees het.

Wetsontwerp beledig die Grondwet

Weerstand deur onder meer Cosatu en kritiek uit eie geledere (soos dié van Ronnie Kasrils, voormalige minister van intelligensie) dat die reikwydte van die voorgenome inligtingswet te groot gaan wees, het die ANC laat besluit om die proses met drie maande te verleng.

WAT ANDER SÊ

THE TIMES sê die wetsontwerp is ’n belediging vir SA se Grondwet en die ANC behoort teen dié tyd te besef dat die kommer daaroor veel verder reik as die media en opposisiepartye. THE CITIZEN sê redelike mense aanvaar die noodsaak van staatsgeheime, maar nie ’n geheime staat nie. BEELD sê kritici moet die geleende tyd benut.

Albertina Sisulu wyd vereer

Van binne en buite SA is eer betoon aan Albertina Sisulu (92), politieke aktivis wat verlede week in haar huis in Linden, Johannesburg, oorlede is.

WAT ANDER SÊ

CITY PRESS sê sy was een van die laastes van ’n generasie van groot leiers. THE NEW AGE sê Sisulu en ander mense soos sy was nooit by die struggle betrokke vir eie gewin nie en ’n mens wonder waar baie van die huidige leiers begin het om dinge vir persoonlike verryking te doen. THE TIMES vra of die huidige SA die plek is wat mense soos Sisulu en Nelson Mandela voorsien het. SATURDAY STAR sê sy was deel van ’n vergete era van beginsels, eer en opoffering, wat vandag maar skaars is.

Nie jonk en onskuldig nie

Die media het wyd kommer uitgespreek oor SA se jeug, insluitend die gebruik van steroïede op skoolvlak, sedeloosheid en die vernietigingspad van die ANC se jeugliga.

WAT ANDER SÊ

SUNDAY TIMES sê die groeiende gebruik van steroïede op skoolvlak om sportprestasie te vergroot, is net nog ’n voorbeeld van hoe onskuldige kinderjare van die jeug weggeneem word. “Laat ons kinders speel.” THE TIMES sê SA ouers, onderwysers en die regering sal ook, nes die Britse owerhede se noodplan om kinders te beskerm teen té vroeë volwassenheid, dringend iets aan die saak moet doen. THE CITIZEN sê selfs Malema en ander jeugliga-leiers se optrede voorspel niks goeds vir SA nie.

HOE SÊ?

‘Die wet op die beskerming van inligting sal ook verhinder dat verklikkers na vore kom met inligting wat korrupsie aan die lig sal bring.’ – THULI MADONSELA, openbare beskermer, by die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool.

‘Mense in SA het baie ander dinge om oor bekommerd te wees, maar hulle kan tevrede wees met die toedrag van sake by die plaaslike banke en ’n veilige en stabiele bankstelsel.’ – ERROL KRUGER, uittredende registrateur van banke.

‘Huispryse se skamele groei van 2,1% op ’n jaargrondslag weerspieël dat daar nog groot wanbalanse in die SA huismark is en dat dié mark uiters broos is.’ – JOHN LOOS, eiendomsekonoom van FNB, oor die tam eiendomsbedryf.

‘Ons sal eers ná einde Julie ’n besluit neem oor hidrouliese breking in die Karoo, nadat die kabinet die verslag van ’n taakgroep oor die aangeleentheid bestudeer het.’– SUSAN SHABANGU, minister van minerale bronne.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.00
+0.1%
Rand - Pound
23.69
-0.0%
Rand - Euro
20.29
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.25
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
947.10
-0.6%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,375.28
+0.6%
Silver
28.42
+0.7%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
0.0%
Resource 10
63,378
0.0%
Industrial 25
97,824
0.0%
Financial 15
15,384
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders