Share

DIE finweek

TOP NUUS

’n Skakelramp

Die dood van die terroristeleier Osama bin Laden het steeds die media oorheers, maar die fokus het verskuif na die bedenklike wyse waarop Amerika die geval gehanteer het.

WAT ANDER SÊ

Die LOS ANGELES TIMES sê die Withuis se weersprekende verklarings is ontstellend. Dit sou groter trots tot gevolg gehad het as Bin Laden gevang en vir sy misdade verantwoordelik gehou is. THE TIMES sê dit was ’n militêre triomf maar ’n ramp in openbare betrekkinge. THE CITIZEN sê dit was hopelose skakelwerk deur ’n land wat dringend vriende nodig het. MAIL & GUARDIAN maan dat Palenstynse en ander griewe teen die Weste toeneem en vrugbare grond vir verdere terrorisme is.

Die eerbare uitweg

Siyabonga Cwele se kop as minister van staatsveiligheid word geëis nadat sy vrou, Sheryl, in Pietermaritzburg aan dwelmhandel skuldig bevind is.

WAT ANDER SÊ

BEELD sê Cwele se optrede nadat sy vrou skuldig bevind is, getuig van arrogansie en vermetelheid. In ander lande sou hy in skande moes bedank. “As Cwele die episode ongeskonde oorleef, is ons nog ’n treetjie nader aan ’n piesangrepubliek.” SATURDAY STAR sê dis nie eerbaar dat Cwele in die pos aanbly nie omdat dit landsburgers se vertroue in die veiligheidstelsel verder afbreek. THE CITIZEN sê Cwele moet bedank of afgedank word – ondanks sy politieke lojaliteit.

Toilet-skandes

Die verkiesingsveldtog het in die dae voor stemdag nuwe laagtepunte bereik nadat nog toiletskandes, dié keer by Viljoenskroon en heel ironies weens ’n ANC-mistasting, aan die lig gekom het.

WAT ANDER SÊ

THE TIMES sê die stank van die oop toilette het onhoudbaar begin raak toe die ANC oor ’n soortgelyke skandaal as dié van die DA in die Wes-Kaap gekarnuffel is. Dis egter tyd dat “sanitêre wapens” neergelê word en op die eintlike probleem, swak dienslewering, klem gelê word. MAIL & GUARDIAN meen dat armes se probleme nie misbruik behoort te word om politieke punte aan te teken nie en daar moet eerder opgetree word in ooreenstemming met kiesers se frustrasies, wat ’n uitgediende kiesstelsel insluit.

Ideologiese mistasting

SA se groeiende werkloosheid en armoede – en oplossings daarvoor – was op verskeie forums, soos die Wêreld- Ekonomiese Forum se byeenkoms in Kaapstad, in die kollig.

WAT ANDER SÊ

BUSINESS DAY maan dat die hartseer waarheid in SA is dat miljoene nuwe werkgeleenthede nagejaag word deur die ideologiese mistasting dat volhoubare sakeondernemings blitsig gevestig kan word en dat arbeidskoste nie ’n struikelblok vir belegging is nie. BEELD sê SA se werkloosheidskrisis sal eers opgelos word die dag as die ANC se denkfout oor dié kwessie reggestel is. Eers wanneer die regte klimaat vir sakegroei geskep word, sal werkloosheid begin afneem. Regerings skep nie werk nie.

HOE SÊ?

‘Die regering kan nie die hoë looneise (10%) van staats-amptenare bekostig nie omdat belastinginkomste nog nie ten volle herstel het ná die resessie nie.’

— PRAVIN GORDHAN, minister van finansies.

‘Die rede waarom China, Indië, Brasilië en Rusland se vervaardigingsektore soveel meer werk skep as SA s’n is dat hulle nie net die rigting regkry nie; hulle kry die be-sonderhede reg.’— IRAJ ABEDIAN, van Pan-African Investment & Research Services.

‘Ek dink die feit dat Amerika groot ekonomiese probleme het, het uiteindelik by beleggers begin insink. Die daling in die olieprys is ’n bevestiging hiervan.’ — GERHARD LAMPEN, hoof van Sanlam iTrade.

‘As ambisieuse jong mense weet dat dit iets vir hulle gaan beteken om ’n graad te kry en dat dit nie weggeneem gaan word deur korrupsie of politieke spel nie, kan die SA ekonomie nog vinniger groei.’— KOOS BEKKER, uitvoerende hoof van Naspers, tydens die WEF-byeenkoms in Kaapstad.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders