Share

DIE finweek

VINGERS VERBRAND
DIE FRANSE SPAN

SKOUSPELAGTIG – hierdie eerste wêreldbekersokkertoernooi in Afrika. Die wedstryde is opwindend en al moes ons nasionale span ná die eerste ronde groet, het hulle dit minstens met waardigheid gedoen. Wat meer is as wat mens van die spul Franse kan sê. Die Franse span het hul vliegkaartjies huis toe gekoop nog voordat hulle hul laaste wedstryd gespeel het – teen ons. In Knysna, die Franse span se basis tydens die toernooi, het hulle ’n nog skouspelagtiger vertoning gelewer. Die chaos het begin, of geëskaleer, toe sy ongewilde afrigter, Raymond Domenech, die doelskopper Nicolas Anelka huis toe stuur omdat dié hom beledig het. En toe gaan dit van kwaad na erger. Spelers het geweier om te oefen. Asof dit nie genoeg was nie, het die spandirekteur Jean-Louis Valentin bedank. Hy het die kampioene van die 1998-wêreldbekertoernooi as “skandalig” beskryf, wat pres. Nicolas Sarkozy laat ingryp het. Domenech het die drama voltooi deur te weier om Carlos Alberto Parreira, die Bafana se afrigter, se hand te skud nadat die Franse 2-1 teen SA verloor het.



AAN DIE BRAND
DIANNE KOHLERBARNARD

mens kan nie fout vind met Kohler-Barnard se onverskrokkenheid en toewyding aan haar portefeulje nie. Die video wat aan die media uitgelek is waarin Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, aan die polisie opdrag gee om met buitensporige geweld op te tree teen afgevaardigdes wat sy leierskap tydens die liga se konferensie in April teengestaan het, het die manne in beheer blykbaar min gepla. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het nie ’n woord daaroor gerep nie, ook nie Bheki Cele, die polisiehoof, of Luthuli House nie. Kohler-Barnard het die saak nou aan die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) voorgelê. Die vraag is nou wat die OKD sal doen wanneer hy tot dieselfde slotsom kom as alle Suid-Afrikaners wat die video gesien het.



Leon Gilbert: Vereniging van Staatsamptenare

Dubbele standaarde kan nie weens die sokker geld nie

Op watter loonverhoging dring die 120 000 staatsamptenare wat julle verteenwoordig aan?

11% deur die bank, en die werkgewer (die staat) bied 6,2% aan.

Is dit nie buitensporig meer as inflasie (6,2%) nie, in die lig daarvan dat verhogings van tot 13% in 2009 aan staatsamptenare toegestaan is?

Ons het ’n dispuut met die werkgewer verklaar. Kom ons loop nie die uitkoms van die versoeningsproses vooruit nie.

Toe julle jul eise geformuleer het, het julle in ag geneem dat Pravin Gordhan, minister van finansies, herhaaldelik gewaarsku het dat staatsamptenare nie weer die ruim verhoging moet verwag wat hulle in 2009 gekry het nie? Die loonrekening het die afgelope vyf jaar verdubbel en die staatskas kan dit nie volhou nie.

Dit is werkgewerspraatjies. Vanselfsprekend neem ons die stand van die ekonomie in aanmerking wanneer ons ons eise formuleer. Maar ons sal ons nie deur algemene opmerkings van die werkgewer laat beïnvloed nie.

Het julle ’n ooreenkoms onderteken om nie tydens die wêreldbekersokkertoernooi te staak nie?

Nee. Ons het nie so ’n bindende ooreenkoms nie.

Hoekom het die regering gesê julle het?

Wat gebeur het, is dat die departement van binnelandse sake die onderhandelaars in die formele bedingingsforum geïgnoreer het en een van hul werknemers, wat een van ons verteenwoordigers is, na ons mening geïntimideer het om so ’n ooreenkoms te onderteken.

Hoekom dink jy het dit gebeur?

As die VSA staak, sal dit ’n rampspoedige uitwerking hê. Ons verteenwoordig byvoorbeeld 80% van al die immigrasiebeamptes.

Ongeag watter invloed dit op die sokkerskouspel sou hê as julle staak?

Ons wil nie ’n staking hê nie. Ons het nie beplan dat die onderhandelinge juis in dié stadium sou versuur nie.

Maar gebruik julle die sokker om die regering af te dreig?

Nee. Ons wil nie staak nie en sal sover moontlik probeer om dit nie te doen nie, maar mens kan jou werknemers nie aan dubbele standaarde onderwerp net omdat dit die wêreldbekersokkertoernooi is nie.


$109 mjd


Die vlak waartoe die tekort op Amerika se lopende rekening in die eerste kwartaal van 2010 gestyg het. Dit is die hoogste in ’n jaar.


92%


Die winsdaling wat Telkom in die jaar tot 31 Maart getoon het.



HOE SÊ?


‘Ek het my eie persoonlikheid, my eie manier om dinge te doen. Dit is baie belangrik as leier om daarop te fokus om seker te maak jy kry die mense agter jou, dat jy duidelike leiding gee, nie net jou eie nie, maar ’n inklusiewe proses oor watter rigting ons gaan inslaan, en om dan seker te maak dat ons daar kom. Ons het nie ’n ander uitweg as om daar te kom nie.’ – BRIAN DAMES, Eskom se nuwe uitvoerende hoof.

‘Bedrywe van dié omvang moet dus die toon aangee in die dinamiese proses na sinvolle ekonomiese transformasie, wat op die oomblik tot uiting kom in die regering se beleid van breë SEB.’ – KGALEMA MOTLANTHE, adj.pres., wat die motor-, metaal- en ingenieursbedryf kritiseer oor ontoereikende transformasie.

‘Afganistan kan een van die wêreld se toonaangewende produsente van koper, goud, litium en ystererts word, en ek dink dit het die potensiaal om Afganistan te transformeer.’ – IAN HANNAM, van JP Morgan oor mynmaatskappye se belangstelling in Afganistan.

‘Dit behoort beleggers gerus te stel deur ongegronde agterdog uit die weg te ruim of deur die moontlike oorblywende probleme die hoof te bied.’ – JOSE MANUEL BARROSO, president van die Europese Kommissie, nadat leiers van die Europese Unie ingewillig het om bankstrestoetse openbaar te maak.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.04
-0.7%
Rand - Pound
23.98
-0.4%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.7%
Platinum
894.10
-0.3%
Palladium
996.00
-0.6%
Gold
2,194.02
-0.0%
Silver
24.42
-0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
67,905
+0.3%
All Share
74,106
+0.3%
Resource 10
56,200
+1.0%
Industrial 25
103,604
+0.3%
Financial 15
16,488
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders