Share

DIE finweek

VINGERS VERBRAND
BONGANI KHUMALO

In 2003 het die sakeman Bongani Khumalo R8 miljoen se aandele vir sy verwantskap in die SA onderneming by die internasionale reklameagentskap Grey Global Group Ing. ontvang. Sake het hul gewone gang gegaan, maar die meeste kommentators bevraagteken dit jare later steeds (hetsy moedswillig of paranoïes) as ’n elitistiese reëling dat ’n enkele swart persoon aandele op ’n skinkbord ontvang, met betaling en rente uitgestel.

Nou het ’n geskil ontstaan en het die saak in die hooggeregshof beland. Khumalo maak beswaar teen die agentskap se aansoek om sy aandele terug te kry; hy sê die maatskappy wil van hom ontslae raak noudat daar winsgewende transaksies met kliënte is. Grey Global Group het klaarblyklik nou eers besef hy het al sy bemagtigingseiers in een mandjie gesit, maar Khumalo meen die groep misken nou die beginsel van eenmaal bemagtig, altyd bemagtig.

Khumalo het blykbaar besluit hy kan ’n slag slaan en wou ’n opsie uitoefen om sy aandele te verkoop. In sy beswaar verswyg Khumalo die maatskappy se klaarblyklike motief om die aandele meer gelykwaardig onder swart rolspelers te versprei. Wie word nou eitlik bevoordeel?

AAN DIE BRAND
BRUCE WHITFIELD EN SIKONATHI MANTSHANTSHA

TWEE sterre van Finweek het uitgeblink op die onlangse Citadel Words on Money-toekenningsplegtigheid.

Bruce Whitfield was die wenner in die Best Feature-afdeling.

Sikonathi Mantshantsha was medewenner in die afdeling Analysis and Opinion, saam met Erika van der Merwe van Summit TV.

Onder die finaliste was:

Marc Hasenfuss en Bruce Whitfield vir Breaking News;

Shaun Harris vir Consumer Education;

Bruce Whitfield vir Analysis and Opinion;

Shaun Harris vir die Peregrine-toekenning vir Alternative Investment Reporting; en

Shaun Harris vir die Voorsitterstoekenning.

SKOOR
Dis mos nou tender vir moeilikheid

ak plek in die staat se verkrygingsproses kan wees – die feit dat amptenare nie volgens wet verplig word om kontrole-ondersoeke te doen na die finansies of agtergrond van ’n maatskappy aan wie hulle ’n tender toeken nie. En omdat die betrokke amptenare nie gepenaliseer word as dit later blyk dat die maatskappy wat die tender gewen het, nooit die kundigheid gehad het om die werk te doen nie, word nie eens ’n basiese ondersoek na ’n maatskappy se geskiedenis of finansies gedoen nie.

Hoewel Rob Davies, minister van handel en nywerheid, gewaarsku het dat die probleem oral in die staatsdiens voorkom en aandag moet kry, was die gebrek aan sulke kontrole-ondersoek die hoofrede hoekom die kantoor vir maatskappye en intellektuele eiendom (Cipro) en die departement van handel en nywerheid dit reggekry het om ’n kontrak ter waarde van R153 miljoen vir ’n nuwe IT-stelsel goed te keur wat na bewering op bedrieglike wyse aan Valor-IT toegeken is – ’n maatskappy wat toe nog net drie maande in bedryf was.

Renier du Toit, finansiële hoof van Cipro, het verduidelik hoekom Cipro geen agtergrondondersoek oor ValorIT gedoen het nie. Die maatskappy, het hy aan Skoor gesê, was op ’n lys van moontlike verskaffers wat die staat se vereniging vir inligtingstegnologie (Sita) aan Cipro gegee het. Het Sita enige kontroleondersoeke gedoen? Nee. 

Themba Godi, Skoor se voorsitter, het vir Tshediso Matona, direkteur-generaal van die departement van handel en nywerheid, gevra hoekom hy die tender goedgekeur het as die waarskuwingsliggies geflikker het, onder meer die feit dat die tenderbedrag R90 miljoen hoër as dié van ander maatskappye was.

“U ondersoek was nie deurtastend genoeg nie?” het Godi gevra.

Matona het geantwoord: “Ek gee dit toe.”

Davies het ook gesê: “Ek stel voor Skoor doen stelselmatig ondersoek na iets wat waarskynlik oral in die regering ’n sistemiese swak plek is.”

Die vraag is nou of Davies daarin gaan slaag om ValorIT se kontrak te kanselleer, die R56 miljoen terug te kry wat aan ValorIT uitbetaal is net tien dae nadat die tender toegeken is, en die geskorste bestuurshoofde van Cipro te laat vervolg

40%

Die persentasie van SA se padnetwerk waar instandhouding en vervanging ’n krisisvlak bereik het.

HOE SÊ?

“Manyi kies niks nie. My kop is groot genoeg vir albei hoede.” – Jimmy Manyi, direkteur-generaal van die departement van arbeid én president van die Black Management Forum, oor ’n keuse van die een pos bo die ander.

“Groei gaan na verwagting nog vinniger wees, terwyl die getal internasionale besoekers volgens projeksies gaan verdubbel tot 1,6 miljard in 2020. SA gaan nie ’n uitsondering op dié wêreldwye tendens van vinniger groei en ’n groeiende bydrae van toerisme tot nasionale ekonomieë en werkskepping wees nie.” –  Marthinus van Schalkwyk, minister van toerisme.

“Ons het allerlei uitdagings met ons semistaatsliggame ... ons sal probeer vasstel hoekom hulle onstabiel is.” – Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, in ’n aankondiging dat die land se intelligensieagentskappe ’n ondersoek beoog na onstabiliteit by staatsbeheerde ondernemings.

“Dis die eerste keer dat dié regering moeilike besluite oor besteding aankondig. Dit sal nie die laaste keer wees nie.” – George Osborne, Britse minister van finansies, by die aankondiging van bestedingsbesnoeiings van £6,2 miljard.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.14
+0.1%
Rand - Pound
23.86
-0.1%
Rand - Euro
20.42
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
941.10
-1.0%
Palladium
1,021.00
-0.8%
Gold
2,378.47
-0.0%
Silver
28.36
+0.5%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,110
-0.1%
All Share
73,132
-0.2%
Resource 10
63,113
-0.3%
Industrial 25
98,426
+0.0%
Financial 15
15,442
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders