VINGERS VERBRAND
JIMMY MANYI
“Demokrasie moet vir die Afrika-kultuur voorsiening maak, anders is dit nie demokrasie nie.” Daar was iets surrealisties aan dié onbesonne opmerking oor persvryheid deur Jimmy Manyi, direkteur-generaal van die departement van arbeid. Leef ons in ’n land waar swart korporatiewe grootkoppe hul geheime transaksies in versteekte plekke vier en vir wie demokrasie ’n uitsonderlike Afrikanisme beteken? Of is dit ’n land met brandarm mense vir wie persvryheid die reg verteenwoordig om die valsheid van die “nuwe” Afrika-kultuur aan die kaak te stel: luukse motors, rojale direkteurskappe, Gucci-sonbrille en bypassende snyerspakke, Toskaanse wonings in gholf- en buiteklublandgoedere en die ondersteuning van wit tegnokrate wat die kapitalisme se jongste superkultus aanhang?
Manyi se roekelose beroep om radikale grondhervorming en meer swart bestuurders in korporatiewe raadsale, en nou ook beperkings op die pers, vind dalk byval by party armes, maar die uitsprake het ook ’n sielkundige verstrykdatum: die inslag vervaag omdat dit reeds blyk dat dit niks meer is nie as ideologiese regverdiging onder die dekmantel van kultuur vir ’n begunstigingsekonomie waarbinne ’n swart elite floreer.
AAN DIE BRAND
LAUREN WINCHESTER
POLITIEK is nie ’n terrein wat adverteerders gewoonlik betree nie. Die besturende direkteur van die reklamemaatskappy Red Phone was egter bereid om haar op dié netelige terrein te waag deur onverskrokke advertensies te plaas waarin daar vir optrede teen die “Malema-dilemma” gevra word.
Lauren Winchester sê haar maatskappy se navorsing wys dat Suid-Afrikaners gatvol vir en depressief is oor die nasionale verleentheid wat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, geword het, veral wat betref die wyse waarop hy die beginsels vertrap wat in die Grondwet verskans is. Viva sakeleiers wat sterk standpunt inneem en kaalkop die waarheid vertel!
SARB se wysigingswetsontwerp
Voorloper tot na sionalisering?
Pravin Gordhan, minister van finansies, het dalk van een kopseer ontslae geraak met wetgewing om die invloed van die Reserwebank se private aandeelhouers te beperk, maar hy het moontlik in die proses ander probleme veroorsaak.
Die doel met die wysigingswetsontwerp op die SA Reserwebank is nie net om die aantal aandele te beperk wat die Reserwebank se private aandeelhouers kan besit nie, dit beteken ook die eerste groot herstrukturering van die direksie sedert die Reserwebank in 1921 gestig is.
Die wetsontwerp maak voorsiening vir die uitbreiding van die direksie van 14 na 15, asook vir die openbare benoeming van direkteure, waaronder twee met ’n agtergrond in mynbou en die arbeidsektor. Hulle vervang twee van vier wat handels- en finansiële ervaring het.
’n Paneel onder voorsitterskap van Gill Marcus, president van die Reserwebank, wat bestaan uit ’n afgetrede regter, iemand van Gordhan se keuse, asook drie lede wat deur die nasionale ekonomiese ontwikkeling- en arbeidsraad aangewys word, sal openbare benoemings keur.
Peter Attard Montalto, ’n ekonoom van Nomura International, sê in reaksie hierop in ’n nuusberig hoewel die herstrukturering aanvaarbaar is, kan probleme met toekomstige aanstellings ontstaan.
Hy waarsku dat ’n afsonderlike mandaat vir die direksie en vir die monetêrebeleidskomitee die risiko skep dat die Reserwebank die voorbeeld van Pole kan volg waar die direksie besluit het om, in weerwil van die aanbeveling van die monetêrebeleidskomitee, by die land se geldeenheid in te gryp.
Gordhan, wat meen die wetsontwerp sal pogings deur private aandeelhouers bekamp om die gesag van die Reserwebank te ondermyn, beklemtoon dat die algehele hersiening oor ses maande enige aspekte sal ondervang wat met die wetsontwerp oorgeslaan is.
Die spraaksaamste aandeelhouer, die Duitser Michael Duerr, wil die wetsontwerp in die hof teenstaan. Hy sê die Reserwebank diskrimineer teen buitelandse beleggers. Duerr beweer die wetsontwerp is strydig met ooreenkomste wat die SA regering met lande soos Duitsland aangegaan het.
Azar Jammine, ekonoom van Econometrix, stem nie saam met bespiegelings dat Gordhan se wetgewing ’n voorloper tot die nasionalisering van die sentrale bank is nie. Jammine sê dit is trouens presies die teenoorgestelde; die skuif behoort die Reserwebank se onafhanklikheid te verstewig.
“Hierdie siening is ’n storm in ’n glas water. Die wetsontwerp is saamgestel in reaksie op die hindernis wat private aandeelhouers veroorsaak. Dit kom daarop neer dat die regering sy verhouding met die Reserwebank formaliseer en dit duideliker stel,” sê Jammine. Private aandeelhouers van die Reserwebank het immers nog nooit seggenskap in beleid gehad nie en verloor dus niks deurdat hul invloed ingekort word nie.
R23mjd
’n Konserwatiewe raming van die bedrag wat nodig is om te keer dat die land se rioolsuiweringswerke in duie stort.
R457m
Die handelsoorskot wat SA in Maart behaal het vir handel met handelsvennote wat nie lid is van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie nie, teenoor ’n tekort van R5,7 miljard in Februarie.
HOE SÊ?
“Ons moet korrupsie tot elke prys aan die kaak stel sodat die geld wat vir die armstes van die armes bedoel is, nie gesteel word deur ‘tenderpreneurs’ en mense wat op staatskontrakte staatmaak nie.” – Lesiba Sheshoka, National Union of Mineworkers (NUM).
“Selfs al word die mees ekonomiese model toegepas, sal die syfer steeds gelyk wees aan R197 miljard – byna soveel soos SA se totale bydrae uit persoonlike inkomstebelasting.” – Nicola Theron, direkteur van Econex, ’n konsultasiemaatskappy vir ekonomiese navorsing. ’n Studie toon dat die regering se voorgenome nasionale skema vir gesondheidsorgversekering tot R216 miljard kan kos.
“Dit is vir ons iets alledaags om by lughawens oral ter wêreld te land, maar hierdie lughawe is nogal manjifiek.” – Les Wahl, die vlieënier wat Durban se Koning Shaka- Internasionale Lughawe ingewy het deur die SAL se A340-600 daar te land.
“Dit sal die grootste staking in die geskiedenis van die land wees.”– Chris de Vos, hoofsekretaris van die United Transport and Allied Trade Union (Utatu), oor die beplande staking oor loonverhogings wat die land se vervoerstelsel van 10 Mei tot stilstand kan bring.