Share

Die opmars

accreditation
Verbruikersinflasie het van 4,6% in Mei tot 5% in Junie gestyg. Voedsel was die hoofaandrywer. Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee het in ’n verklaring ná sy vergadering van 21 Junie gesê sy inflasievoorspelling toon sedert die vorige vergadering ’n effense agteruitgang op kort termyn.

Glad nie so soet nie Volgens die Food and Agricultural Organisation se voedselindeks het voedselpryse in Junie op ’n maandgrondslag wêreldwyd met 1% toegeneem. Daardeur het die dalende tendens oor drie maande tot ’n einde gekom. Die toename was hoofsaaklik te wyte aan suikerpryse, wat in dié maand opgeskiet het. Die indeks is steeds laer as sy algehele hoogtepunt wat in Februarie bereik is.

Kerninflasie neem toe Die kerninflasiekoers, waaraan Citigroup voorkeur gee, is baie laer as die wesensinflasiekoers van 5%, maar steeds 0,5 persentasiepunte hoër as sy sikliese laagtepunt. Kerninflasie sluit voedsel, petrol en elektrisiteit uit. Die toename het in Junie effens versnel namate 2010 se ongewoon lae prysstygings in talle sektore geleidelik uit die jaar-tot-jaar-vergelykings in die verbruikersprysindeks verdwyn het.

Petrol en kos die sondaars Petrolprysinflasie het in Junie tot meer as 21% op ’n jaargrondslag versnel. Die vervoerkomponent van die verbruikersprysindeks het egter minder toegeneem. Dit is afgedruk deur motors. In die voedselsektor was daar ook ’n klompie ongunstige basisfaktore wat tot die toename bygedra het, aangesien pryse in Junie 2010 met 0,4% op ’n jaargrondslag teruggesak het.

Aan die styg Die inflasiekoers het – soos verwag – in Junie 5% bereik ná ’n laagtepunt van 3,2% in September 2010. Die vernaamste bydraers was voedsel, huisvesting en nutsdienste, asook vervoerkategorieë. Saam maak hulle 3,6 persentasiepunte van die styging van 5% in Junie uit. Voedselprysinflasie het sy opwaartse neiging voortgesit en in Junie op 7,3% te staan gekom teenoor 6,3% in Mei.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.19
-0.1%
Rand - Pound
23.86
-0.1%
Rand - Euro
20.42
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
955.20
+0.5%
Palladium
1,030.50
+0.1%
Gold
2,389.57
+0.4%
Silver
28.47
+0.8%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,023
-0.3%
All Share
73,121
-0.2%
Resource 10
63,370
+0.1%
Industrial 25
98,079
-0.4%
Financial 15
15,428
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders