Share

Baanbreker

Die vooruitgang van die selfoon en sy superkragte waarmee hy ander toestelle oorbodig maak, het die spel vir verskaffers van GPS-toestelle verander. Groepe soos Garmin en TomTom word gedwing om ’n nis te vind tussen selfone met GPS-skyfies. Hulle het dit egter voorsien en is nou die beste verskaffers van navigasieprogrammatuur vir fone.

TomTom se iPhone-toepassing is dalk die gesofistikeerdste persoonlike navigasiestelsel beskikbaar. Dit bevat intydse verkeersinligting – waarvoor ’n bykomende intekentarief gehef word – wat jou om probleemgebiede lei. Dit skakel by die iPod-toepassing in die foon in sodat jy na musiek kan luister met die vermoë om snitte oor te slaan en te onderbreek sonder om tussen toepassings oor te skakel. Dit het selfs ’n oudioboekstelling wat die klank onderbreek wanneer die toestel sy aanwysings laat hoor, pleks van om dit bloot sagter te maak, soos wat hy met musiek doen.

Die programmatuur doen basies alles wat jy met ’n TomTom-GPS sou kon doen. Dit kan liggings berg, jou na kontakadresse in die foon se adresboek navigeer en maak en ontvang telefoonoproepe terwyl jy steeds visuele aanwysings kan volg na waarheen jy op pad is.

En dan is daar die werklik slim goed. TomTom het onlangs ’n eienskap bygevoeg wat dit moontlik maak om op die foto te druk van die plek waarheen jy wil gaan, en die program probeer dan raai waar dit is en hoe om jou soontoe te vat. ’n Tipe tegnologie genaamd IQ Routes hou die spoed van ander voertuie op jou roete dop en gee jou baie akkurate inligting oor jou aankomstyd. Jy kan ontmoetingstye in jou foon se dagboek by TomTom voeg en die program sal jou in kennis stel wanneer jy moet wegtrek om betyds daar te kom.

Daar is selfs ’n “ekoroete-opsie” vir bestuurders wat oor die omgewing besorg is – wat die omgewingsvriendelikste roete ten opsigte van brandstofverbruik en so meer bereken.

TomTom stuur gereeld bygewerkte kaartinligting vir sy programmatuur en jy kan kaartdata met ander deel. TomTom het ook ’n opsionele iPhone-houer wat ’n mens kan bestel om die foon in jou motor te sit en die GPS-sein te versterk.

Dis moeilik om jou ’n beter navigasie-opset voor te stel as een in jou foon wat al die kenmerke bied. Ek sou selfs sê dat TomTom vir iPhone die beste persoonlike navigasie-ervaring is wat ek al beleef het.

OORSIG

UITSPRAAK: Die beste navigasiestelsel in ’n foon wat ek al gesien het.

INGEWIKKELDHEID: So maklik om te gebruik soos ’n persoonlike navigasietoestel, indien nie makliker nie.

PRYS: R400

KYK OOK NA: NDrive

WAARDEAANSLAG: 10/10
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
18.99
+0.2%
Rand - Pound
23.76
+0.2%
Rand - Euro
20.38
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.7%
Platinum
924.80
-0.1%
Palladium
984.00
-0.7%
Gold
2,350.40
+0.8%
Silver
27.66
+0.8%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,048
+0.9%
All Share
74,973
+0.9%
Resource 10
62,935
+1.3%
Industrial 25
103,543
+1.0%
Financial 15
15,852
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders