Share

Vrae oor Afrox se toekomspad

accreditation
Die gasonderneming African Oxygen (Afrox) het klaarblyklik daarin geslaag om die skade aan die sentiment weens die verlies van die groot Evraz Highveld-kontrak te beperk. Die aandeelprys het op 2 100c gebly – wat nader aan die jaar-hoogtepunt van 2 340c in Augustus 2010 is as die laagtepunt van 1 724c in April 2010.

Die sterkte van Afrox se aandeelprys kan aan ’n omsigtigheidsaankondiging toegeskryf word wat op die onverwagte bedanking van Tjaart Kruger as uitvoerende hoof gevolg het. Dit het ’n nogal kwaai debat tot gevolg gehad oor of Linde, sy moedermaatskappy, dalk sy opsies met Afrox oorweeg het.

Sal Linde Afrox verkoop (kan Sasol ’n buiteperd-opsie wees?) of oorweeg hy dit om die onderneming uit te koop en te denoteer? Nog ’n idee wat die ronde doen, is dat Afrox sy vloeibare-petroleumgasonderneming kan verkoop – wat daartoe kan lei dat Linde Afrox verkoop of uitkoop.

Dis nie duidelik hoe entoesiasties Linde, wat Afrox se hoofaandeelhouer geword het nadat hy BOC ’n paar jaar gelede uitgekoop het, oor die SA onderneming is nie. Afrox het egter sterk kultusaanhang in plaaslike beleggingskringe. Trouens, ouer beleggers sal ongetwyfeld na Afrox se prestasiegeskiedenis as ’n betroubare langtermyn-winspresteerder verwys wat die aandeelprys ondersteun. Inderdaad, sommige markwaarnemers sou redeneer dat daar nie veel nywerheidsondernemings is wat Afrox sy standhoudende kontantvloei en dividende kan nadoen nie.

Maar daar word nou gefluister dat die verlies van die Highveld-kontrak – wat ’n afskrywing van meer as R150 miljoen in die tussentydse resultate tot einde Junie behels het – Afrox se reputasie as ’n betroubare presteerder skade kan berokken.

Dit lyk of sake by Highveld nogal lelik geraak het. Twee klante eis R400 miljoen weens verskaffingsontwrigting as gevolg van kragonderbrekings en die onklaarraking van toerusting.

Afrox het nie voorsiening vir dié eise gemaak nie aangesien die regsmening was dat dit beslis verdedig kan word.

Maar terwyl Afrox die Highveld-saak onderbeklemtoon, redeneer ander dat die feit dat hy nie die Highveld-kontrak kon hernieu nie (en Finweek verneem dat Air Liquide suksesvol getender het), die spel verander. Daar word gesê dat Afrox, wat geldelik veilig is, ’n veel minder indrukwekkende rolspeler in die gassektor kan word.

Afrox se skuld is van R941 miljoen tot R617 miljoen verminder en die skuldverhouding het van 21,5% tot 17,4% gedaal. Die handelsmarge is versterk (van 15% tot 16%), wat gesorg het dat die bedryfskontantvloei op R434 miljoen (gelykstaande met 126c per aandeel) steeds sterk was.

Maar daar is kommer oor die toekoms. Kan Afrox – sonder die Highveld-kontrak en met die vroeë beëindiging van die ArcelorMittal-ooreenkoms – ’n verdienste van 150c of meer per aandeel behaal ... ’n vlak wat ’n mate van fundamentele regverdiging vir die huidige aandeelprys sal bied?

Een markwaarnemer vergelyk Afrox se posisie met ’n Monopoly-spel. “Dis soos om die speler met baie kontant maar baie min eiendomme te wees. Jy kan waarskynlik ’n ruk lank om die bord beweeg, maar uiteindelik sal die spelers wat die waardevolle eiendomme het (die mededingende gasondernemings Air Liquide en Air Products), al jou geld vat.”

Hy voeg by: “Hoe die gasbedryf werk, is dat ’n maatskappy die strategiese verskaffingskemas moet kry en dan alles in ’n radius van 100 myl in sy kleure moet verf.”

Wat dit beteken, is dat Afrox die gevaar loop om uit ’n taamlik groot gebied gesluit te word met dié dat mededingers (lees Air Liquide en Air Products) inbreuk op sy ou speelgrond maak. In die lig hiervan sal sommige lesers dalk onthou dat Afrox die waardevolle platinumstreek ’n paar jaar gelede aan Air Products (wat Remgro as ’n ankeraandeelhouer het) afgestaan het.

Afrox sal die Highveld-slag waarskynlik oorleef, al help dit nie om voor te gee dat sy onmiddellike groei nie beperk sal wees nie en waarskynlik eerder uit interne doeltreffendheid as uit nuwe sake gepers sal word.

Groeigeleenthede op langer termyn sal dalk buite SA se grense gesoek moet word terwyl die wins in 2013 ook ’n hupstoot kan kry wanneer die nuwe Pretoriase lugskeidingseenheid in 2012 in bedryf gestel word.

Desondanks kan Finweek nie anders nie as om tot die gevolgtrekking te kom dat dit na ’n baie moeilike taak lyk om weer die verdienstevlak van 150c per aandeel te behaal. Hoe wens Afrox, wat blykbaar ’n gebrek aan groei-enjins het, waarskynlik nie dat hy nog Life Healthcare besit nie ...
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.20
-0.4%
Rand - Pound
23.89
-0.4%
Rand - Euro
20.51
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.49
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
917.10
-0.3%
Palladium
1,022.00
-0.4%
Gold
2,313.83
-0.4%
Silver
27.11
-0.7%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,470
+0.6%
All Share
74,430
+0.6%
Resource 10
59,504
-0.2%
Industrial 25
104,179
+1.3%
Financial 15
15,925
+0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders