“Omgee-mens” is nie ’n woord wat baie mense sou gebruik om Michael McMahon te beskryf nie. Dié hardekoejawel dien in die direksie van Impala Platinum en is nou voorsitter van Central Rand Gold (CRG).
Voordat ek daarvan beskuldig word dat ek onnodig hard is, moet ek lesers daaraan herinner dat dit die man is wat die verwydering van Fred Roux uit sy pos as voorsitter van Implats beskryf het as “ondersteunde selfmoord”.
Hoe ook al, in sy jongste oorsig as voorsitter van CRG, wys McMahon wel sy omgee-kant: “Ek is baie bewus van die pyn wat ons aandeelhouers deurmaak. Die maatskappy en sy amptenare moes ’n mate van kritiek verduur vir die gaping tussen historiese verwagtinge en prestasie.”
Dis lig gestel. CRG is een van die grootste fiasko’s wat nóg op die JSE genoteer is. Sy aandeelprys is nou 11c teenoor die meer as 2 000c in 2007 toe hy op sy algehele hoogtepunt was.
McMahon kan natuurlik bekostig om objektief, simpatiek en versoenend te wees in sy oorsig, want die katastrofe wat hom by CRG ontvou het, was grotendeels nie tydens sy waakbeurt nie. Die koppe van die betrokke bestuurshoofde het reeds gerol.
Soos hy sê, is die mense in die volgende poste in 2008-’09 vervang: die uitvoerende hoof, finansiële hoof, maatskappysekretaris, die hoofde van geologie en metallurgie en die hele senior mynbou- en mynbeplanningspan. Net die voorsitter het oorgebly; hy het gehou tot 14 April 2010, toe McMahon oorgeneem het. Destyds het hy verklaar dat hy vol vertroue is dat CRG die regte span aangestel het om te beweeg na die volskaalse ontginning van goud en ’n nis uit te kerf as ’n volhoubare produsent.
Ek het wel gesê die katastrofe was “grotendeels nie tydens sy waakbeurt nie”. In Maart het CRG sy ondergrondse bedrywighede gestaak hangende ’n herwaardering van sy posisie in die algemeen.
McMahon se jongste evaluering is baie versigtiger. Hy gee ’n omvattende uiteensetting van wat verkeerd geloop het en sê as die onsekerhede wat hy opgenoem het, opgelos is, sal die maatskappy sy vooruitsigte teen einde Oktober kan hersien.
Moenie asem ophou nie.