Share

Sportwinkel draf weer op die veld

Die verwagte terugkeer van Holdsport, ’n kleinhandelaar in sport-en-ontspanningsgoedere, na die JSE later vanjaar sal waarskynlik die beurs se spesialis-kleinhandelsektor interessanter maak. Hy was vroeër as Moresport genoteer.

Die laat 1990’s was vir hom ’n moeilike tydperk as ’n openbare maatskappy. In November 2000 het hy weer ’n private maatskappy geword. Hy keer in nóg ’n uiters mededingende tydperk in die kleinhandelmark na die beurs terug.

Holdsport se twee hoof-kleinhandelkettings is Sportsmans Warehouse, ’n netwerk van 33 sportwinkels, en Outdoor Warehouse, 18 winkels wat buitelug- en kampeertoerusting verkoop. Hy het ook ’n strategiese belang in First Ascent, ’n onafhanklik bestuurde onderneming wat klerasie aan die sportgoederebedryf verskaf. Die private-ekwiteitmaatskappy Ethos het hom in 2006 ná ’n onsuksesvolle aanbod deur die groothandelgroep Massmart vir R681 miljoen gekoop. Ethos besit 70% en die res behoort aan die bestuur.

Abdul Davids, navorsingshoof van Kagiso Asset Management, sê Moresport het te veel skuld gehad toe hy in 2000 gedenoteer het.

Kevin Hodgson, groep- uitvoerende hoof, sê die hoofrede vir die beplande notering is dat Ethos sy belegging wil verkoop, en die beste manier om dit te doen, is deur ’n notering. As ’n groep wat op ’n nismark fokus, het hy nie ’n aggressiewe plan om winkels oop te maak nie. Hodgson sê hy sal twee of drie winkels per jaar byvoeg.

Die JSE het nie veel spesialiskleinhandelaars nie. Holdsport ding in beperkte mate teen groepe soos Totalsports (wat deur The Foschini Group besit word) met sportklerasie mee, maar sy handelsware is hoofsaaklik sport- en buitelugtoerusting. Die kleinhandelontleder Chris Gilmour van Absa Investments sê Holdsport is vanweë sy fokus op ’n nismark waarskynlik ’n hoëmarge-onderneming. Hy sê daar is waarskynlik plek vir hom op die JSE. Hy is egter ’n bietjie oor die tydsberekening vir die notering besorg. Verbruikersbesteding is nie tans so sterk as wat dit behoort te wees nie, wat Holdsport negatief kan raak. Davids sê al het die groep ’n nis, verteenwoordig sy handelsware diskresionêre aankope.

Holdsport het ’n omset van sowat R1,1 miljard per jaar en sterk kontantvloei.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders